Moeggesukkel

Moeggesukkel We believe in HOPE - Helping Other People Excel so that they may have victory over life's circumstances. We all know what it means to be tired of struggling.
(344)

Moeggesukkel
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
[email protected]

Dankie Good Things Guy vir die mooi artikel!!!
08/09/2026

Dankie Good Things Guy vir die mooi artikel!!!

Oom Dougie’s painting sold for more than R20,000 in Australia, but the sweetest part came after he tried to give most of it back.

06/09/2026

THIS IS WHAT DREAMS ARE MADE OF!!! ❤️🎨

DROME WORD NOG WAAR!!!

Gister het iets besonders gebeur...

Oom Douglas se kunswerk is op ’n veiling in Australië vir meer as R20 000 verkoop! 🇦🇺

Oom Douglas kan dit steeds nie glo nie.

Maar toe gebeur iets nóg mooier...

Oom Douglas besluit om R12 000 van die geld vir Moeggesukkel te skenk.

Sy rede?

“Sonder Moeggesukkel sou dit nooit vir my moontlik gewees het nie.”

Maar dis nie waar die storie stop nie...

Moeggesukkel het toe besluit daardie R12 000 gaan nie terug na Moeggesukkel toe nie.

Ons gaan dit gebruik om vir Oom Douglas sy eie kunskamer en studio te bou! ❤️

Hoe mooi is die sirkel nie?

’n Man kry ’n geleentheid.
Hy gebruik sy talent.
Sy kunswerk word aan die ander kant van die wêreld verkoop.
Hy besluit om terug te gee...
en daardie geskenk gaan nou gebruik word om sy droom verder te bou.

Op 70 jaar oud kry Oom Douglas sy eie kunsstudio. 🎨

Moet nooit dink jy is te oud om weer te droom nie.
Moet nooit dink jou talent het nie meer ’n doel nie.

Drome het nie ’n vervaldatum nie.

Dankie aan elke persoon in Australië wat deel was van hierdie ongelooflike dag.

En dankie aan almal wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!! ❤️

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
[email protected]

THIS IS WHAT DREAMS ARE MADE OF!!! ❤️🎨DROME WORD NOG WAAR!!!Gister het iets besonders gebeur...Oom Douglas se kunswerk i...
06/09/2026

THIS IS WHAT DREAMS ARE MADE OF!!! ❤️🎨

DROME WORD NOG WAAR!!!

Gister het iets besonders gebeur...

Oom Douglas se kunswerk is op ’n veiling in Australië vir meer as R20 000 verkoop! 🇦🇺

Oom Douglas kan dit steeds nie glo nie.

Maar toe gebeur iets nóg mooier...

Oom Douglas besluit om R12 000 van die geld vir Moeggesukkel te skenk.

Sy rede?

“Sonder Moeggesukkel sou dit nooit vir my moontlik gewees het nie.”

Maar dis nie waar die storie stop nie...

Moeggesukkel het toe besluit daardie R12 000 gaan nie terug na Moeggesukkel toe nie.

Ons gaan dit gebruik om vir Oom Douglas sy eie kunskamer en studio te bou! ❤️

Hoe mooi is die sirkel nie?

’n Man kry ’n geleentheid.
Hy gebruik sy talent.
Sy kunswerk word aan die ander kant van die wêreld verkoop.
Hy besluit om terug te gee...
en daardie geskenk gaan nou gebruik word om sy droom verder te bou.

Op 70 jaar oud kry Oom Douglas sy eie kunsstudio. 🎨

Moet nooit dink jy is te oud om weer te droom nie.
Moet nooit dink jou talent het nie meer ’n doel nie.

Drome het nie ’n vervaldatum nie.

Dankie aan elke persoon in Australië wat deel was van hierdie ongelooflike dag.

En dankie aan almal wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!! ❤️

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
[email protected]

As iets jou PASSIE of jou ROEPING is, koppel jy nie ure daaraan nie.By Moeggesukkel werk ons hele span elke dag ongeloof...
06/09/2026

As iets jou PASSIE of jou ROEPING is, koppel jy nie ure daaraan nie.

By Moeggesukkel werk ons hele span elke dag ongelooflik hard. Nie omdat iemand die ure tel nie, maar omdat ons weet waarvoor ons dit doen.

Dis hoe ek grootgemaak is — om hard te werk, aan te hou en nie op te gee wanneer dinge moeilik raak nie.

En met al die lang ure kom daar iets wat baie meer werd is as rus:
die betekenis daarvan om vir iemand anders ’n geleentheid te skep.

As jy vandag moedeloos is...

Werk bietjie harder.
Glo bietjie harder.
Bid bietjie harder.
Hou net aan.

Partykeer voel dit asof dit al is wat oorbly.

Maar dit werk.

Dankie aan elkeen wat in ons glo, saam met ons werk en saam met ons ’n GROTER verskil maak!!!

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
[email protected]

Hierdie gee ons HOOP en inspirasie om nóg meer te doen! 🇿🇦❤️🇦🇺Gister was daar ’n besondere byeenkoms in North Lakes, Bri...
06/09/2026

Hierdie gee ons HOOP en inspirasie om nóg meer te doen! 🇿🇦❤️🇦🇺

Gister was daar ’n besondere byeenkoms in North Lakes, Brisbane, Queensland in Australië, waar mense bymekaargekom het om fondse vir Moeggesukkel in te samel.

En al was ons duisende kilometers van mekaar af, kon ons deur ’n video-oproep deel wees van die geleentheid.

