28/07/2026
HOËRSKOOL VOORTREKKER
Vakkeuse
assessering
Elke leerder is uniek – met sy of haar eie sterkpunte, belangstellings, persoonlikheid en drome vir die toekoms. Daarom behoort vakkeuse nie bloot ’n besluit te wees oor watter vakke ’n leerder graag wil neem nie, maar ’n geleentheid om doelgerig oor die toekoms te d**k.
Deur middel van ’n vakkeuse assessering kry leerders waardevolle insig in hul vermoëns, belangstellings, persoonlikheidseienskappe en moontlike loopbaanrigtings.
Hierdie inligting kan hulle help om vakke te kies wat by hul individuele profiel en toekomstige doelwitte aansluit.
Ken jouself.
Verstaan jou moontlikhede.
Kies met jou toekoms in gedagte.