Net vir Pret -Aftercare and youth centre

Net vir Pret  -Aftercare and youth centre Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Net vir Pret -Aftercare and youth centre, 8 Renonkel Avenue, Barrydale.

Working with children, youth and adults from underprivileged communities in the Overberg region (Barrydale & Swellendam), creating opportunities for growth, learning, and hope.

Neem Kennis!!Ons nooi alle vroue en jeug (diegene wat nie skool gaan nie) uit om aan te sluit by ons Naaldwerk program. ...
29/07/2026

Neem Kennis!!

Ons nooi alle vroue en jeug (diegene wat nie skool gaan nie) uit om aan te sluit by ons Naaldwerk program.

Indien jy belangstel, kom maak 'n drai by Net Vir Pret en gesels met Clarisa, Nataniel of Sudonia.

Jy kan ons epos ook by [email protected]

Kom bou aan jou toekoms.

Sluitingsdatum: 07 Augustus 2026 om 12:00

NB!!!
27/07/2026

NB!!!

Wat 'n ongelooflike week vol lag, leer en kreatiwiteit! Vandag het die kinders hul verbeelding laat lewe kry deur pragti...
10/07/2026

Wat 'n ongelooflike week vol lag, leer en kreatiwiteit! Vandag het die kinders hul verbeelding laat lewe kry deur pragtige see diere puppets van herwinde karton te maak. Elke puppet was uniek en met liefde, spanwerk en baie opgewondenheid geskep.

Dit was nie net 'n kunsaktiwiteit nie – die kinders het geleer dat iets eenvoudigs in iets besonders verander kan word. Die glimlagte op hul gesigte was die mooiste beloning.

Baie dankie aan almal wat hierdie week moontlik gemaak het. Ons vertrek met harte vol dankbaarheid, kosbare herinneringe en die wete dat ons 'n verskil gemaak het.

AkkerboomπŸ™

2de week van vakansieHierdie week was ons bevoorreg om ons vakansieprogram op Akkerboom Plaas aan te bied. ❀️ Wat 'n won...
09/07/2026

2de week van vakansie

Hierdie week was ons bevoorreg om ons vakansieprogram op Akkerboom Plaas aan te bied. ❀️ Wat 'n wonderlike week vol lag, leer, speletjies en kosbare herinneringe saam met die kinders.

Môre is ons laaste dag, en ons sien uit daarna om die week op 'n spesiale manier af te sluit. Baie dankie aan elkeen wat deel was van hierdie ongelooflike week. Julle het dit onvergeetlik gemaak! 🌿✨

Ons trotse Rieldansers het die eer gehad om die Reach for the Stars 2026-kompetisie feestelik te open!Met hul energie, p...
03/07/2026

Ons trotse Rieldansers het die eer gehad om die Reach for the Stars 2026-kompetisie feestelik te open!

Met hul energie, passie en trots het hulle die verhoog behoorlik laat lewe kry en die gehoor beΓ―ndruk. Baie dankie aan elke rieldanser vir julle harde werk en uitstekende verteenwoordiging.

Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat Reagan Oncke deelgeneem het aan die Reach for the Stars Competition en nou een van die finaliste is wat deurgedring het na die Reach for the Stars 2026 Grand Finale!

Jou harde werk, deursettingsvermoΓ« en talent het jou tot hier gebring. Ons wens jou alle sterkte toe vir die groot finaal. Hou aan om groot te droom en helder te skyn, die beste lΓͺ nog voor!

Baie geluk, Reagan! Ons staan agter jou en wens jou net die beste toe!

Ons is trots op jul albei.....

Dag 3 van ons Vakansieskool!Al was die oggend yskoud, het dit nie ons kinders gekeer nie. Hulle het in groot getalle opg...
01/07/2026

Dag 3 van ons Vakansieskool!

Al was die oggend yskoud, het dit nie ons kinders gekeer nie. Hulle het in groot getalle opgedaag, gereed vir nog 'n dag vol pret, lag, leer en nuwe avonture.

Dankie aan elke ouer vir julle vertroue en aan elke kind wat elke dag met soveel entoesiasme opdaag. Julle maak elke oomblik by Net Vir Pret besonders.

❀️ Waar daar liefde, lag en saamwees is, is daar altyd warmte.

