Dr Elri du Preez

Dr Elri du Preez 🫶🏼Dokter-
Vrou-en-Mamma 🫶🏼 Passievol vir Mediese Sorg 🫶🏼 Hier vir my gemeenskap 🫶🏼 Afrikaans 🫶🏼 Plaaskind 🫶🏼

Meet Dr. Elri du Preez,

Dr. Elri is a dynamic and compassionate medical professional, loving wife and devoted mother of twin toddler boys. Hailing from an Afrikaans background and growing up a farm girl at heart, Dr. Elri promises to seamlessly integrate into the Brits and greater surrounding community. Beyond the confines of her practice, Dr. Elri is a true adventurer - whether she enjoys the th

rill of ski boating, embracing the tranquility of a jog or exploring new destinations through travel, she finds joy in life's varied experiences. Join Dr. Elri at her cutting-edge practice for patient centred, holistic and empathetic care.

🚨🩺 K E N N I S G E W I N G 🩺🚨Kinkhoes is in die dorp – wat moet jy weet?Ons het tans, eintlik al die hele winter, bevest...
29/08/2026

🚨🩺 K E N N I S G E W I N G 🩺🚨

Kinkhoes is in die dorp – wat moet jy weet?

Ons het tans, eintlik al die hele winter, bevestigde gevalle van kinkhoes (Bordetella pertussis) plaaslik. Kinkhoes is nie ’n nuwe siekte nie en kom steeds in Suid-Afrika voor. Ons sien egter tans ’n toename in gevalle… en ‘n toename in pasiënte van alle ouderdomme wat ‘n hardnekkige hoes as hoofklag het.

Geen rede vir paniek nie – maar dit is goed om te weet waarna om op te let, veral as daar ’n jong baba in die huis is 👶

🔵Wat is kinkhoes?

Kinkhoes is ’n baie aansteeklike bakteriële lugweginfeksie. Die bakterie heg aan die selle wat ons lugweë uitvoer en produseer toksiene wat inflammasie veroorsaak en die klein haartjies (cilia) beskadig wat normaalweg help om slym en kieme uit die lugweë te verwyder.

Die gevolg is geïrriteerde lugweë en die kenmerkende, aanhoudende hoesbuie. Die lugweë neem ook tyd om te herstel – daarom kan die hoes nog lank aanhou nadat die aanvanklike infeksie reeds verby is.

🔵Hoe begin dit?

Ná blootstelling neem dit gewoonlik ongeveer 7–10 dae voordat simptome begin, maar dit kan tot ongeveer 3 weke neem.

Aanvanklik lyk dit dikwels net soos ’n gewone verkoue:

* loopneus en nies
* ligte of geen koors
* ’n ligte hoes

Ná ’n week of twee kan die hoes al hoe erger word en in intense hoesbuie voorkom. Iemand kan ná ’n hoesbui braak of na asem snak. Die bekende “kink” of “whoop” kan voorkom, maar is beslis nie altyd teenwoordig nie.

By volwassenes en ingeënte kinders kan die prentjie baie minder tipies wees – soms is dit bloot ’n hardnekkige hoes wat nie wil weggaan nie.

🔵Kinkhoes vs griep vs RSV – kortliks

Kinkhoes: ’n bakterie. Gewoonlik min of geen koors, met ’n hoes wat progressief erger word, in aanvalle voorkom en vir weke kan aanhou. Braking ná ’n hoesbui is nogal kenmerkend.

Griep (influenza): ’n virus. Begin dikwels skielik met koors, kouekoors, hoofpyn, lyfseer, erge moegheid en hoes. Jy voel gewoonlik sommer behoorlik siek.

RSV: ’n virus. Begin dikwels soos ’n verkoue. By jong babas kan dit na die onderste lugweë versprei en bronchiolitis veroorsaak, met vinnige of moeilike asemhaling en soms ’n fluitende bors.

Daar is baie oorvleueling, veral vroeg in die siekte, en ons kan hulle nie altyd op simptome alleen van mekaar onderskei nie.

