04/11/2026
Elke Aldila Trommelkie is so kosbaar en spesiaal. Elke diamant maak planne om ‘n Aldila produk te koop. Party moet werklik begroot… hier afknyp en daar sny om hulle welstand te verbeter en gesond te word. Elke trommel is uniek, kom uit die hart en vertel vir my diep stories van elke diamant se pad wat gestap word. Ek, die bevoorregde een om te mag inkyk in hulle hartkamer.
Die trommelkie kompetisie gaan nie oor spog nie, dit gaan oor hoop en om te kan sê… ek stap die pad na genesing en ek word elke dag gesonder en ander kan ook.
Hier is nog ‘n waardevolle trommelkie en storie van hoop🙏🏻
My trommelkie. Heel eenvoudig.... maar soveel diepte lê in elke botteltjie. Remnants van soveel trauma wat ek net nie kon afskud nie, wat bly vasklou het om my gevange te hou.
Ek sal n opstel kan skryf vir elke botteltjie wat my gehelp het.
Maar my top kanidate is.
1. Grace & allow het my kind se dood help deurwerk.
2. Know & rejoice het my childhood trauma help release
3. En my equalise.... ou my ultimate fav, hier so saam saam deur menopause!!!!