Suzanne Fourie Oudiologie

Suzanne Fourie Oudiologie Hearing Tests, Hearing aids and follow-up services delivered by qualified Audiologist.

Hearing tests, hearing aids, follow-up, batteries
Follow me on twitter

Lente. ’n Bos blomme. ’n Bietjie borrels. En ’n hele jaar later… 🥂Vandag vier ons nie net die begin van Lente nie, maar ...
01/09/2026

Lente. ’n Bos blomme. ’n Bietjie borrels. En ’n hele jaar later… 🥂

Vandag vier ons nie net die begin van Lente nie, maar ook 1 jaar in Sandhoogte Straat. 🎉 Een jaar vol luister, lag, nuwe herinneringe en natuurlik… baie ore!

Op nóg baie mooi jare in ons spesiale plekkie 🥂

Die beste tyd om aan jou gehoorapparaat se batterye te dink? Voor jy een nodig het.Daar is min dinge so ongerieflik soos...
31/08/2026

Die beste tyd om aan jou gehoorapparaat se batterye te dink? Voor jy een nodig het.

Daar is min dinge so ongerieflik soos om skielik te besef jou battery is pap — veral wanneer jy besig is met jou dag. ’n Ekstra pakkie batterye in die huis, handsak of motor beteken eenvoudig: jy’s gereed 😉

Klein dingetjie om aan te dink, groot verskil aan jou gemoedsrus.

📞 044 620 2427
⏰ 08h00 - 16h00 Ma, Di & Do, 08h00 - 13h00 Wo & Vr
📍 Winkel nr. 2, Milkwood Mews, hoek van Sandhoogte- en Langstraat, Grootbrak

Ons is reg vir die naweek 🇿🇦💚 En met die Springbokke wat Saterdag in Kaapstad speel, is daar sommer nóg meer rede om opg...
28/08/2026

Ons is reg vir die naweek 🇿🇦💚 En met die Springbokke wat Saterdag in Kaapstad speel, is daar sommer nóg meer rede om opgewonde te wees!

Trek jou groen en goud aan, kry jou stem reg en ondersteun die Bokke!

Van ons kant af: lekker naweek en kom ons hoop vir ’n groot Bokke-oorwinning! Is jy reg vir die naweek? 😎

Terwyl jy slaap, bly jou ore steeds geluide opvang. Dis jou brein wat besluit watter geluide belangrik genoeg is om jou ...
26/08/2026

Terwyl jy slaap, bly jou ore steeds geluide opvang. Dis jou brein wat besluit watter geluide belangrik genoeg is om jou wakker te maak – soos 'n baba wat huil of 'n alarm wat afgaan.

Nog 'n rede waarom ons ore elke dag so hard werk en hoekom ons hulle mooi moet oppas 💚

Kontak my regrus vir 'n afspraak as jy voel daar is iets wat jou pla. Ek is hier vir jou en vir jou ore.

📞 044 620 2427
⏰ 08h00 - 16h00 Ma, Di & Do, 08h00 - 13h00 Wo & Vr
📍 Winkel nr. 2, Milkwood Mews, hoek van Sandhoogte- en Langstraat, Grootbrak

Vanmiddag, Dinsdag, Woensdag én Donderdag aand is daar groot revuepret by Laerskool Voorentoe 🎶En hoewel ons mal is oor ...
24/08/2026

Vanmiddag, Dinsdag, Woensdag én Donderdag aand is daar groot revuepret by Laerskool Voorentoe 🎶

En hoewel ons mal is oor ’n lekker vertoning, kan die volume partykeer ’n bietjie “eerste ry langs die luidspreker” wees. 😅

As jy gehoorapparate dra, maak seker hulle is betyds reggestel vir die vertoning – en as jy jou ore ekstra wil bederf, kom loer gerus by Suzanne in vir oorproppies.

Want onthou: jy kry net een paar ore. Beskerm hulle goed 💚

📞 044 620 2427
⏰ 08h00 - 16h00 Ma, Di & Do, 08h00 - 13h00 Wo & Vr
📍 Winkel nr. 2, Milkwood Mews, hoek van Sandhoogte- en Langstraat, Grootbrak

Finansies is onder druk vir baie mense, ons verstaan dit. Met stygende koste orals snoei baie mense op hul gesondheid, i...
19/08/2026

Finansies is onder druk vir baie mense, ons verstaan dit. Met stygende koste orals snoei baie mense op hul gesondheid, insluitend gehoorsorg 👂 Maar swak gehoor beïnvloed jou werk, verhoudings en alledaagse lewe.

Daarom bied ons:
✅ Bekostigbare gehoortoetse en opsies
✅ Professionele advies om die regte keuses te maak
✅ ’n Belegging in jou gehoor is ’n belegging in jou toekoms

Maak gerus 'n afspraak, kom ons gesels - ons sit so lank die ketel aan.

📞 044 620 2427
⏰ 08h00 - 16h00 Ma, Di & Do, 08h00 - 13h00 Wo & Vr
📍 Winkel nr. 2, Milkwood Mews, hoek van Sandhoogte- en Langstraat, Grootbrak

Moderne gehoorapparate doen soveel meer as net klank versterk.Met Bluetooth tegnologie kan baie gehoorapparate direk aan...
17/08/2026

Moderne gehoorapparate doen soveel meer as net klank versterk.

Met Bluetooth tegnologie kan baie gehoorapparate direk aan jou selfoon, TV of selfs oproepe koppel 🎧 Dit beteken duideliker gesprekke, makliker luister en minder frustrasie in jou daaglikse lewe.

Tegnologie het ongelooflik ontwikkel en ons help jou graag om die regte oplossing vir jou leefstyl te vind. Maak gerus 'n afspraak, kom ons gesels.

📞 044 620 2427
⏰ 08h00 - 16h00 Ma, Di & