02/09/2026
Goeie nuus! Ons kliniek is vandag ń volle 2 jaar oud en ons groei nog steeds van dag tot dag...en dit is net te danke aan Darling se gemeenskap. Dit is vir ons ń voorreg om dankie te kan sê aan ieder en elk wat ons ondersteun of net kom hallo sê. Ons glo en vertrou dat ons nog jare vir julle van diens kan wees en die gesondheids ondersteuning kan gee wat jul nodig het. Dan ook baie dankie aan my twee wonderlike kollegas wat ons so ń lekker span maak om deur elke dag te kom. Baie groete en liefde van die Private PHC span.