Hillary-Joan Funeral Services

Hillary-Joan Funeral Services Hillary -Joan is gebore uit 'n belangstelling in die welstand en dood van 'n geliefde

Die vreugde van ons werk lê soms  in kinders se onopgesmikte nuuskierigheid rondom die dood.Gister, terwyl ons aan klein...
18/08/2026

Die vreugde van ons werk lê soms in kinders se onopgesmikte nuuskierigheid rondom die dood.

Gister, terwyl ons aan kleinkinders hulle oupa se as terugbesorg het, het ons probeer om op die eenvoudigste manier te verduidelik waarom ons hulle oupa se as in ’n klein, herwinbare houertjie, met ’n staalnommerplaatjie, aan hulle teruggee.

Hulle mammie se versoek was dat ons Oupa se as aan hulle terugbesorg sodra hulle almal uit die skool kom.

Ons het lank gewonder hoe ons hierdie groot konsep vir hierdie kleinspan sou verduidelik. Ons het doelbewus besluit om nie Oupa se as in ’n miniatuurkissie te plaas nie, maar eerder in 'n herwinbare houer.

Wat my bybly van gister, is die blink, nuuskierige ogies — ogies wat probeer verstaan, maar tog besef dat daar dinge is wat hulle nog nie heeltemal verstaan of selfs hoef te verstaan nie.

Toe ons uitstap, nooi ons hulle om vrae te vra oor verassing. Nerens het ek geweet dat my foon teen slaaptyd begroet sou word deur fyn stemmetjies in stemboodskappies, vol vrae en ’n huilende peuter, terwyl die atmosfeer in die huis weer deur hartseer en vermisting gevul was..

Later kry ek ’n foto.

Kleintjie het sy troos gevind terwyl hy sy handjies om die houer gevou het — by die spesiale hoekie wat hulle ingerig het met foto’s en kerse van Oupa. ❣️

Kinders is ONGELOOFLIK! ❣️

Hulle vra wat hulle wil weet — presies soos hulle dit verstaan. Soms is die vrae eenvoudig. soms verrassend soos die stem boodskappie op my foon.

En soms laat hulle vrae jou in stilte en antwoord jy op hul vrae: "ek antwoord môre jou vraag" want jy is opgevang in hul gedagtegang en wil hul na veilige en aanvaarbare plek lei🙏

Kinders probeer nie die dood mooi maak nie — hulle probeer dit net verstaan.

En ons hoef nie altyd die perfekte antwoord vir hulle te hê nie. 🌻

Soms is dit genoeg om saam met hulle te sit, eerlik te antwoord in ’n taal wat hulle verstaan, en vir hulle die ruimte te gee om vrae te vra.

Want wanneer ons kinders toelaat om oor die dood te praat, leer ons hulle dat selfs die moeilikste dinge bespreek kan word.

En tussen al die vrae, die nuuskierige ogies en die fyn kinderlike stemmetjies, besef ek dat dit ’n ongelooflike voorreg is om kinders te help om sin te maak van die dood. 🙏

Liefde en Lig❣️

Vanoggend, nadat ek van gister se verrigtinge by Dorothea Skool gelees het, staan ek vir 'n oomblik stil en d**k terug a...
05/08/2026

Vanoggend, nadat ek van gister se verrigtinge by Dorothea Skool gelees het, staan ek vir 'n oomblik stil en d**k terug aan die dag van Ivan se sterfte.

Ivan het in die hart van COVID gesterf – 'n tyd waar begrafnisse teenoor streng maatreëls gereël was.

Ek onthou hoe Ivan se familie ons vertel het hoe lief hy vir lykwaens was, maar ook hoe bang hy vir die blink handvatsels van kiste was.

As hy die g***s daarvan in 'n kerk gewaar het, sou hy eenvoudig uit die kerk hardloop.

Van dag een af was sy familie ingestel op waarvan Ivan gehou het en waarvan hy nie gehou het nie. Hulle het hom só goed geken en wou seker maak dat sy afskeid hom eer op 'n manier wat by hom sou pas.

Die voorreg om 'n kis vir Ivan te kies, was ons s'n. "Ons vertrou julle met die keuse van 'n kis vir Ivan," het die familie eenparig gesê.

