Maruné van Vreden

Maruné van Vreden Play therapist. Helping parents and children to address emotions, handling conflict and provide tools

Hierdie projek lê my na aan die hart.
24/07/2026

Hierdie projek lê my na aan die hart.

KWARTAAL 3?! Hoe het dit gebeur dat ons alreeds by kwartaal 3 is?Ons almal weet dat ’n vinnige en besige kwartaal voorlê...
20/07/2026

KWARTAAL 3?!

Hoe het dit gebeur dat ons alreeds by kwartaal 3 is?

Ons almal weet dat ’n vinnige en besige kwartaal voorlê — een vol nuwe uitdagings, emosies, roetines en aanpassings.

My raad? Hanteer dit soos die golwe van die see.

Jy weet daar kom heeltyd ’n golf, maar jy weet nie altyd hoe groot of rof die volgende een gaan wees nie.

Sommige golwe slaan jou asem weg.
Sommige laat jou vol sand.
Sommige neem jou rustig saam.
En ander is klein genoeg om met selfvertroue te oorwin.

Net soos volwassenes, ervaar kinders ook hulle eie “golwe”. Hulle mag soms oorweldig voel, sukkel om hulle emosies te verstaan of nie altyd weet hoe om te sê wat binne-in hulle aangaan nie.

Jy en jou gesin kan hierdie golwe hanteer.

Hou jou kind se hand styf vas. Luister. Wees geduldig. En wees hulle veilige hawe wanneer die wêreld rondom hulle soms ’n bietjie rof voel.

Een golf op ’n slag.

Maak dit jou missie om werklik daar te wees die week!!Soms is die belangrikste oomblikke die eenvoudigste – ’n geselsie,...
18/08/2025

Maak dit jou missie om werklik daar te wees die week!!

Soms is die belangrikste oomblikke die eenvoudigste – ’n geselsie, ’n glimlag, ’n speletjie.

As ouer bou jy jou kind se selfbeeld en emosionele veiligheid deur net teenwoordig te wees. Jy hoef nie groot dinge te doen nie – sit af jou foon, buig af na hulle vlak, en luister regtig.

Dis in hierdie klein oomblikke wat groot harte groei.

18/04/2025

Lydenstyd – ’n reis na hoop en heelmaking
Lydenstyd, wat uitloop op die hoogtepunt van Paasfees, is sekerlik die mees betekenisvolle tydperk in ons kerkkalender. Dit herinner ons opnuut aan Jesus – wat deur onmeetbare liefde en onverklaarbare genade gesterf én opgestaan het, sodat niks ons ooit weer van Hom kan skei nie.
Hy is gebreek, sodat ons heel kan wees. Sy seer het vir ons oorwinning gebring. In hierdie tyd word ons genooi om saam met Hom te stap deur Sy laaste dae op aarde – en om ook in ons eie lewens weer hoop, genesing en vrede te vind.
Ons almal dra letsels – fisies, emosioneel, geestelik. Maar Jesus verstaan dit ten volle. Die wonde in Sy hande, voete getuig van Sy liefde en gee betekenis aan ons eie pyn. Jou seer hoef nie die laaste sê te hê nie. In Christus kan selfs littekens simbole van hoop word.
Jesus het nie net liggaamlik gely nie – Hy het ook angs, hartseer en verlatenheid ervaar. Daarom kan Hy jou verstaan. Wanneer jy in stilte na Hom draai, is Hy daar. Hy troos, versterk en herinner jou: Jy is nie alleen nie.
Die kruis is die brug tussen God en mens – en dit bring vir jou vrede, aanvaarding en ware vervulling. Jy mag met vrymoedigheid na God toe kom, want deur Jesus is jy ten volle aanvaar en geliefd.
📖 Hierdie Lydenstyd en Paasfees wil ek jou herinner: Jesus se pad na die kruis is ook jou pad na heelmaking. Mag jy sy liefde opnuut beleef. Mag jy krag vind in Sy oorwinning – en vrede in die wete dat niks jou ooit weer van Hom kan skei nie.
🙏 Mag jou hart rus in hierdie waarheid.
– Ds. F.A. Grobler

Address

Bethal
Bethal
2310

Telephone

+27636347657

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Maruné van Vreden posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Maruné van Vreden:

Shortcuts

Share