🔵Maar hoekom maak ons so ’n groot ding van kinkhoes?

Vir die meeste ouer kinders en volwassenes is kinkhoes hoofsaaklik ’n baie onaangename en uitgerekte siekte.

Die groot bekommernis is egter nie altyd die persoon wat voor ons sit en hoes nie – dit is aan wie hulle dit volgende kan oordra.👶👵👴

Kinkhoes is baie aansteeklik, en iemand kan dit reeds versprei wanneer dit nog net soos ’n gewone verkoue lyk. ’n Ouer, broer, suster of ander volwassene met relatief ligte simptome kan dit dus onwetend aan ’n klein baba oordra.

Jong babas – veral onder 6 maande en dié wat nog nie hul eerste inentingsreeks voltooi het nie – het die grootste risiko vir ernstige siekte. Onthou, eerste ent gebeur eers op 6 weke.❌

En kinkhoes gaan by hulle oor veel meer as net ’n erge hoes. Komplikasies kan insluit:

* apnee – kort periodes waarin die baba ophou asemhaal 💨
* suurstoftekort en blou verkleuring
* longontsteking
* swak voeding, braking en dehidrasie
* gewigsverlies
* hospitalisasie en soms intensiewe sorg
* stuipe (seizures) in ernstige gevalle
* en, hoewel gelukkig baie minder algemeen, breinskade of sterfte

Die herhaaldelike, geweldige hoes self kan by ouer kinders en volwassenes ook komplikasies veroorsaak, soos floute, gebarste klein bloedvaatjies in die oë, neusbloeding, ribpyn of selfs ’n ribfraktuur. Urinêre inkontinensie tydens hoesbuie kan ook by volwassenes voorkom. 😷💧

Dit is dus nie dat elke persoon met kinkhoes ernstig siek gaan word nie… Ons maak ’n groot ding daarvan omdat ’n relatief ligte infeksie in een persoon ’n baie ernstige infeksie in ’n jong baba of iemand met longsiektes kan word.

🔵Hoe lyk kinkhoes by ’n klein baba?

Interessant genoeg het ’n jong baba soms glad nie die klassieke hoes of “kink” nie.

Hulle kan eerder:

* swak drink
* buitengewoon moeg of pap wees
* sukkel om asem te haal
* blou om die mond verkleur
* of kort periodes ophou asemhaal

Hierdie simptome moet dringend medies beoordeel word.

🔵Wanneer kry kinders in Suid-Afrika die kinkhoes-entstof?

Pertussis-inenting begin reeds vroeg in babatyd.

In die Suid-Afrikaanse immunisasieprogram word pertussis-bevattende entstof gegee op:

💉6 weke → 10 weke → 14 weke → 18 maande → 6 jaar → 12 jaar.

Die vroeë dosisse word as deel van ’n kombinasie-entstof gegee wat ook teen ander ernstige kindersiektes beskerm.

Dit is belangrik om die boosters op 6jr, 12jr, tydens swangerskap ook te onthou, omdat beskerming teen kinkhoes met verloop van tyd afneem.

🔵Kan jy kinkhoes kry as jy ingeënt is?

Ja.✅

Die entstof bied nie 100% beskerming teen infeksie nie en immuniteit neem met verloop van tyd af. ’n Ingeënte persoon kan dus steeds kinkhoes kry en dit selfs oordra. Dit is ook hoekom dit siklusse van eenjaar in elke 4-5jare voorkom.

Inenting verminder egter jou kans om dit te kry en, baie belangrik, help beskerm teen ernstige siekte en komplikasies.

Ons sluit kinkhoes dus nie bloot uit omdat iemand se inentings op datum is nie.

🔵En tydens swangerskap?

Pertussis-inenting tydens elke swangerskap is een van die belangrikste maniere waarop ons ’n pasgebore baba kan beskerm. Dit gebeur gewoonlik hier rondom 28-38weke swanger.

In Suid-Afrika word Tdap tydens swangerskap aanbeveel, met die laat tweede/vroeë derde trimester as belangrike tydperk vir goeie teenliggaamoordrag na die baba.