Ons wou 'n kis kies wat by Ivan se unieke persoonlikheid pas, soos sy hartsmense hom beskryf het. Daarom het ons 'n Joodse kis vir hom gekies – dieselfde soort kis wat ons ook vir my eie ma se begrafnis gekies het. ❣️

'n Kis wat in sy eenvoud besonder mooi is; sonder blink versierings, met kenmerkende touhandvatsels wat sagkens getuig van eenvoud, waardigheid en egtheid.

Ek moes Ivan se begrafnis van 'n afstand af dophou. My eie huismense was met COVID besmet, en dit was vir my ontsettend swaar om nie self deel van sy laaste afskeid te kon wees nie.

En toe lees ek van gister se verrigtinge...

Dít is die viering wat Ivan verdien het. Dít is die blootstelling wat elke kind met spesiale behoeftes verdien – om gesien, gevier en onthou te word vir wie hulle is.

Dankie aan Dorothea Skool dat u aanhou om Ivan se storie te vertel.

Want solank sy naam met liefde genoem word, solank iemand glimlag wanneer hulle aan sy unieke geaardheid d**k, en solank sy herinneringe harte bly verwarm, sal Ivan se nalatenskap nooit verdwyn nie.

Liefde en Lig❣️

Ek maak vanoggend kontak met 'n vriendin. Drie jaar gelede het ons haar mammie begrawe- tog leef sy vanoggend deur haar ...
02/08/2026

Ek maak vanoggend kontak met 'n vriendin.

Drie jaar gelede het ons haar mammie begrawe- tog leef sy vanoggend deur haar vermisting asof dit gister was. Woorde ontbreek my vroegoggend, want wat sê ek vir 'n hart wat so intens verlang?

Laat oggend tel ons Poppie op ná haar wedstryd- haar oogbanke is nog nat van die trane – sy het 'n "battle scar" op die veld opgedoen.

"Mammie, dit pyn... dit is so seer!" kondig sy aan toe sy die kar se deur toemaak.

Die pa het geen simpatie🫣. "Jy moet beter defend!" sê hy. Sy is glad nie beïndruk met hom nie.

Sy verduidelik wat gebeur het, en skielik is hy die ridder op die wit perd- hardloop eerste na die yskas vir 'n yspak toe die kar stop. 🤦❤️ Binne minute voel sy beter, en sy en haar pa sit weer op een stelasie.

Vandag was ons gelukkige dag, oudste kon 'n paar uur huistoe kom ❣️ Die bult voor hom is steil en die druk neem toe aan die kognitiewe kant. Ons gesels, eet huiskos, en hy gee sommer sy bestelling vir die week se etes-daarna stap hy weer moedig by die huis uit.

Toe is die huis meteens stil, Poppie en haar pa is op die 'streets' en my gedagtes dwaal weer terug na my vriendin se verlange.

Vir haar, is daar is nie 'n yspak of 'n bord warm kos wat haar leemte kan vul nie. Sy voel alleen in haar verlange
.. miskien is dít die verskil tussen fisiese pyn en die pyn wat die dood nalaat.

Vir Poppie se kneusplek was daar 'n yspak van haar ridder op die wit perd.

Vir Oudste se moegheid was daar huiskos en die unieke reuk van die huis💐

Maar vir die hart wat iemand mis, is daar geen 'instant cure' nie❣️

Daar is net liefde wat aanhou onthou en trane wat onverwags vloei.

Liefde en Lig❣️

Gister, na afloop van die begrafnis, stap  ek SAAM met Ma Flora na die kar,  haar seun, Ruben sê  "Hillary, ek vat julle...
31/07/2026

Gister, na afloop van die begrafnis, stap ek SAAM met Ma Flora na die kar, haar seun, Ruben sê "Hillary, ek vat julle pers lappie vir my" terwyl hy breed smile...sy verweer is dat die lappie hom altyd aan ons sal herinner en dat hy ons altyd wil onthou🤦❣️

Ons het Ma Flora en haar dogter, Esmeralda langs die bed van hul seun en broer- Ricardo wat minute voor dit, sy laaste asem uitgeblaas het, ontmoet.

Geen ma behoort ooit langs haar kind se bed te sit en oor sy lewelose liggaam wag te hou nie. Die toneel waarin ek ingestap het, het my ondernemershart in fyn stukkies gebreek.

Daar was min woorde tussen ons, tog in hul oë lê die verhaal van gebroke harte —'n verhaal van liefde en die onbeskryflike pyn wat die dood nalaat.

