19/05/2025
It would have been my father’s birthday today - the first one without him (since his death in February).
I wrote this poem a few years ago. I find comfort in the fact that he heard me recite it.
I love you, Joseph Jerry Pedro. Happy birthday Daddy. And I always will.
(For my hero, my dad)
Daddy
Postmasburg se klonkie
Vroeg reeds oor grense
Soos die Emmanuel kind
Op soek na veilige hawe
Gedwonge, donker onbekende
Van Apartheid weg forseer
Om plek te maak vir wittes
Al swerwend soekend na beter
Bahnhof ontvang die baba kind
Swartkop van Willem en Sophie
Dromend oor ‘n blinker môre
Altyd reg vir sports, dié laaitie
Een hele dag as ambagsman
Nee wat Sophie, die sagte hande
Is seker om te skryf
Hy moet leiding gjee vir andere
Poskantoor se jonge teller
Later Pos se meestertjie
Sy storie vol van planne maak
Want wie nie werk’ie kannie eet’ie
Jonge Pop se tiener liefde
So kort op mekaar die eerste drie
Toe die versoenende verrassing
Van een vegtende suikerklontjie
Val was daar sommer baie van
Beter lewe vir sy kinders
Daarom nooit het hy gaan lê
Altyd beurend, opwaarts
Ridder van die grootpad
Vorentoe gedruk deur lewenswind
Dit moét net beter wees
Saam met die Emmanuel kind
Droom innie dannas
Geloof innie hart
Oop palm virrie vreem’ling
Familie aan die hand
Dissie mooie waardes
Nie net geleer van jou
Gebind om onse hart
Maar ook gesien in jou
Jou vegtersgees onverbiddelik
Jou vergifnis hart oneindig groot
Jou mosterdsaad geloof
Die is ons kompas virrie pad
Of ons dan grense oor
Of swarigheid moet face
Ons kyk na jou vir moed
As onsekere donkerte ons baklei
Dankie Gearbox
Dankie Pop se Liefie
WiIlem en Sophie se Jerry
Dankie Broertjie
Dankie Daddy.
DaddyPostmasburg se klonkieVroeg reeds oor grenseSoos die Emmanuel kindOp soek na veilige haweGedwonge, donker onbekendeVan Apartheid weg forseerOm plek te...