Vriende van Joey Steenkamp

Vriende van Joey Steenkamp Het gedink dis 'n goeie idee om vir my ma 'n FanPage te maak. Heelwat mense baie lief vir haar. Dink aan haar elke dag. Welcome to share your memories!

This is for the small community of fans that know and love Joey Steenkamp. "Mevrou Dominee" van Port Elizabeth, Jansenville, Humansdorp, Ceres en Herbertdale - en nou weer terug in Ceres Tuiste se Versorgingsoord. (Acc opened 10/09/10)

Most of my mom's friends are NOT in Face Book, but we can also keep them informed. The page is not so much intended to seek solutions or offer medical advice, but

to encourage and support her in simple ways. My mom was diagnosed with the incurable Vascular Dementia/Alzheimers two years after my dad passed on (early 2007). It has been a tough few years.

15/01/2024

Nog 'n jaar het aangebreek. Nog 'n Kersfees sonder julle. Nog 'n kans om die lewe elke dag te waardeer. "Gebruik jou kanse".

Julle vriende sluit een vir een aan by julle. Pa seker in die Hemelkoor en Ma seker by die Voete van Jesus, of saam met die kindertjies.

Eendag sien ons mekaar almal weer. Maar ons onthou al die mooi tye saam. Liefde.

Gelukkige Verjaarsdag Moeks. Mis julle elke dag,Onthou die foto soos gister :-) En weet presies waar dit geneem is hier ...
22/02/2021

Gelukkige Verjaarsdag Moeks.
Mis julle elke dag,

Onthou die foto soos gister :-) En weet presies waar dit geneem is hier by die see se swembadjie. -d

Kyk vandag terug en vind hierdie stukkie wat ek lank terug geskryf het in 2011 in in die sonnige Kaap... Ek mis hulle al...
10/06/2019

Kyk vandag terug en vind hierdie stukkie wat ek lank terug geskryf het in 2011 in in die sonnige Kaap... Ek mis hulle albei elke dag...

SATURDAY, JULY 9, 2011
AS WOORDE GOUD WORD...

Ek skryf nie baie in Afrikaans nie, maar hierdie een kan maar net in die taal gedoen word.

Een van die verpleegsters by die versorgingsoord vir my ma het nou net gebel en die foon vir my ma vasgehou (sy kan dit nie meer self hanteer nie). Dit was 'n moeilike dag vol trane vandag.

En haar woorde word soos goud wat ek opvang soos kosbare vloeistof om te bewaar in my hart. Ek skryf dit kripties neer soos sy praat, want ek moet dit berg vir later, wanneer sy stil word. My ma se woorde word daagliks minder. Sy verloor pragtige Afrikaanse woordeskat en eie uitdrukkings soos 'n waterval wat oor 'n afgrond stort en wegsyfer in die sandbanke.

Maar vandag het sy met my gepraat en ek met haar - oor die son wat skyn in die Kaap en oor kinders aanneem ("jy moet een maar 'aanbied'", stem sy saam). En ek herhinder haar ek sal gou weer kom kuier, en sy is helder om te bevestig "ons sal mekaar weer weer..." (sien) - die laaste woord bly weg, en ek voltooi die sin in my hart. Ons praat oor almal wat sy ken (of geken het) en diep in my hart weet ek eintlik hierdie woorde en name is ook besig is om te verdwyn saam met my eie. Maar ek vertel haar almal is gelukkig en noem haar suster, haar seun en skoondogter - en haar huishulp (en beste vriendin vir baie jare). Sy noem dat Nellie vandag daar was, en ek wonder of dit so is. Sal tog bel en uitvind. Volgende keer ander name, ander mense wat haar woorde soos goud vashou soos ek.

Ek vra haar of almal "happy" is daar, en of hulle mooi kyk na haar (met innige dankbaarheid vir die verpleegster wat die moeite gedoen het om te bel). "Is almal happy?" giggel sy skielik, bly 'n oomblik stil en voeg dan 'n liefdevolle goue frase by net vir my, "aaag, my kind!"... Sy onthou my :)

Moeks, ons sal mekaar "weer weer" ...

Foto: 'n Sonsondergang net die julle twee in die Wildtuin 2018

Address

Tergniet

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vriende van Joey Steenkamp posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Vriende van Joey Steenkamp:

Shortcuts

Share