Ruben, Ricardo SE broer, neem onmiddelik alle reëlings oor om sy ma en suster se pyn te verlig. Met 'n hart gevul met sy eie rou, maar met 'n liefde vir sy familie, tref hy die nodige reëlings.

In elke gesprek en in elke besluit was dit duidelik: Ruben wou hê sy broer moes met waardigheid en respek gegroet word. Hy wou alles so mooi moontlik maak vir sy ma, sy suster en die res van die familie.

Hy leer my dat liefde nie ophou wanneer 'n geliefde se hart ophou klop nie- dit is juis in hierdie oomblikke waar liefde hom onwetend ten toonstel.

Liefde leef in die hande wat reël, op die skouers wat dra en in die harte wat, te midde van hul eie seer, steeds kies om vir mekaar sterk te wees.

Ruben, dankie dat jy jou broer met soveel waardigheid geëer het.

Ma Flora, Esmeralda en Deema dankie dat ons 'n paar treë SAAM met julle op jul hartseer-pad kon stap.

Liefde en Lig❣️

Met 'n foon wat slegs 2% battery oor gehad het, kom die oproep van Aunty Margaret (Aunty Baba) se afsterwe, net toe ons,...
26/07/2026

Met 'n foon wat slegs 2% battery oor gehad het, kom die oproep van Aunty Margaret (Aunty Baba) se afsterwe, net toe ons, ons pad huis toe wou vind.

Ek kon darem die belangrikste inligting inwin op 'n selfoon wat net lank genoeg gehou het om die gesprek te voltooi.

Met ons eerste tree in Aunty Baba se huis, het haar nalatenskap ons eerstehands begroet.

Die foto's van drie geslagte het met trots teen die voorkamermuur gepryk. Die sagte geur van ma-wees het die huis gevul en 'n gevoel van warmte en liefde geskep. Op Aunty Baba se bedkassie het haar Bybel gelê – 'n stille getuienis van 'n lewe gevul met geloof, gebed en hoop.

Die familie het 'n sagte doek om haar ken vasgemaak om dit te stut – 'n doek waarmee hulle haar vir oulaas met liefde versorg het terwyl hulle Vir die laaste gegroet het.

Die warm kouse aan aunty Baba se voete – 'n eenvoudige gebaar wat gesê het: "Mammie, ons wil hê Mammie moet warm wees." Dit was só besonders om dit te kon beleef.

Dit is juis in hierdie klein 'detail' waar 'n mens se grootste nalatenskap dikwels gevind word-
nie in groot prestasies nie, maar in die liefde wat in 'n huis woon; die geloof wat oor jare heen 'n gesin gedra het.

Vrydag het Nina en Kay die mooiste hoofstuk vir hul geliefde ma en ouma geskryf. Die kerk was verfraai met spierwit lelies wat met sorg en presiesheid rangskik was. Die spierwit kis het die lelies gekomplimenteer soos dit saggies en statig plek ingeneem het voor die kansel.

Die stampvol kerk het in stilte getuig van 'n lewe wat diep spore in mense se harte gelaat het.

Aunty Baba SE begrafnis was nie 'n afskeid nie... dit was 'n viering van 'n nalatenskap wat in liefde sal bly voortleef.

Liefde en Lig❣️

Ná afloop van Uncle Andre se begrafnis, staan familie en vriende by die kerk-hek soos die lykswa stadig van hul weg bewe...
26/07/2026

Ná afloop van Uncle Andre se begrafnis, staan familie en vriende by die kerk-hek soos die lykswa stadig van hul weg beweeg.

Dit is hier by die hek waar die werklikheid van afskeid insink by familie en vriende. By die hek val my oog op Uncle Andre se kleinkind, onse Cliffie-kind. Die trane rol oor sy wange, al snikkend lê hy teen sy Ma SE bors vas, sy druk hom styf teen haar vas – sy self vasgevang in haar eie verlies. Tog, tussen haar eie hartseer probeer sy steeds vir hom 'n veilige hawe wees.

Deur die loop van die week het hy ons verwelkom by die huis - hy was die een wat sagte drukkies uitgedeel het en seker gemaak het dat ek gemaklik op sy ouma se groot, sagte bank sit❣️

Iewers tussen die reëlings het hy Marcellous weggerokkel om saam met hom met sy karretjies te speel. Dit was duidelik: hy is 'n regte ouma-en-oupa-kind🌻

Sy ouma Elsabe noem dat hy onder die indruk verkeer dat sy Oupa Andre nog in die hospitaal was. Die geleidelike oorbrugging tussen sy werklikheid en die waarheid van sy Oupa SE dood het my aangegryp.