Die ma maak teenliggaampies wat deur die plasenta na haar baba beweeg. Die baba word dus met ’n mate van beskerming gebore vir daardie kwesbare eerste maande voordat sy/haar eie inentings voldoende beskerming opgebou het.

🔵’n Bietjie geskiedenis

Kinkhoes is al eeue lank met ons. Die bakterie is in 1906 deur Jules Bordet en Octave Gengou geïsoleer – vandaar die naam Bordetella.

Voor roetine-inenting was kinkhoes een van die belangrike oorsake van ernstige siekte en sterftes onder jong kinders. Inenting het die hoeveelheid ernstige siekte dramaties verminder.

Maar kinkhoes is nie uitgeroei nie. Die bakterie sirkuleer steeds, beskerming neem met verloop van tyd af en periodieke toenames in gevalle kom steeds voor – selfs in goed-ingeënte bevolkings.

🔵Wat as ek kontak met iemand met kinkhoes gehad het?

Simptome kan eers dae tot weke ná blootstelling ontwikkel.

Sekere noue kontakte kan voorkomende antibiotika benodig – veral wanneer daar ’n jong baba, swanger vrou of ander persoon met ’n hoë risiko vir komplikasies betrokke is. Bespreek dit met jou dokter.

As jy of jou kind ’n toenemende, vreemde of aanhoudende hoes ontwikkel, veral ná bekende kontak met kinkhoes, laat weet jou dokter.

En as jy vermoed dit kan kinkhoes wees, bel asseblief die praktyk voordat julle inkom. Só kan ons die nodige voorsorg tref en voorkom dat ’n moontlike geval saam met ons klein babatjies in die wagkamer sit.

🩺

Kortliks: kinkhoes is nie ’n nuwe siekte of rede vir paniek nie. Ons sien dit wel tans plaaslik, so wees bewus van die simptome, maak seker inentings en boosters is op datum en wees veral versigtig rondom jong babas.

Ons probeer nie paniek skep oor ’n hoes nie; ons probeer keer dat daardie hoes by die verkeerde klein mensie uitkom. 🤍

Groete en guns,

Dr Elri
012 408 0711
072 712 7008




🚨 Disclaimer

The information provided in this post is for general informational purposes only and should not replace consultation with your healthcare provider.

Hierdie een lê baie na aan my hart. 🤍Ons is ongelooflik opgewonde om My Maat Pieter, deel van die Help my verstaan-reeks...
26/08/2026

Hierdie een lê baie na aan my hart. 🤍

Ons is ongelooflik opgewonde om My Maat Pieter, deel van die Help my verstaan-reeks, met julle te deel — ’n boekie wat ek saam met my skoonsussie, Carien, en my sussie, Elanie, geskryf het.

En Pieter is nie sommer net ’n karakter in ’n storie nie. 🌱

Pieter is my broer en skoonsussie se seuntjie. Pieter het outisme. En hierdie is ’n klein stukkie van sý wêreld.

Die boekie is veral geskryf vir laat-kleuterskool- en grondslagfase-maatjies, ouers en juffrouens, met die doel om kinders op ’n eenvoudige, mooi manier meer van outisme en neurodiversiteit te leer.🫶🏼

Daar is eenvoudig nie genoeg skole en plekke spesifiek vir neurodiverse kinders nie. En omdat die outismespektrum só wyd is, is daar baie kinders met outisme wat saam met ons kinders in hoofstroomskole en -klasse is.

My Maat Pieter vertel in storievorm van Pieter se eie unieke gewoontes, voorkeure en uitdagings. Dit is SY storie — want geen twee kinders met outisme is dieselfde nie — maar deur sy storie skyn ons ook ’n lig op van die meer algemene kenmerke van outisme.

🐳Miskien help dit ’n maatjie om te verstaan hoekom ’n ander kind soms anders reageer.

🐳Miskien help dit ’n juffrou om iets raak te sien.

🐳Miskien help dit ’n ouer op pad na ’n diagnose.

Of …miskien leer dit ons kinders bloot dat die wêreld vol mense is wat anders d**k, anders voel en anders ervaar — en dat daar plek vir elkeen van hulle behoort te wees. 🌈

Ek wil ook graag duidelik sê: hierdie boekie is nie vir finansiële gewin geskryf nie. Ek ontvang geen vergoeding of “kickback” uit die verkope daarvan nie. Die doel was van die begin af eenvoudig: bewusmaking, begrip en ’n meer inklusiewe wêreld.

So as jy kan, ondersteun asseblief My Maat Pieter. Koop een vir jou huis, jou kind se kleuterskool, grondslagfase-klas of laerskoolbiblioteek. 📚

Want - dalk help een klein storie om één maatjie met outisme ’n bietjie beter verstaan en aanvaar te laat voel.🌈

En dalk is dit hoe ons, een maatjie op ’n slag, ’n sagter en meer inklusiewe wêreld bou. 🤍

My Maat Pieter – Help my verstaan.🫶🏼

🦴 ORTOPEDIESE CHIRURG NOU IN BRITS!Het jy die eerste spreekdag gemis? Geen probleem! Dr. Raoul Erasmus, ortopediese chir...
18/08/2026

🦴 ORTOPEDIESE CHIRURG NOU IN BRITS!

Het jy die eerste spreekdag gemis? Geen probleem! Dr. Raoul Erasmus, ortopediese chirurg, besoek ons weer op 11 September vir ’n Brits-spreekdag.

💰 Konsultasiefooi: R1000
Kontank of kaart welkom.
Mediese fondse kan die konsultasie terug eis, onderhewig aan jou fonds se voordele.

📞 Besprekings: 012 881 6304
📱 WhatsApp: 072 279 4132

Maak jou afspraak en moenie hierdie geleentheid misloop nie!

WILGERS ORTOPEDIESE CHIRURG NOU IN BRITS! 🦴Dr. Raoul Erasmus besoek ons praktyk op *14 Augustus* vir sy Brits-spreekdag ...
11/08/2026

WILGERS ORTOPEDIESE CHIRURG NOU IN BRITS! 🦴

Dr. Raoul Erasmus besoek ons praktyk op *14 Augustus* vir sy Brits-spreekdag en is beskikbaar vir pasiënte.
_
’n Afspraak is maklik:
Maak ’n afspraak by Dr. Erasmus se praktyk deur 012 881 6304 te skakel of 072 279 4132 te WhatsApp vir sy Brits-spreekdag.

Enjoy Women's day!
09/08/2026

Enjoy Women's day!

22/07/2026

Vivienne Anderson offers a variety of treatments tailored to your beauty and skincare needs.

✨ Skincare ✨ Waxing ✨ Eyelashes & Eyebrows ✨ Nails & Pedicures ✨ Laser Treatments

Experience professional care in a calm and welcoming environment.

Met ’n nóg voller hart is ek weer terug by die werk en gereed om my pasiënte te sien.Baie dankie vir elke boodskap, gelu...
16/07/2026

Met ’n nóg voller hart is ek weer terug by die werk en gereed om my pasiënte te sien.

Baie dankie vir elke boodskap, gelukwensing, gebed en seënwensing gedurende die afgelope paar weke. Julle omgee het vir ons baie beteken.

Hierdie tyd het ons ook weer laat besef hoe besonder ons pasiënte is. Julle ondersteuning, geduld en opregte belangstelling in ons gesin het ons diep geraak. Dit is ’n voorreg om mense te mag bedien wat ons nie net in die spreekkamer vertrou nie, maar ons ook deur die verskillende seisoene van die lewe ondersteun.

Ons dogtertjie, Rize, doen baie goed. Sy groei mooi, is sag, lief en soet, en vul elke dag ons huis met nog meer vreugde. Sy is waarlik die kersie op die koek vir ons gesin.

Vir eers sal ek nog beperkte spreekure hê terwyl ons as gesin ons nuwe ritme vind, maar ek sien daarna uit om weer vir julle daar te wees.

