17/09/2026
Mens kan net vir só lank sê: “Ek is okay.”
Partykeer dra ons dinge vir jare sonder om regtig daaroor te praat. Iemand het jou seergemaak. Iets het gebeur wat jy nog nie verwerk het nie. Of dalk kan jy nie eens mooi verduidelik hoekom jy nie meer soos jouself voel nie.
Jy hoef nie alles alleen te probeer uitsorteer nie.
By Fijnbos Ministries kan jy in ’n veilige, vertroulike ruimte kom sit en praat. Geen voorgee nie. Geen oordeel nie. Net ’n plek waar ons saam kan begin kyk na dit wat seermaak en dit ook na God toe kan bring.
Ons bied sessies persoonlik in Hartenbos en aanlyn aan.
As jy voel dit is dalk tyd om met iemand te praat, stuur vir ons ’n WhatsApp. Jy hoef nie ’n lang boodskap te tik of te weet presies wat om te sê nie. “Ek wil graag ’n sessie bespreek” is genoeg.
Bespreek ’n sessie →