PrideBio Wellness

PrideBio Wellness Natural focus support for demanding days. One powerful inhale delivers fast mental clarity - No caffeine, no crash

Awaken the Lion within

03/06/2026
03/06/2026

Help sommer ook vir die toeneus seisoen, maak sinusse lekker oop!

03/06/2026

Die grensverskuiwende musiek van Afrikaans se heel varsste alternatiewe kunstenaars weergalm reeds in motorhuise, en slaap- en studeerkamers oor die land heen, want Taalgenoot-Ruk en Rym 2026 se inskrywings is amptelik oop!

Sedert sy ontstaan in 2023 het Taalgenoot-Ruk en Rym ’n belangrike platform vir nuwe alternatiewe Afrikaanse stemme geword. Van rock en punk tot indie, kletsrym, metal, elektronies en alles tussenin gee dié kompetisie opkomende kunstenaars die geleentheid om hul musiek met ’n wyer gehoor te deel en die kans te staan om ’n verskeidenheid pryse, wat onder meer ateljeetyd insluit, te wen.

As ’n tuiste vir klankskeppende kunstenaars wat nie bang is om teen die hoofstroom te beweeg nie, is die kompetisie oop vir bands, sanger-liedjieskrywers, elektroniese kunstenaars, kletsrymers en enige musikant wat oorspronklike alternatiewe musiek met hoofsaaklik Afrikaanse lirieke maak. Daar is geen inskrywingsfooi nie – net die geleentheid om gehoor te word.

Ruk en Rym se twee semifinale rondes vind vanjaar weer plaas by die ikoniese alternatiewe musiekvenues Railways Café in Irene, Centurion en die Daisy Jones Bar net buite Stellenbosch, met die Groot Finaal wat as deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees ook by die Daisy Jones Bar aangebied word.

Die organiseerders van Ruk en Rym sê hulle is in hul skik met die groeiende gemeenskap wat rondom die kompetisie ontstaan het. Jaco van der Merwe, kreatiewe regisseur, sê dit skep ’n dinamiese ruimte waar nuwe kunstenaars mekaar ontmoet, saamwerk en die volgende hoofstuk van alternatiewe Afrikaanse musiek help skryf.

“Dit gaan so moeilik wees om te troef wat ons laasjaar en in vorige jare ervaar het. Ek is op soek na iets wat skop. Dis soos ’n 'rush', ’n nuwe ding wat ek nog nooit gehoor het nie, 'but it’s also awesome'. By elke jaar se Ruk en Rym sover het dít gebeur. Dit laat my voel of daar nog ’n kreatiewe lem is wat besig is in die wêreld. Mense is nog besig om vir hulleself te d**k en hul kreatiewe drome te volg,” sê Jaco.

“Alternatiewe kunstenaars moet inskryf vir Ruk en Rym, want dis die land se grootste platform waar ’n mens ontdek kan word, en dis ’n baie goeie geleentheid in terme van ander kunstenaars ontmoet en dat daar van jou kennis geneem word. Daar’s ’n baie goeie 'collaborative network' wat uit die projek groei.”

Vorige deelnemers en wenners het reeds hul stempel op verhoë, feeste en digitale platforms regoor die land afgedruk. Magé Troskie, wenner van Taalgenoot-Ruk en Rym 2025, sê die ervaring het nuwe deure oopgemaak en haar verder geïnspireer om haar eie unieke klank te ontwikkel.

“Dis nou amper ’n jaar later en die deure wat al oopgemaak het … dit sou seker met tyd gebeur het, maar ek d**k Ruk en Rym het my proses aangemoedig – my amper laat glo in my binnekuns. Ruk en Rym het my my binnekuns kom wys. Omdat ander mense in my geglo het, glo ek ook in myself. Daar’s warmte, jy voel jy’s op die regte plek,” vertel sy.

Die kompetisie se keurproses speel ’n groot rol in die ontdekking van nuwe talent. ’n Keurpaneel bestaande uit kunstenaars en kenners in die musiekbedryf en radiowese luister na elke inskrywing en ken ’n punt aan hulle toe volgens ’n vasgestelde raamwerk.

Ontmoet die Ruk en Rym 2026-keurpaneel:

Hunter Kennedy het meer as twee dekades gelede begin om Afrikaanse lirieke te skryf vir Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties. Hy weet steeds nie presies of hy ’n musikant wat skryf, of ’n skrywer wat musiek maak is nie. Hy is steeds besig om uit te vind wat hy eintlik wil sê, nou net met minder hare, meer opinies, en genoeg eksistensiële angs om in ’n keurpaneel te dien.

Wendy Verwey Bekker is ’n uitvoerende beampte in die musiekbedryf met 18 jaar se ondervinding. Wendy het tot hoof van bemarking by Universal Music South Africa gevorder voordat sy innovasie oor Afrika se musiek-, tegnologie- en feeslandskap gedryf het, insluitend by Oppikoppi. Sy fokus nou op die groei van onafhanklike kunstenaars en die uitbreiding van markte wêreldwyd deur middel van kunstenaar-eerste-strategieë en digitale innovasie.