Met sy arms uitgestrek en sy hartjie wat vinnig klop, spring hy uit sy Ma se arms reguit in myne. Vir 'n oomblik hou ek 'n weerlose lyfie vas wat iets beleef waarvoor daar nog nie woorde bestaan nie – die eerste pynlike ervaring van afskeid Vir n kind wat nog nie die pyn van rou-smart kan verwoord nie.

Kinders rou anders as grootmense.

Hulle verstaan nie altyd die finaliteit van die dood nie, maar hulle voel die leemte.. Hulle mis die stem wat hulle naam geroep het, die hand wat hulle vasgehou het en die persoon wat altyd daar was.

Van hier sal hy die verlange na sy Oupa met ongelooflike eerlikheid in sy klein kinder hartjie rond dra– sonder voorgee, sonder verduidelikings, net met die suiwer liefde waarmee hy sy Oupa lief gehad het.

Liefde en Lig❣️

Vanoggend voel ek sommer aan my lyf hoe lief die Here my het. Hy het my sommer beet onder Sy arms💃💃 😅Die tweetjies hardl...
21/07/2026

Vanoggend voel ek sommer aan my lyf hoe lief die Here my het. Hy het my sommer beet onder Sy arms💃💃 😅

Die tweetjies hardloop van hoek tot kant: een soek sy skoolbroek se belt, die ander een soek 'n pom-pom vir haar hare... en ek?

Ek 'operate' in stilte in die kombuis soos 'n professional nooddiens-werker....kalm onder druk!

Al wat my 'afloat' hou in die oomblik, is die gedagte dat, ná hulle wegraping skool toe, ek 'n koppie koffie in doodse stilte gaan drink.

Geen: "Mammie, ek is honger!" "Mammie!" "Mammie!" elke vyf sekondes nie.

Daar ís vreugdes in ma-wees... een van 'hulle' word skooltyd genoem 🤭

Onderwysers, mag hulle vir u soveel vreugde verskaf! ❣️

MAAR ek....... ek sit ek met my koffie in stilte...

God sorg vir die mossies. God sorg ook vir ouers. ☕❤️

Liefde en Lig❣️

Gister het dit gevoel asof daar 'n beskermlaag oor die Daniels-familie neergedaal het. Die Esau-egpaar het hulle met san...
19/07/2026

Gister het dit gevoel asof daar 'n beskermlaag oor die Daniels-familie neergedaal het. Die Esau-egpaar het hulle met sang omvou – 'n lied wat soos 'n sagtheid oor harte vol rou gespoel het en vir 'n oomblik die pyn gedra het waarvoor daar geen woorde is nie.

Die atmosfeer in die Rynse Kerk was gevul met die kleurvolle nalatenskap van Oom Paul se lewe. Elke traan en elke omhelsing het getuig van 'n man wie se lewe diep spore in die harte van sy familie gelaat het.

Terwyl ons verlede Vrydag uit die hospitaal se parkeerterrein weggery het, het Marcellous saggies gesê: "Dit gaan nie goed met Jonathan se pa nie." Skielik het die prentjie wat ek uit die hoek van my oog opgevang het, sin gemaak. Die groepie familie wat in stilte saamgestaan het, was vasgevang tussen hoop en afskeid – daardie brose plek waar liefde nog vashou, maar die werklikheid al nader tree.

Saterdagmiddag het die oproep gekom: Oom Paul het sy aardse reis voltooi.

Gister was die kerk eenvoudig te klein vir almal wat hul laaste eer aan hom wou betoon het - dit alleen het vertel hoeveel lewens hy aangeraak het.

Oom Paul het reeds dertig jaar gelede sy geliefde vrou aan die dood afgestaan. Vir baie sou só 'n verlies 'n mens breek. Tog het hy gekies om aan te hou leef – met stille moed, waardigheid en geloof. Hy het sy hart weer gevul met dit wat vir hom die kosbaarste was: sy kinders, kleinkinders en agterkleinkinders. In hulle het hy nuwe vreugde gevind, en in hulle leef sy liefde vandag onmiskenbaar voort.

