VVA Vrystaat Bejaardesorgsentrum

VVA Vrystaat Bejaardesorgsentrum Mooihawe – Flemmingpark – Mooi@100

💙🧸 VVA OMGEE-MAAND 2026 🧸💙🤝 Hierdie Augustus is VVA trots om saam met CHOC (Childhood Cancer Foundation South Africa) 'n...
01/08/2026

💙🧸 VVA OMGEE-MAAND 2026 🧸💙

🤝 Hierdie Augustus is VVA trots om saam met CHOC (Childhood Cancer Foundation South Africa) 'n verskil te maak in die lewens van kinders wat teen kanker of lewensbedreigende bloedsiektes veg. 💛

❤️ Jy kan help!

🧴 Ons samel toiletware in om kinders en hulle gesinne met praktiese ondersteuning, vertroosting en hoop te help gedurende 'n moeilike tyd.

🎁 Benodigde items:
🧼 Seep
🧺 Waslappe
🪥 Tandeborsels
🦷 Tandepasta
🧴 Aanrol-deodorant
🧴 Lyfroom
💙 Vaseline

📅 Skenkings sluit: 26 Augustus 2026
🎗️ Alle skenkings word op 28 Augustus 2026 aan CHOC oorhandig.

📍 Lewer u skenkings by enige VVA-kantoor af.
( Besoek freestatecare.co.za/service-points om u naaste dienspunt te vind.)

💙 Geen gebaar is te klein nie. Saam kan ons hoop, omgee en troos bring aan kinders en families wat dit die nodigste het.

🌐 www.freestatecare.co.za

💙

Thinus van Eeden, fisioterapeut bied vir ons inwoners 'n gesondheidspraatjie aan oor hoe om op die been te bly, wenke is...
10/07/2026

Thinus van Eeden, fisioterapeut bied vir ons inwoners 'n gesondheidspraatjie aan oor hoe om op die been te bly, wenke is gedeel om valle te verhoed. Dankie Busamed, Thinus en Riana!

VVA Vrystaat Bejaardesorgsentrum Fun Day 🤩
09/07/2026

VVA Vrystaat Bejaardesorgsentrum Fun Day 🤩

🌿 Mooihawe is trots op ons span! 🌿Baie geluk aan Johanna K**k en Chrestinah Lethola wat hul Chemkor-opleiding in skoonma...
30/06/2026

🌿 Mooihawe is trots op ons span! 🌿

Baie geluk aan Johanna K**k en Chrestinah Lethola wat hul Chemkor-opleiding in skoonmaak chemikalieë suksesvol voltooi het en hul sertifikate ontvang het. 🎓👏

By Mooihawe glo ons dat deurlopende opleiding en ontwikkeling noodsaaklik is om die beste moontlike sorg en veilige omgewing vir ons inwoners en personeel te verseker.

Dankie vir julle harde werk, toewyding en bereidwilligheid om voortdurend te groei.

Welgedaan! 🌟

💙🌿

💙 'n Hartlike dankie vir 'n besondere Vadersdag! 💙Ons wil graag ons opregte dank uitspreek aan almal wat gehelp het om o...
30/06/2026

💙 'n Hartlike dankie vir 'n besondere Vadersdag! 💙

Ons wil graag ons opregte dank uitspreek aan almal wat gehelp het om ons Vadersdagete so 'n besondere geleentheid te maak.

'n Spesiale woord van dank aan ons twee ruimhartige donateurs wat die manne van ons bejaardesorgsentrum opreg bederf het. Julle goedhartigheid, omgee en bereidwilligheid om terug te gee, het die dag vir ons inwoners onvergeetlik gemaak.

Dankie ook aan elkeen wat betrokke was by die voorbereiding van die heerlike ete en die pragtige dekor. Julle harde werk, kreatiwiteit en liefde het gesorg vir 'n warm, feestelike atmosfeer waarin ons inwoners werklik spesiaal gevoel het.

Dit is deur mense soos julle dat ons ouer persone met waardigheid, vreugde en liefde omring word. Ons waardeer elke bydrae opreg.

Baie dankie dat julle saam met ons 'n verskil maak! ❤️

Baie dankie vir Willem Postma wat gesorg het vir  glimlagte, omgee en kinderstemme wat Mooihawe se gange gevul het.  Jul...
05/06/2026

Baie dankie vir Willem Postma wat gesorg het vir glimlagte, omgee en kinderstemme wat Mooihawe se gange gevul het. Julle het 'n nuwe tred in almal stap gegee. Die kuier was besonders.

VVA Vrystaat Bejaardesorgsentrum pronk by die  Baptiste Kerk, met dienste wat gelewer word by die sentrum en vra onderst...
26/05/2026

VVA Vrystaat Bejaardesorgsentrum pronk by die Baptiste Kerk, met dienste wat gelewer word by die sentrum en vra ondersteuning vir Bargain Corner die liefdadigheidswinkel om fondse te versterk.

🌸 Moedersdagete by Mooihawe 🌸Baie dankie aan elke mamma, ouma en spesiale vrou wat ons Moedersdagete saam met ons kom ge...
11/05/2026

🌸 Moedersdagete by Mooihawe 🌸

Baie dankie aan elke mamma, ouma en spesiale vrou wat ons Moedersdagete saam met ons kom geniet het. Dit was 'n dag vol liefde, lag, lekker kos en kosbare herinneringe.

Baie dankie SR Irma, Ria en Schalk met sy span!

Dot Steenkamp en haar vriendin Beryl Jacobs het 68 lekker warm handskoene gebrei vir Mooihawe se bejaardes.  Die handsko...
08/05/2026

Dot Steenkamp en haar vriendin Beryl Jacobs het 68 lekker warm handskoene gebrei vir Mooihawe se bejaardes. Die handskoene is met groot dank aanvaar.

Address

100 Melville Drive Brandwag
Bloemfontein
9301

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VVA Vrystaat Bejaardesorgsentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to VVA Vrystaat Bejaardesorgsentrum:

Share