Jerome Rex is ’n veelsydige kletsrymer, seremoniemeester, sanger en liefhebber van alles Afrikaans en alternatief. Hy is ’n skepper met ’n magdom koppeltekens in sy posbeskrywing.

Jaco van der Merwe maak al 27 jaar lank oorspronklike alternatiewe musiek – 14 van daardie jare was saam met Bittereinder. Sy musiekpad het begin met 'battle of the bands' in die laat-90’s, en as kreatiewe regisseur van Taalgenoot-Ruk en Rym vind hy diep werksbevrediging in die ontdekking van nuwe alternatiewe kunstenaars, en ook in die gemeenskap wat rondom die projek vorm.

Lundi Khoisan het 17 jaar se ervaring in radio, is ’n TV-aanbieder op kykNET se Fiësta, programbestuurder by VOW 88.1 (Voice of Wits), seremoniemeester, stemkunstenaar, SAMA-beoordelaar en dien as mentor by Radio 101.

Die lewendige semifinale en finale optredes word deur ’n paneel beoordelaars geëvalueer. Hierdie beoordelaars bestaan uit gevestigde kunstenaars en bedryfskenners wat self diep spore in die Suid-Afrikaanse alternatiewe musiekbedryf getrap het. Vanjaar se lewendige vertonings word beoordeel deur Sossi, Paul Riekert, Jaco van der Merwe en ’n nuwe toevoeging tot die beoordelaarspaneel, die voorbok van die Ruk en Rym-wengroep in 2024, Janke Mostert.

Die assistentregisseur van Taalgenoot-Ruk en Rym, Angie Gallagher, moedig Afrikaanse alternatiewe kunstenaars aan om in te skryf, al het hulle dit ook al in die verlede gedoen.

“Die kompetisie is elke jaar anders en die inskrywings altyd verrassend op die lekkerste manier. Al het jy voorheen ingeskryf of deurgedring na die semifinale rondes, selfs vorige wenners mag weer inskryf – mits jy ons darem weer kom verras. Ons kan nie wag om te hoor wat deelnemers vanjaar opdis nie.”

Inskrywings vir Taalgenoot-Ruk en Rym 2026 is reeds oop en sluit stiptelik om middernag op 31 Julie 2026.

Die verhoog en duisende pare ore wag. Skryf in by www.rukenrym.co.za en volg Ruk en Rym op Facebook, Instagram en TikTok om op die hoogte van nuus oor die kompetisie te bly.

02/06/2026

🔥 Lion's Breath Cardio Session 🔥

The journey to a stronger, leaner version of yourself starts with a single step—and then another, and another.

Today's session: 🏃 Treadmill 🦁 Lion's Breath 🏔 StairMaster 💪 No shortcuts

Consistency beats motivation every time.

Keep showing up, keep pushing forward, and the results will follow.

Who else got their cardio done today?

02/06/2026

The difference between wishing and achieving is what happens when nobody is watching.

Lion's Breath is magic. It's consistency. It's showing up when you're tired. It's choosing progress over excuses.

Treadmill ✔️ StairMaster ✔️ Results loading... 🔥

Ready to earn your transformation?

GymMotivation StairMasterChallenge TreadmillRun HealthyLifestyle FitnessSouthAfrica

Alle eer en glorie aan God ons Hemelse Vader
29/05/2026

Alle eer en glorie aan God ons Hemelse Vader

Die 45-jarige Tanya Massyn is 'n kranige drawwer en toe hardloop 'n idee met haar weg: Ontwikkel 'n produk wat jou fisieke uithouvermoë en geestelike helderheid verbeter.

Maar dis nie al waarvoor dit gebruik word nie.

Al gehoor van die "midday slump" en "brain fog"?

Pridebio Wellness het die antwoord en sy naam is Lion's Breath.

Dit is ’n draagbare aromaterapie-inhaleerder met 'n unieke mengsel van 12 suiwer essensiële olies. Die produk is ontwerp om natuurlike fokus en geestelike helderheid te ondersteun wanneer jy dit die nodigste het – of jy nou werk, bestuur, studeer, oefen of lang ure moet konsentreer. Dit is veral ideaal vir die winter!

Die verskillende olies in die mengsel is gekies vir hulle bekende aromatiese eienskappe wat kan help om die sintuie te verfris, die lugweë oop en vars te laat voel, en ’n gevoel van energie, fokus en geestelike uithouvermoë te bevorder.

Lion’s Breath bevat geen kafeïen of stimulante nie, is sakgrootte vir maklike gebruik, en bied ’n natuurlike manier om jou dag met helderheid en selfvertroue aan te pak.

Dit vat net een asemteug vir meer fokus, meer helderheid en meer beheer.

Om die leeu in jou wakker te maak, kontak Pridebio by 083 381 6091 of [email protected].

Address

Bloemfontein

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when PrideBio Wellness posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share