26/08/2026
Die aanhoudende stryd en konflik in huise oor skerms is werklik en maak ouers moeg.
Ouers is dikwels onseker oor waar die grens tussen privaatheid en veiligheid lê.
Kom ons wees eerlik, ons kinders is gewoonlik een stap voor ons wanneer dit by die digitale wêreld kom!
Kom leer, vra vrae en gesels saam oor hoe ons ons kinders emosioneel, akademies en psigologies veilig kan hou in ’n digitale wêreld.
Natasja Rowe-Rowe, aanbieder het meer as 20 jaar se terapeutiese ervaring in haar werk met kinders en tieners.
Sy leer voortdurend by hulle, verstaan hulle wêreld en het self moes leer hoe digitale veiligheid in vandag se tye lyk om ouers en kinders sinvol te kan begelei.
Sy deel graag haar kennis, praktiese insigte en eerstehandse ervaring met ouers, onderwysers en enige volwassene wat met kinders werk.
Hierdie is ’n gesprek wat jy nie wil misloop nie. Kom ons kry die kennis wat ons nodig het om ons kinders beter te verstaan, te begelei en te beskerm
Follow us on the following platforms:
🌐 Website:
www.natasjarowe.co.za
📘 Facebook:
Natasja Rowe – Rowe Therapy
📸 Instagram:
💬 WhatsApp Groups:
🌱 Perfectly Imperfect Parents
(Parent empowerment and support)
👉 https://chat.whatsapp.com/IQ5A1UrgHjt67CqMCMQX1p
📍 Natasja Rowe-Rowe Therapy
📞 066 221 9979 (Call or WhatsApp)
📧 [email protected]
🌍 www.natasjarowe.co.za