19/02/2026
Beste Ouers
Weereens baie dankie vir die vertroue wat u in Namakwa Outistiese Skool stel deur u kind by ons in te skryf. Ons waardeer elke gesin wat deel vorm van ons skoolgemeenskap opreg.
Ons wil graag die volgende onder u aandag bring:
Ons werk uitsluitlik met kinders wat met outisme gediagnoseer is. Elke leerder wat by ons ingeskryf word, moet โn mediese verslag van โn gekwalifiseerde praktisyn voorsien wat die diagnose bevestig. Hierdie fokus maak dit moontlik om โn gestruktureerde, veilige en begripvolle omgewing te skep waar ons kinders gelukkig is en werklik floreer.
Ons is dankbaar om te sien hoe baie kinders reeds binne โn paar weke merkwaardige vordering toon in hul gedrag en aanpassing. Dit is vir ons โn voorreg om deel te wees van hul groei.
Ons wil egter ouers daarop wys dat u kind se vordering grootliks te danke is aan die spesialis-omgewing waarin hy/sy tans funksioneer โ tussen ander outistiese kinders, met konsekwente roetines en gestruktureerde ondersteuning. Dit beteken nie noodwendig dat dieselfde gedrag of vordering by ander instansies gehandhaaf sal word nie.
Sou u as ouer besluit om u kind by die skool te onttrek, staan dit u uiteraard vry om dit te doen. Dit is egter die beleid van Namakwa Outistiese Skool dat leerders wat onttrek word, nie weer later heringeskryf kan word nie. Die rede hiervoor is dat onderbrekings in roetine en omgewing dikwels โn negatiewe invloed op โn outistiese kind se stabiliteit en gedrag kan hรช.
Ons hoop op u begrip in hierdie verband en sien daarna uit om saam met u te werk tot voordeel van u kind.
Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning.
Vriendelike groete
Namakwa Outistiese Skool