Amare Wellness Counselling

Call Contact the practice

Amare Wellness Counselling At Amare Wellness Counselling, we provide compassionate and professional support to individuals, couples, children, and teens.

With a foundation in Christian values we empowers each person to overcome challenges

Het jy al ooit 'n legkaart gebou? Maar nie net 'n klein legkaart nie. 'n Groot een van 2000+ stukke?Nou as jy al so groo...
04/07/2026

Het jy al ooit 'n legkaart gebou? Maar nie net 'n klein legkaart nie. 'n Groot een van 2000+ stukke?

Nou as jy al so groot een gebou het sal jy ook weet dis 'n proses. Dit gebeur nie binne 'n paar uur nie. En mens moet nogal geduld he om dit klaar te maak.
En mens moet die stukkie hier pas en daar pas totdat dit reg pas. Soms hou mens 'n stukkie in jou hand en dit pas, vir nou, nerns nie.

Die lewe is ook soos 'n legkaart. Maar God hou al die stukkies in Sy hand vas. God sien reeds die hele prentjie en weet waar elke stukkie in pas. In ons natuurlike mens wees wil ons die stukkie forseer om te pas! Maar nie God nie. Hy is geduldig en forseer niks!

Ons moet net meer op Hom vertrou om die legkaart te voltooi! Want Hy weet alles.

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy voorneme geroep is."
— Romeine 8:28

Shalom
Nicolene

Vir die in Pretoria omgewing. Kom kuier gerus saam 4 Julie 2026 🩷
24/06/2026

Vir die in Pretoria omgewing. Kom kuier gerus saam 4 Julie 2026 🩷

My seun en sy hokkie span het Dinsdag teen sy coach en dié se span gespeel. Lekker afsluit gereel vir die einde van die ...
19/06/2026

My seun en sy hokkie span het Dinsdag teen sy coach en dié se span gespeel. Lekker afsluit gereel vir die einde van die seisoen.

16/17 jariges vs Masters om die prentjie mooi te skets. Geen ref. Ons het vreeslik lekker gelag. Die ouer mans het darm so bietjie terug gehou om die jonger outjies kans te gee.
Op 'n stadium het 1 van die Master spelers begin ref.

So gee hy vir die jonger outjies 'n hoekie. Niemand weet eintlik hoekom. Die outjies mis. En hy gee weer 'n hoekie. Jaag sommer 1 vd Master uit die goal box. Gee nóg 'n hoekie en die outjies mis weer. Hy blaas sommer nóg 1! Die 'ref' wys vir die outjies waar die goal box is. Almal lag en grap lekker saam.

Maar soos ek dit sit en kyk, begin ek dink aan hoe baie keer God ons dieselfde kans gee.

Hoe dikwels mis ons die goal deur verkeerde keuses, sonde, vrees of bloot omdat ons nie raaksien wat voor ons is nie?

En tog gee God nie sommer op met ons nie.

Hy nooi ons weer!
Hy wys weer die pad.
Hy gee weer die geleentheid.

Nie omdat ons dit verdien nie, maar omdat Hy genadig is.

Die vraag is nie of God nog 'n kans gee nie.
Die vraag is: Sal ons die volgende geleentheid aangryp?

Klaagliedere 3: 22-23
Die Here hou nooit op om vir ons te gee nie. Hy bly getrou. Sy liefde het ons gespaat. Hy het gekeer dat ons heeltemal uit gewis is. Mens kan altyd op die Here vertou. Elke oggend is U maar weer daar. (DB)

Shalom 🪻
Nicolene

🩵 Junie is Mans Geestesgesondheid-maand 🩵As ma van 'n 17-jarige seun leer ek elke dag vir hom dat dit reg is om emosies ...
08/06/2026

🩵 Junie is Mans Geestesgesondheid-maand 🩵

As ma van 'n 17-jarige seun leer ek elke dag vir hom dat dit reg is om emosies te hê. Dat hartseer, teleurstelling, vrees en onsekerheid nie tekens van swakheid is nie.

In ons huis mag ons emosies wys.

Ek wens meer mans het grootgeword met dieselfde boodskap.

Baie mans dra swaar laste stilweg. Van kleins af word hulle dikwels geleer om sterk te wees, nie te huil nie, en hul probleme self op te los. Daarom vind baie dit moeilik om uit te reik wanneer hulle emosioneel oorlaai, angstig, uitgebrand of moedeloos voel.

