04/09/2026
🙌 ONS HET GOEIE NUUS OM MET JULLE TE DEEL! 🎉
Sedert ons Facebook-blad in April vanjaar begin het, is ons plasings meer as 400 000 keer besigtig. 🎊 🥳 🎉
Ons top storie was die een oor Sampie, die bekkige pappegaai, wat nou ongelukkig nie meer by Rusoord woon nie. 🦜 Oor die algemeen kyk tussen 8000 en 20 000 mense na die stories, videos en foto’s wat ons plaas.
Ons het tans so ampertjies 600 mense wat ons blad volg, en ons hoop om teen die einde van September ‘n duisend volgelinge te hê.
Kan jy ons help, asb? Vertel jou vriende van Warmbad Rusoord, deel ons stories en nooi almal uit om ons blad te volg!
Ons waardeer jou! 🥰