21/07/2026
HIER BEGIN DIT.
In 2024 het ek vir die eerste keer op 'n eiendom in Cullinan gestap. Dit wat ek gesien het, het my hart gebreek.
Elke vensterhandvatsel uitgeruk. Elke kraan, wasbak en stortkop weg. Loodgieterswerk uit die mure geskeur. Elektriese bedrading uitgetrek. Ligte, skakelaars, muurproppe, alles gesteel. Die koper draad weg. Die transformator gesteel. Die boorg*t se pype van die grond af tot by die geboue uitgehaal. Watertenks stukkend. Heinings afgebreek of ook gesteel. Elke slot en deur oopgebreek. En in elke gebou, hope vuilgoed, kniedik, die soort verwoesting wat net plaasvind wanneer mense heeltemal moed opgegee het oor 'n plek.
Ek het daar gestaan en gedink aan wat mensehande kan verwoes. En toe het ek gedink aan wat God se hande kan herstel.
Openbaring 21:5 - God sit op sy troon en sê: "Kyk, Ek maak alles nuut". Dit is die uiteindelike belofte van 'n nuwe begin, vry van pyn en trane.
Ek weet hoe dit voel om van alles gestroop te word. Ek het 26 jaar in die greep van verslawing deurgebring. Vier van daardie jare het ek op straat gewoon. Ek het op strande geslaap. Ek het in 'n g*t in die sand in Plettenbergbaai geslaap, om 3-uur die oggend, koud en gebreek, beplan ek om my lewe te beëindig.
In plaas daarvan het ek na God uitgeroep. Ek het gesê, "God ek weet ek ken U nie, maar ek weet ook dat U my wel ken."
Hy het geantwoord. My ma Eleana het my gevind. My lewe is herstel.
Daardie oomblik het 'n belofte geword. 'n Belofte dat as God my ooit daardeur sou bring, ek die res van my lewe sou spandeer om die antwoord te wees op die gebed wat ek eendag op daardie strand gebid het. Want dit was nie God se plan met my nie.
Op 13 Maart 2026 het ek in Seed of Life Huis Cullinan ingetrek.
Toe ek die eiendom tydens die skoonmaak deurgegaan het en dwelmgerei en naalde van die grond af opgetel het, het ek nie wanhoop gevoel nie. Ek het vrede gevoel. Ek het geweet, dit is presies waar ek op hierdie oomblik veronderstel is om te wees.
Die gemeenskap het saamgestaan. Vrywilligers het opgedaag. En sonder staatsfondse, sonder 'n veiligheidsnet, net God, harde werk, en die vrygewigheid van mense wat in hierdie visie geglo het, het ons begin skoonmaak.
Ons bou 'n tuiste. 'n Plek van toevlug vir die haweloses, die verslaafdes, die finansieel gebrokenes, en dié wat eenvoudig hul pad verloor het. 'n Plek waar lewens herbou word, een dag op 'n slag.
Ons is nie klaar nie. Ons begin net. Hier plant ons die saad van hestel en restourasie!
Sal jy deel wil wees van wat God hier bou?
🌱 Ondersteun Projek Mosterdsaad en help ons 'n toekoms bou vir dié wat alles verloor het:
👉 https://www.backabuddy.co.za/campaign/project-mustard-seed-cullinan
Of skenk direk:
Bank Naam: Bank Zero Muatual Bank
Rekenng Naam: Seed of Life Collective
Rekening #: 8020 470 7574
Tak #: 888000
Verwysing: Jou naam + Cullinan
📍 Kom kuier by ons in Cullinan. Kom sien wat God hier doen.
📞 063 905 4665 | [email protected]
Michael Joubert
Seed of Life Collective NPC
Reg: 2024/625918/08 | NPO: 316-517