04/08/2026
Moenie terugkyk nie, jou storie is nog nie verby nie! 🌿✨
Ons is so geneig om vas te kyk in dit wat agter ons lê. Die foute wat ons gemaak het, die deure wat toegegaan het, of die seer wat ons saamdra. Maar jy kan nie vorentoe hardloop as jy aanhoudend oor jou skouer kyk nie.
God se plan vir jou lewe lê voor jou, nie agter jou nie! Wanneer Hy jou lei, neem Hy jou na plekke van groei, herstel en nuwe geleenthede. Jy is oppad na groter dinge, nie omdat jy alles in jou eie krag kan doen nie, maar omdat Hy die Een is wat jou pad gelyk maak.
Stel vandag weer jou volle vertroue op die Here. Selfs wanneer die pad onseker lyk, kan jy weet, Hy sal jou nooit alleen laat nie.
"Kyk, Ek maak 'n nuwe ding, nou sal dit uitspruit... Ek maak selfs in die woestyn 'n pad..." — Jesaja 43:19