Jy mag eerlik genoeg wees om te sê:
"Ek sukkel."
"Ek het hulp nodig."
"Ek hoef nie alleen hierdeur te gaan nie."

Hierdie Mans Geestesgesondheid-maand wil ek elke man herinner:

Jy hoef nie alles alleen te dra nie.
Jy hoef nie altyd die sterkste een in die kamer te wees nie.
En jy hoef nie stil te bly wanneer jy swaarkry nie.

📖 Galasiërs 6:2
"Dra mekaar se laste en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus."

God het ons nie geskep om alleen deur die lewe te gaan nie. Hy gee vir ons mense om langs ons te stap wanneer die pad swaar raak.

Dis glad nie swak om hulp te vra nie!

Kontak vandag nog

Nicolene Nel
0723776147



In Numeri 13 word daar 12 stamme uit gestuur om na die beloofte land  te gaan en te kyk hoe dit daar lyk.   Hulle kom te...
19/05/2026

In Numeri 13 word daar 12 stamme uit gestuur om na die beloofte land te gaan en te kyk hoe dit daar lyk. Hulle kom terug met baie vrugte en sê dat dit is inderdaad die land van melk en heuning! En dat alles goed lyk daar. Maar dan kom die belangrike gedeelte en dit is iets wat ons vandag ook nog doen.

Hulle sê vir Moses dat al die mense wat hulle gesien het enorm is. En dan sê … “Ons lyk soos sprinkane voor hulle”

In die NIV staan daar “We seemed like grasshoppers in our own eyes”

Hoe baie keer doen ons dit nie in die lewe nie? Ons kyk na ons situasie en sien onsself as nie waardig genoeg nie. Nie geliefd genoeg nie. Nie goed genoeg nie.

Jy sien, dit is wat die vyand doen vandag. Satan kom en hou ons gevange in ons eie gedagtes met wat ook al jy in die gesig staar.

In Genesis 3 na Adam en Eva van die boom geëet het, het God in die tuin in gekom. En hulle het weg gekruip. Hulle het vir God gesê hulle is kaal en wil nie uit kom nie. En God vra vir hulle …

“Wie het dit vir jou gesê?”

Vandag vra God dalk vir jou dieselfde vraag.

Wie het vir jou gesê jy is nie goed genoeg nie?

Wie het vir jou gesê jy lyk soos ‘n sprinkaan?

Watter stem glo jy vandag?
Wat is die leuen wat jy vandag oor jouself wil terug gee vir God?

God noem jou nie ‘n sprinkaan nie. Hy noem jou Sy kind (Johannes 1:12)

Shalom
Nicolene

Baie belangrik om te onthou
11/05/2026

Baie belangrik om te onthou

The sibling who says “our childhood was fine” may be telling the truth. They had a different one.

Birth order changes the family you grow up in. Your role in it changes it further. The parent at 24 is a different parent than the parent at 34. A sibling who arrived after the financial pressure eased, after the marriage stabilized, or after the oldest child absorbed the hardest years, was inside a structurally different environment. The child who became the rescuer and the child who became invisible were living different childhoods inside the same house.

Your non-conscious mind built its patterns from your specific position, at your developmental stage, in your particular relational dynamic with the people in that house. That data is yours. The record it built is real.

✍️ If you want to start working through this: write down one memory from your childhood that you’ve minimized because someone else didn’t experience it the same way. Write only what it felt like to be you, in that position, in that moment. Bringing that memory into conscious awareness is the first step toward changing the pattern it built.

Your experience holds, regardless of what anyone else carries from the same walls. 🫂

Send this to the person who’s been made to feel like they invented how hard it was. ❤️‍🩹

Jy is soveel meer 🪻Moet dit nie vergeet nie
07/04/2026

Jy is soveel meer 🪻
Moet dit nie vergeet nie

Somewhere along the way, most of us learned to measure ourselves by how others treated us. If they were dismissive, we assumed something was wrong with us. If they were cold, we figured we must have deserved it.

Your non-conscious mind absorbed that equation early. And it still runs it.
Here's what the research shows: how someone treats you is the output of their own accumulated patterns. Their history, their wounds, their unprocessed experiences. Their non-conscious mind in motion.

When someone's behavior toward you is cold or unkind, that's information about what's running in them. A pattern their mind built long before you entered the picture.
You were never the variable being measured.

Forward this to the friend who's been reading too much into how someone's been treating them lately. ❤️‍🩹

Address

Pretoria
0181

Telephone

+27723776147

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Amare Wellness Counselling posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Amare Wellness Counselling:

Shortcuts

Share