30/06/2026

2de dag van ons vakansieskool met groot opgewondenheid!

Ons sien uit na 'n week vol pret, lag, kreatiwiteit, speletjies, nuwe vriendskappe en onvergeetlike herinneringe. Elke kind is spesiaal, en ons kan nie wag om saam met julle hierdie vakansie 'n avontuur te beleef nie.

Kom kuier, leer, speel en geniet elke oomblik saam met Net Vir Pret. Die pret begin nou! πŸŽ¨βš½πŸŽ­πŸ’™ Dankie aan yearbeyond,cap, studente, youthleaders wat n handjie kom bysit

Nog 'n ongelooflike Game Night saam met ons Youth Leaders!  Vol lag, pret, spanwerk en kosbare herinneringe. Dankie aan ...
25/06/2026

Nog 'n ongelooflike Game Night saam met ons Youth Leaders! Vol lag, pret, spanwerk en kosbare herinneringe. Dankie aan elkeen wat deel was – saam bou ons nie net speletjies nie, maar ook sterk vriendskappe. πŸ’™πŸ™Œ #𝙔𝙀π™ͺπ™©π™π™‡π™šπ™–π™™π™šπ™§π™¨π™π™žπ™₯

Introducing the Net Vir Pret Community Outreach Centre (Tennant street 32) At Net Vir Pret Community Outreach Centre, cr...
25/06/2026

Introducing the Net Vir Pret Community Outreach Centre (Tennant street 32)

At Net Vir Pret Community Outreach Centre, creativity comes alive through puppet-making, arts and crafts,, life-skills programmes, and so much more!

We provide a safe, happy, and inspiring environment. We create, explore, and grow while building confidence.

Net Vir Pret Community Outreach Centre – Where the magic begins!

Liewe ouers, die skoolvakansie breek alweer aan! Terwyl die skole sluit, bly Net Vir Pret Centre oop en gereed vir hope ...
23/06/2026

Liewe ouers, die skoolvakansie breek alweer aan! Terwyl die skole sluit, bly Net Vir Pret Centre oop en gereed vir hope pret, leer en avontuur.

Stuur julle kinders om deel te wees van ons opwindende vakansieprogram vir kinders vanaf 5 jaar en 13+

πŸ“… Eerste week (29 Junie – 3 Julie): Aktiwiteite in die dorp by Net Vir Pret Centre.

2de week (6 tot 10 julie)
3de week (13tot 17 julie)
🚜 Die volgende twee weke: Ons neem die pret na die plase met ons uitreikprogram,

✨ Wat wag op hulle?
🎨 Kuns en handwerk
🎡 Musiek en beweging
🎲 Speletjies en aktiwiteite
🀝 Nuwe vriendskappe
🌟 Baie pret en onvergeetlike herinneringe

Ons sien daarna uit om elke kind met oop arms te verwelkom vir 'n vakansie vol lag, leer en avontuur!

Net Vir Pret Centre
❀️ Waar kinders leer, groei en speel.........................................................................................
Dear Parents,

The school holidays are here again! While schools are closed, Net Vir Pret Centre remains open and ready for lots of fun, learning, and adventure.

Send your children to join our exciting holiday program for children aged 5 to 13 years.

πŸ“… Week 1 (29 June – 3 July): Activities in town at Net Vir Pret Centre.

πŸ“… Week 2 (6 – 10 July)

πŸ“… Week 3 (13 – 17 July)

🚜 The following two weeks: We take the fun to the farms with our outreach program.

✨ What can they look forward to?
🎨 Arts and crafts
🎡 Music and movement
🎲 Games and activities
🀝 New friendships
🌟 Lots of fun and unforgettable memories

We look forward to welcoming every child with open arms for a holiday filled with laughter, learning, and adventure!

Net Vir Pret Centre
❀️ Where children learn, grow, and play.

Address

8 Renonkel Avenue
Barrydale
6750

Opening Hours

Monday 08:30 - 17:00
Tuesday 08:30 - 17:00
Wednesday 08:30 - 17:00
Thursday 08:30 - 17:00
Friday 08:30 - 16:30

Telephone

+27285721131

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Net vir Pret -Aftercare and youth centre posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Net vir Pret -Aftercare and youth centre:

Shortcuts

Share