VENTURE BUTIK

VENTURE BUTIK Butik Hiking tours and Day hikes: https://canva.link/kokvkbzb5e8okru

25/07/2026

Deel 3

Deel 2
25/07/2026

Deel 2

⛰️ Kyk, hierdie stappers het hul omtrént VERKYK aan ál die mooi om ons vanoggend! Met relatief min moeite bevind mens jo...
25/07/2026

⛰️ Kyk, hierdie stappers het hul omtrént VERKYK aan ál die mooi om ons vanoggend! Met relatief min moeite bevind mens jou skielik in n ander wêreld - iewers, bó alles, tussen al hierdie berge!

🌄 Ons wou ons VERSLUK aan al die vars lug - nie n wolkie in sig nie en die sonnetjie het behoorlik sy monopolie oor berg en dal laat heers!

🚶🏻🚶🏻‍♀️🚶🏼‍♀️🎒🥾 leder en elk was aangenaam VERRAS om die geweldige toeloop op hierdie roete tegemoet te kom vanoggend! Mense met dieselfde belangstellings; oud of jonk, nuut of ervare, sterkes, ratses en vinniges - mense van híérdie "tribe" praat maar net dieselfde taal, verstaan jy? 😁🤌🏻

🙏🏻 Ek glo hierdie oggendstappie op na Tierkop het weer alle VERWAGTINGE oortref en wat n groot voorreg bly dit nie vir my nie?

😘👌🏻 En hier is ons elkeen daagliks nét op die regte plek om mekaar se lewens te VERRYK! Ons harte is vol! ♥️

Dankie vir jul pragtige foto bydraes!

SEE YOU SOON 🥰👋🏻

HEROES OF THE DAY!:-
Sean
Aaron
Maritza
Magdel
Maria
Chantal
Quinn
Mariàn

n Duisend-en-tien foto's volg van n oggend tien-uit-tien!Groot avontuur, pragtige roete, opwindende geselskap, sopnat ge...
24/07/2026

n Duisend-en-tien foto's volg van n oggend tien-uit-tien!

Groot avontuur, pragtige roete, opwindende geselskap, sopnat geroei en heerlik geëet!

Dankie vir elkeen se samesyn - en ongelooflike foto bydraes!

Sien jou binnekort weer, lekker rus!
🥰😅😘

Dit was n aangename oggend bo-oor, langs, agter en binne-in die pragtige Sedgefield Village! 👣Die opdraende Cloud 9 oor ...
21/07/2026

Dit was n aangename oggend bo-oor, langs, agter en binne-in die pragtige Sedgefield Village! 👣

Die opdraende Cloud 9 oor skrik nie een van hierdie stappers af nie en ons het hopelik daai fiksheid nóg so entjie daarmee ge"boost"! 📈

Die uitsig is pragtig van daar bo af en nie een het besluit vir die kortpad met n "paraglider" daar af nie! 🪂

Die mosaïekwerke en rye verfklippies is n móét om te sien en die drinkgoed daarna het elkeen wél verdien!

Dankie vir die lekker samesyn en die pragtige foto's!

(Sien jul D.V. eers weer oor twee weke!)

Soetwees 😂😅👋🏻

🏔️ SUMMITING SLEEPING BEAUTY WEEKEND 🏔️Ready to conquer one of the Langeberg's most iconic peaks?Join us from 31 July – ...
18/07/2026

🏔️ SUMMITING SLEEPING BEAUTY WEEKEND 🏔️

Ready to conquer one of the Langeberg's most iconic peaks?

Join us from 31 July – 2 August 2026 for an unforgettable mountain adventure in the Riversdale area as we take on the legendary Sleeping Beauty Peak via the historic Old Toll House on Garcia Pass.

✨ What awaits:
🥾 Guided summit hike
📏 14 km ⛰️ ±950 m elevation gain ⏱️ 6–7 hours on trail
🏡 2 nights catered accommodation at Oakdale Cottages
🚐 Common transport included
🍝 Lasagne evening
🔥 Braai evening
🤸 Stretch & recovery session
🌄 Incredible mountain views and great company
💰 R1850 per person sharing

Whether you're chasing summits, seeking adventure, or simply wanting to spend a weekend surrounded by nature and like-minded people, this experience is for you.

⚠️ Limited spaces available.
📞 Book now: 063 697 7726



HikingSouthAfrica WesternCapeHiking MountainAdventure TrailLife AdventureAwaits GetOutside ExploreMore WeekendAdventure HikingCommunity

n Geseënde oggend in die woud met die tien van ons,met al die mooigeid omringen ons gesels dat dit gonsDie fungi is volo...
17/07/2026

n Geseënde oggend in die woud met die tien van ons,
met al die mooigeid omring
en ons gesels dat dit gons

Die fungi is volop,
die woud is mooi;
Blomspesies, varkore
en voëlgesangkore

Nostalgiese bouvalle word janrap se huis
kooigoed en vuurhert; dit ruik pure stroois

Verfrissende watervalroete
met sy oeroue mos -
Die mistigheid, geselskap, die bome, die bos!

Vir oulaas nog n draai by die Leliedam -
in middel Winter se koue en klam
n Sprokiesagtige storie wat afspeel in die natuur
en ons los voetspore met herinneringe aan n woudlekker avontuur

🌳🌲🌳🌲🌳🌲

Dankie aan elkeen wat vanoggend kom saamstap het! Dit was bitter mooi en super lekker!

Dankie vir mooiste fotos!

Groete van huis tot huis!
🥰👋🏻

14/07/2026

Deel 10

14/07/2026

Deel 9

Address

Garden Route
Garden Route

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VENTURE BUTIK posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share