05/08/2026
🐾 **BELANGRIKE KENNISGEWING** 🐾
Geagte kliënte
Neem asseblief kennis dat daar vanaf 8 Augustus tot 16 Augustus slegs een veearts by die praktyk beskikbaar sal wees vir konsultasies, operasies en noodgevalle.
Gedurende hierdie tydperk mag wagtye langer as gewoonlik wees. Ons vra vriendelik dat u ons span met geduld, begrip en respek sal hanteer terwyl ons ons uiterste bes doen om elke pasiënt die beste moontlike sorg te gee.
Indien u troeteldier se besoek nie dringend is nie, beveel ons aan dat u vooraf 'n afspraak maak om ons te help om die dag se skedule so doeltreffend moontlik te bestuur.
Ons waardeer u geduld, begrip en voortdurende ondersteuning opreg. Dankie dat u ons help om steeds die beste sorg aan elke troeteldier te bied. ❤️🐾
- Die span van Fichardtpark Dierekliniek