Jacques, Johantjie en Oom Douglas kon inskakel en ’n bietjie meer vertel oor Moeggesukkel, ons mense en die verskil wat ons elke dag maak.

Een van Oom Douglas se tekeninge was ook deel van ’n silent auction, waar mense daarop kon bie om dit huis toe te neem.

Dit bly vir ons ongelooflik om te besef dat mense al die pad in Australië bereid is om saam met ons ’n verskil hier in Suid-Afrika te maak.

Dit gee ons HOOP.
Dit gee ons inspirasie.
En dit herinner ons dat liefde en omgee geen grense ken nie.

Baie dankie aan elke persoon wat hierdie geleentheid moontlik gemaak en ondersteun het.

Dankie aan almal wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak — al is dit al die pad van Australië af! 🇦🇺❤️🇿🇦

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
[email protected]

By Moeggesukkel is werkskepping vir ons die pad terug na ’n mens se waardigheid.Daar gebeur baie agter die skerms wat on...
05/09/2026

By Moeggesukkel is werkskepping vir ons die pad terug na ’n mens se waardigheid.

Daar gebeur baie agter die skerms wat ons nie elke dag vir almal wys nie. Een van die grootste dele daarvan is werkskepping wat sin maak.

Ons wil nie net vir iemand ’n dak oor die kop en kos op die tafel gee nie. Ons wil vir mense weer die geleentheid gee om nodig te voel, verantwoordelikheid te neem en trots te wees op dit wat hulle elke dag doen.

Van ons 150 inwoners is 130 tans op verskillende maniere binne ons sisteem werksaam.

Van die bedfabriek, kombuis, logistiek en herwinning tot ons Pannekoek Waentjies, Hoopveld Boerdery, instandhouding, Lighoog Akademie ons eie tuisonderrig platform en talle ander afdelings — elkeen het ’n plek en elke taak het ’n doel.

Want vir ons gaan werkskepping oor baie meer as net ’n werk.

WERK gee waarde.
WERK gee waardigheid.
WERK gee HOOP.

Ons wil nie net mense help om vandag te oorleef nie.

Ons wil hulle help om weer op hulle voete te kom en ’n toekoms te bou.

Dankie aan almal wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!!

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
[email protected]

Nog ’n droom word ’n werklikheid... ❤️Ons kan uiteindelik terugvoer gee oor Chantel.Sy het haar eerste tree gegee!!! 🙏Di...
04/09/2026

Nog ’n droom word ’n werklikheid... ❤️

Ons kan uiteindelik terugvoer gee oor Chantel.

Sy het haar eerste tree gegee!!! 🙏

Dit moet werklik ongelooflik wees om ná so lank in ’n rolstoel weer op jou eie voete te kan staan en jou eerste tree te gee.

Een klein tree...
maar vir Chantel is dit ’n REUSE tree vorentoe.

Ek kan nie wag vir die dag wanneer ek saam met haar, soos haar grootste begeerte is, deur die Mall kan stap nie. ❤️

Een tree op ’n slag, Chantel. Ons kom daar!

Dankie aan almal wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!!

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
[email protected]

RUSTENBURG, JOU LEKKER DING!!! ❤️🔥Moeggesukkel is genooi om ’n besonderse aand saam met 550 mense deur te bring!Maar ons...
03/09/2026

RUSTENBURG, JOU LEKKER DING!!! ❤️🔥

Moeggesukkel is genooi om ’n besonderse aand saam met 550 mense deur te bring!

Maar ons gaan nie net kuier nie...

Jacques het die voorreg om sy getuienis te deel en te vertel van Jesus se hart vir mense. 🙏❤️

WOW... 550 mense op een plek!

Wat ’n GROOT seën.
Wat ’n GROOT geleentheid.
En wat ’n voorreg om iets van HOOP, GENADE en JESUS se LIEFDE met soveel mense te kan deel.

Mag dit nie net ’n lekker aand wees nie...
Mag iemand daar wees wat presies dít hoor wat hulle hart nodig het. ❤️

Rustenburg... ONS SIEN JULLE!!!

O ja en natuurlik deel ons Jesus Loves You hartjies uit.

Dankie aan almal wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!! 🙏❤️

😁 Tande is maar net ’n X-Factor! 😁Ons is nóg ’n stappie nader aan Oom Shorty en Colleen se splinternuwe smiles! 🦷✨Vir no...
01/09/2026

😁 Tande is maar net ’n X-Factor! 😁

Ons is nóg ’n stappie nader aan Oom Shorty en Colleen se splinternuwe smiles! 🦷✨

Vir nou word daar nog gepas, gemeet en seker gemaak alles sit net reg… maar binnekort gaan albei met ’n splinternuwe stel tande kan spog!

En wanneer ons see toe gaan… 🌊☀️
gaan daar nie meer ’n hand voor die mond wees wanneer die kamera uitkom nie! 😁📸

Hulle gaan breed glimlag, lekker lag en elke oomblik met selfvertroue geniet.

Want soms is iets wat vir die een persoon klein lyk, vir iemand anders ’n hele nuwe stukkie waardigheid en selfvertroue. ❤️

Dankie aan elkeen wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!! 🙏❤️

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
[email protected]

Address

Cnr Springbok & Du Toit Road, Timsrand AH
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:00
Tuesday 07:00 - 17:00
Wednesday 07:00 - 17:00
Thursday 07:00 - 17:00
Friday 07:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Moeggesukkel posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share