Dankie dat julle deel is van ons verhaal.

Groete
Dr Elri du Preez

❓Hoe maak hulle die griepinenting elke jaar? Een van die interessantste gesprekke wat ek elke winter met pasiënte het, b...
09/07/2026

❓Hoe maak hulle die griepinenting elke jaar?

Een van die interessantste gesprekke wat ek elke winter met pasiënte het, begin gewoonlik so:

“Dok, hoe weet hulle watter griep hierdie jaar gaan kom? Dis mos raaiskote…?”

En die antwoord is eintlik nogal ongelooflik.

🌍 Regoor die wêreld is daar duisende laboratoriums wat heeldag monsters van mense met griep toets.

Hierdie laboratoriums rapporteer aan die World Health Organization, wat letterlik die beweging van griepvirusse oor die wêreld monitor…Want griep is nie ’n stilstaande teiken nie.

🦠 Influenza verander voortdurend.

Klein genetiese veranderinge gebeur elke jaar, wat beteken dat die virus van verlede jaar nie noodwendig presies dieselfde lyk as die virus van hierdie jaar nie.

So hoe maak hulle die entstof?

Maande voordat ons winter begin, vergader internasionale wetenskaplikes.

Hulle bestudeer:

✓ Watter stamme tans wêreldwyd sirkuleer
✓ Watter stamme die meeste mense siek maak
✓ Watter stamme vinnig versprei
✓ Watter stamme waarskynlik die volgende seisoen gaan domineer

Dan kies hulle die virusstamme wat waarskynlik die grootste probleem gaan wees.

Daardie stamme word gebruik om die jaar se griepinenting te vervaardig.

Dit is amper soos om vir ’n eksamen te leer voordat die vraestel geskryf word.

Het jy geweet?

Die griepinenting bevat nie die hele “lewende griepvirus” wat in jou liggaam kan vermeerder nie.

Jou immuunstelsel word bloot gewys:

👀 “Kyk mooi na hierdie vreemdeling, hy kan skade maak.”

Wanneer die regte virus maande later opdaag, herken jou liggaam hom baie vinniger.

Dis hoekom ingeënte mense steeds soms griep kan kry…
…maar dikwels minder ernstig siek word.

Basically - dis soos om iemand se gesig op FBI’s most wanted te sien. Dis nie te sê hy gaan nie in jou huis in breek nie - maar as hy probeer, sal jy hom herken en vinniger die polisie of sektorgroep betrek.

“Maar ek het die inspuiting gekry en toe nog steeds griep gekry!”

Ja, dit gebeur soms…

En daar is drie groot redes:

1️⃣ Jy was reeds besmet voordat die entstof begin werk het.

2️⃣ Die virus het gedurende die seisoen verder verander.

3️⃣ Jy het eintlik ’n ander virus gehad (RSV, adenovirus, rhinovirus ens.) wat baie soos griep gevoel het.

Dit beteken nie die entstof het nie gewerk nie.

Dit beteken net die werklike wêreld is ingewikkelder as wat ons soms d**k.

D**k so daaraan…

Die griepinenting is nie ’n magiese kragveld nie.

Dit is meer soos:

🚗 ’n veiligheidsgordel.

Niemand trek ’n veiligheidsgordel aan omdat hulle beplan om in ’n ongeluk te wees nie.

Jy dra dit omdat jy weet dit kan die verskil maak wanneer dinge verkeerd loop.

En dit is presies waarvoor die griepinenting ontwerp is:

Nie noodwendig om elke infeksie te voorkom nie.

Maar om jou liggaam beter voorbereid te maak wanneer die geveg begin.

🦠💉

Want die beste soldate is nie noodwendig die sterkstes nie…

Hulle is die wat vooraf geweet het wat kom.



🚨 Disclaimer

The information provided in this post is for general informational purposes only and should not replace consultation with your healthcare provider.

Het jy geweet?Mense met Influenza A kan die virus reeds versprei ’n dag voordat hulle simptome ontwikkel.Met ander woord...
02/07/2026

Het jy geweet?

Mense met Influenza A kan die virus reeds versprei ’n dag voordat hulle simptome ontwikkel.

Met ander woorde:

Die virus is dikwels reeds in die huis voordat iemand besef hulle is siek.

…Dis hoekom dit soms voel asof die hele gesin binne 48 uur platgeslaan word.

Nog iets wat mense gereeld vra…

“Werk die griepinenting dan eintlik?”

Ja. 100 keer - Ja!
.Maar miskien nie op die manier wat baie mense d**k nie.

Die doel van die griepinenting is nie om ’n onsigbare muur rondom jou te bou nie.

Die doel is om jou immuunstelsel vooraf te leer hoe die vyand lyk. Soos as Rassie die All Blacks se games bestudeer? So iets.

Wanneer die regte virus opdaag, reageer jou liggaam vinniger en meer effektief.

Dit beteken dikwels:

✅ Minder ernstige siekte
✅ Minder komplikasies
✅ Minder longontsteking
✅ Minder hospitalisasies

Veral by jong kinders, swanger vroue, ouer persone en mense met chroniese siektes.

💪🏼Die belangrikste boodskap

Ons spandeer baie tyd aan vitamiene, aanvullings en “immuunboosters”.

Maar die grootste verskilmakers bly verbasend eenvoudig:

😴 Slaap
💧 Hidrasie
🥗 Gesonde voeding
🏃 Beweging
🧼 Goeie higiëne
💉 Enting waar toepaslik - griep, RSV, pneumovac, prevenar.

Jou immuunstelsel word nie gebou wanneer jy siek word nie…Dit word elke dag gebou lank voordat die virus opdaag.

🦠 En hierdie winter toets Influenza A daardie voorbereiding behoorlik⚠️

Groete en guns,

— Dr Elri du Preez



🚨 Disclaimer

The information provided in this post is for general informational purposes only and should not replace consultation with your healthcare provider.

🦠 Influenza A in die huis – wat nou?Een van die vrae wat ek die meeste hierdie week kry, is:“My kind toets positief vir ...
25/06/2026

🦠 Influenza A in die huis – wat nou?

Een van die vrae wat ek die meeste hierdie week kry, is:

“My kind toets positief vir Influenza A. Wat kan ons nou doen om te keer dat die hele huis dit kry?”

Die eerlike antwoord?

Teen die tyd dat die eerste persoon simptome kry, is die res van die huis gewoonlik reeds blootgestel. 🥴

Maar blootstelling beteken nie noodwendig infeksie nie.

En infeksie beteken nie noodwendig ernstige siekte nie.

Dit bring ons terug na iets waaroor ons in die vorige plasing gepraat het:

👉 Die immuunstelsel maak saak.



Wat help regtig?

😴 Slaap

As ek net een ding kon kies wat die grootste verskil maak, sou dit slaap wees.

Kinders wat moeg is, volwassenes wat uitgebrand is en ouers wat op 4–5 uur slaap oorleef, se immuunstelsels funksioneer eenvoudig nie optimaal nie.

Hierdie week is nie die week vir laat aande nie.

💧 Drink genoeg vloeistof

Dehidrasie laat jou liggaam reeds op die agtervoet begin.

Hou waterbottels vol en maak seker kinders drink gereeld.

🧼 Basiese higiëne werk steeds

Ons hou daarvan om ingewikkelde oplossings te soek, maar:

✓ Hande was
✓ Nie koppies deel nie
✓ Nie aan gesigte vat nie
✓ Deurhandvatsels en selfone afvee

bly van die mees effektiewe maniere om verspreiding te beperk.

Eet reg.
Immuniseer jaarliks.

🚨 Disclaimer

The information provided in this post is for general informational purposes only and should not replace consultation with your healthcare provider.

Address

8 Exner Street
Brits
0250

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 08:00 - 13:00

Telephone

+27124080711

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dr Elri du Preez posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Dr Elri du Preez:

Shortcuts

Share