Japie Kritzinger Tehuis Bloemhof

Japie Kritzinger Tehuis Bloemhof Akkommodasie vir bejaardes wat nie onafhanklik in die gemeenskap kan woon nie.

Kyk net hoe kreatief is ons Samesyn lede. Daar het die mooiste “skilderye” uitgekom. Almal het dit so geniet.
25/08/2026

Kyk net hoe kreatief is ons Samesyn lede. Daar het die mooiste “skilderye” uitgekom. Almal het dit so geniet.

02/08/2026

Die room-skud kompetisie by JKT se Kersfees in Julie basaar. Dit het vrolik skud-skud op maat van die musiek gegaan tot hulle botter gekry het.

Japie Kritzinger hou basaar met die tema: KERSFEES IN JULIE 2026 en dit na 17:00 Vrydagaand 31 Julie. Ons is so dankbaar...
02/08/2026

Japie Kritzinger hou basaar met die tema: KERSFEES IN JULIE 2026 en dit na 17:00 Vrydagaand 31 Julie.

Ons is so dankbaar vir die gemeenskap wat die basaar so goed ondersteun het. Daar was gesigte wat mens lanklaas gesien het. Die tafels het gekreun onder al die heerlike eetgoed.
Buite was daar n padstal met vars plaas produkte. Binne in die kleinsaaltjie van die NG Kerk is die gevriesde vleis verkoop maar O wee voor dat jy jou oë uitgevee het was alles uitverkoop.
Daar is ook n hele paar skape gebraai en die geur van braaivleis het jou honger gemaak.
Ons hartlike dank aan elkeen wat van die basaar n sukses gemaak het. Dankie is so n klein woordjie maar ons harte loop oor van dankbaarheid vir al die skenkings en jul bereidwilligheid om jul hart en hande vir JKT oop te maak.

Hier is die 4 wenners met die meeste punte op die skou. 4de Elize Steyl met 516 punte. 3de Heleen Conradie 520 (afwesig)...
06/07/2026

Hier is die 4 wenners met die meeste punte op die skou.
4de Elize Steyl met 516 punte.
3de Heleen Conradie 520 (afwesig)
2de Sienna Nieuwoudt met 11 inskrywings en 914 punte.
1ste was Doreen Erasmus wat in die kategorie van 80-90 jaar deelgeneem het met 14 inskrywings en n punte totaal van 1147.

Baie baie geluk Doreen. Jy stof baie mense uit. Ons is trots op jou! Welgedaan.
Doreen ontvang ook n spesiale prys vir die meeste inskrywings asook meeste punte. Weereens welgedaan!!

Pastoor Joubert van der Linde het die skou geopen deur n gepaste stukkie te lees en n gebed gedoen. Daarna is die pryse ...
06/07/2026

Pastoor Joubert van der Linde het die skou geopen deur n gepaste stukkie te lees en n gebed gedoen.
Daarna is die pryse uitgedeel. Kyk net al die rooi sertifikate! Dit beteken n eerste prys. Van die lede het meer as een artikel ingeskryf in die verskillende kategorië.
Baie geluk aan elkeen met sy prys wat hy of sy ontvang het.

Met die mimi skou wat elke jaar deur die Vlu Bloemhof tak aangebied word is hier n kykie in als wat op die skou uitgesta...
06/07/2026

Met die mimi skou wat elke jaar deur die Vlu Bloemhof tak aangebied word is hier n kykie in als wat op die skou uitgestal is. Daar is gebrei, gehekel, gedot-art, geborduur, geskilder, geverf en nog wat.
Almal was trots op hul uitstal werk.

Met die afsluiting van die kwartaal is daar spelierjies gespeel, sommige het ingekleur en ander het die verskille gesoek...
06/07/2026

Met die afsluiting van die kwartaal is daar spelierjies gespeel, sommige het ingekleur en ander het die verskille gesoek. Sommer n heel ontspanne dag. Die eetgoedjies bly ook nie agterwee nie.

Vrydag was dit n heerlike sang oggend. Al die FAK liedjies is gesing en dit bring die herinneringe terug toe jy nog jonk...
21/06/2026

Vrydag was dit n heerlike sang oggend. Al die FAK liedjies is gesing en dit bring die herinneringe terug toe jy nog jonk was. Toe jy as jongmens in groepe lekker kon saamsing en soms kon tiekie draai met mekaar.
Moenie die lekker roomys vergeet wat na die tyd bedien is nie! Al is dit winter, roomys is altyd gewild.

Vrydag was dit n werkery van n ander aard. Daar moes kraaltjies ingeryg word vir n versiering wat op n paar maniere gebr...
14/06/2026

Vrydag was dit n werkery van n ander aard. Daar moes kraaltjies ingeryg word vir n versiering wat op n paar maniere gebruik kan word.
Ai en die ou hande is groot en raak dom met die klein kraaltjies om dit in die vislyn ingeryg te kry. Hier en daar moes daar hulp verleen word. Op die ou einde is elkeen sin klaar en kon elkeen daarmee spog. Baie dankie vir die persoon wat die krale en ander goed geborg het.
Na die groep foto geneem is het elkeen weer lekker koffie/tee en koek geniet.

Hier word musiek Bingo gespeel met kersfees liedjies as tema en almal het gesoek op die papier om die regte naam te kry ...
14/06/2026

Hier word musiek Bingo gespeel met kersfees liedjies as tema en almal het gesoek op die papier om die regte naam te kry en ander het dit dadelik onthou. Bingo is een van die gesogte speletjies want die beloning is so lekker - suigstokkies of soms sjokelade.
Praat nie eens van die lekker koffie/tee en koek na die tyd nie.

Address

Malherbe Straat 20
Bloemhof
2660

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Japie Kritzinger Tehuis Bloemhof posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share