Tydens die bedankings deur Oom Paul se jongste seun het dit duidelik geword watter besondere plek oom Paul in sy familie se lewe ingeneem het. Sy teenwoordigheid het aan hulle n veiligheid gebring. Sy woorde het gewig gedra. Sy liefde het sy familie bymekaar gehou. Hy was die rots waarop geslagte kon steun – 'n vader wat, selfs ná sy eie diep verlies, sy kinders eerste gestel het en sy familie gedra het.

Vandag is Oom Paul se stem stil. Sy stoel sal leeg wees en sy hande sal nie meer dié van sy geliefdes vashou nie. Tog sal die ruimte wat hy in hulle harte gevul het, nooit leeg wees nie.

Sy voorbeeld van sy deursettingsvermoë ná sy verlies en sy onvoorwaardelike liefde vir sy familie sal voortleef in elke storie wat oor hom vertel sal word, in elke familiebyeenkoms waar sy naam met liefde genoem sal word, en in elke kind, kleinkind en agterkleinkind wat met trots kan sê:
"Hy was ons pa. Hy was ons oupa."

Oom Paul SE nalatenskap lê nie net in die jare wat hy geleef het nie, maar in die van Sy familie en Vriende wat danksy sy liefde en voorbeeld, met dieselfde waardigheid en toewyding verder sal leef.

Liefde en Lig❣️

Snaaks hoe sommige ouers met die jare weer soos kinders raak – en hoe kinders dan die voorreg ontvang om die primêre ver...
19/07/2026

Snaaks hoe sommige ouers met die jare weer soos kinders raak – en hoe kinders dan die voorreg ontvang om die primêre versorgers van hul ouers te word. Dit was die voorreg van Mr. Layman se kinders en kleinkinders – 'n taak wat hulle met liefde, geduld en groot toewyding verrig het.

'n Paar weke voor Mr. Layman se afsterwe het Aunty Francis, sy dogter, ons gebel en gevra dat ons by haar moet kom inloer. Sy het my aan die hand geneem en my met opgewondenheid na die kamer gelei waar haar pa, Mr. Layman, met 'n groot tevredenheid in sy bed gelê het. Ons het 'n paar woorde gewissel, en hy het met 'n sagte, tevrede glimlag na ons gekyk. Toe ons die kamer verlaat, het ek nie besef daardie eenvoudige ontmoeting sou vir altyd as 'n kosbare herinnering by my sou bly nie.

Nadat ons die oproep van Mr. Layman se afsterwe ontvang het, het ons by die familie aangesluit. Die huis was gevul met Mr Layman SE kinders en kleinkinders wie se mat onder hulle uitgeruk is, terwyl geliefdes ingestroom het om ondersteuning te bied – 'n stille getuienis van 'n pa en oupa wat sy plek in elke hart verdien het.

Verlede Saterdag, terwyl ons met warm koppies koffie op die gemaklike banke gesit en gesels het oor die reëlings vir die begrafnis, het dankbaarheid telkens deur die gesprek weerklink. Ons kon saam lag oor Mr. Layman se doenighede nadat Alzheimer by hom gediagnoseer is.

Ons het geluister na stories van die besonder netjiese Mr. Layman, wat ewe tuis was met 'n strykyster in die hand en sonder skroom voor 'n wasbak gestaan het. Dit was juis in hierdie eenvoudige, alledaagse dinge waar sy liefde vir sy familie sigbaar geword het. Hy het nie net met woorde liefgehad nie, maar met dade – deur te dien en te help waar hy kon.

Mr. Layman laat 'n nalatenskap van hande wat altyd gereed was om te help, 'n hart wat sy gesin eerste gestel het, en 'n lewe wat stilweg gewys het dat ware liefde dikwels in die eenvoudigste gebare lê.

En toe die jare hom stadig broser gemaak het, het die sirkel van liefde volkome geword.

Die hande wat eens sy kinders vasgehou, versorg en beskerm het, is op hulle b***t deur daardie selfde kinders en kleinkinders vasgehou. Met dieselfde liefde waarmee hy vir hulle geleef het, het hulle hom tot sy laaste asem versorg, liefgehad en met waardigheid omvou.

Liefde en Lig. ❣️

18/07/2026

Paul Daniels
Funeral Service

Church Service
Rynse NG Kerk
Stellenbosch
Intro

Address

USave Centre, Lang Street, Cloetesville, Stellenbosch
Cape Town
7600

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hillary-Joan Funeral Services posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share