Wolmaransstad Tehuis vir Bejaardes

Wolmaransstad Tehuis vir Bejaardes Akkommodasie vir bejaardes wat nie onafhanklik in die gemeenskap kan woon nie.

Vandag se Vrolike Halfuurtjie was propvol pret, lag en lekker uitdagings! πŸŽ‰Ons inwoners moes behoorlik fokus terwyl hull...
28/07/2026

Vandag se Vrolike Halfuurtjie was propvol pret, lag en lekker uitdagings! πŸŽ‰

Ons inwoners moes behoorlik fokus terwyl hulle aan die verskillende speletjies deelgeneem het. Dit was wonderlik om die entoesiasme, konsentrasie en vreugde op elkeen se gesigte te sien.

'n Groot dankie aan Chantelle en Tannie Linda vir al die oulike idees, kreatiwiteit en moeite waarmee julle hierdie spesiale oggend moontlik gemaak het. Julle maak elke Vrolike Halfuurtjie 'n besonderse belewenis vir ons inwoners. πŸ’™

Oom Piet se handgemaakte juweelkussie 🀩
22/07/2026

Oom Piet se handgemaakte juweelkussie 🀩

🧁 KOLWYNTJIE VERSIERING 🧁Baie dankie aan Wolmaransstad NG Vrouediens vir die heerlike bederf en kosbare samesyn saam met...
22/07/2026

🧁 KOLWYNTJIE VERSIERING 🧁

Baie dankie aan Wolmaransstad NG Vrouediens vir die heerlike bederf en kosbare samesyn saam met ons inwoners.

Die kolwyntjie-versiering was besonders spesiaal en het vir baie lag, kreatiwiteit en mooi herinneringe gesorg. Julle liefde, omgee en bereidwilligheid om tyd saam met ons inwoners deur te bring, word opreg waardeer.

Baie dankie dat julle hierdie dag so besonders gemaak het. πŸ’™

'n Spesiale gelukwensing aan al die wenners! Ons hoop julle geniet julle pryse.
29/06/2026

'n Spesiale gelukwensing aan al die wenners! Ons hoop julle geniet julle pryse.

Baie dankie! ❀️Ons harte loop oor van dankbaarheid. Wolmaransstad Tehuis se Duiweveiling was 'n groot sukses, en dit sou...
27/06/2026

Baie dankie! ❀️

Ons harte loop oor van dankbaarheid. Wolmaransstad Tehuis se Duiweveiling was 'n groot sukses, en dit sou nie moontlik gewees het sonder elke persoon wat betrokke was nie.

'n Opregte dankie aan al ons borge, donateurs, kopers, gaste en vrywilligers vir julle ruim ondersteuning en bydraes.

'n Spesiale woord van dank aan die Duiweklub, wat hierdie fondsinsameling jaar na jaar vir die Tehuis moontlik maak. Julle toewyding en ondersteuning beteken ongelooflik baie vir ons.

Baie dankie ook aan die Wolmaransstad Gholfklub vir julle gasvryheid en die beskikbaarstelling van die venue.

Aan elkeen wat op enige manier gehelp, ondersteun of bygedra het – baie, baie dankie. Julle het gehelp om 'n besondere aand en 'n suksesvolle fondsinsameling moontlik te maak.

Wolmaransstad Tehuis waardeer elkeen se ondersteuning opreg. Saam maak ons 'n verskil! πŸ’™

As jy nog nie jou plek bespreek het vir Wolmaransstad Tehuis se Duiweveiling nie, is daar nog tyd! Moenie die geleenthei...
24/06/2026

As jy nog nie jou plek bespreek het vir Wolmaransstad Tehuis se Duiweveiling nie, is daar nog tyd! Moenie die geleentheid mis om fantastiese pryse te wen.

24/06/2026

πŸŽ‰ Vet pret by Wolmaransstad Tehuis! πŸŽ‰

Van jonk tot oud – ons inwoners en personeel het behoorlik die litte losgemaak en elke oomblik geniet! πŸ˜„πŸ’ƒπŸ•Ί Die gelag, musiek en saamkuier het gesorg vir 'n dag vol vreugde.

'n Groot dankie aan Lucille van AVBOB vir haar ondersteuning en bydrae tot hierdie besondere geleentheid.

En 'n spesiale woord van waardering aan ons talentvolle kunstenaar, Ruan Tennant, wat die dag vir ons inwoners onvergeetlik gemaak het. Hulle het dit verskriklik baie geniet! ❀️

Vandag se Vrolike Halfuurtjie was gevul met lag, speel en heerlike kuier! πŸ’œDaar is min dinge so kosbaar soos die klank v...
23/06/2026

Vandag se Vrolike Halfuurtjie was gevul met lag, speel en heerlike kuier! πŸ’œ

Daar is min dinge so kosbaar soos die klank van opregte lag en die vreugde om saam tyd deur te bring. Ons inwoners het die speletjies geniet, lekker saamgesels en elke oomblik ten volle benut.

By Wolmaransstad Tehuis vir Bejaardes glo ons dat klein oomblikke van pret en samesyn 'n groot verskil maak. ❀️ Dankie Chantall

Gelukkige Vadersdag! πŸ’™Vandag vier ons al die pa's, oupas en vaderfigure wat met liefde, wysheid en omgee 'n verskil in a...
21/06/2026

Gelukkige Vadersdag! πŸ’™

Vandag vier ons al die pa's, oupas en vaderfigure wat met liefde, wysheid en omgee 'n verskil in ander se lewens maak.

'n Opregte dankie aan elkeen wat gehelp het om hierdie dag besonders vir ons inwoners te maak. πŸ’™

Baie dankie aan die Vrouediens vir die heerlike bederfπŸ’•
18/06/2026

Baie dankie aan die Vrouediens vir die heerlike bederfπŸ’•

Address

Kokstraat 58
Wolmaransstad

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Wolmaransstad Tehuis vir Bejaardes posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Wolmaransstad Tehuis vir Bejaardes:

Shortcuts

Share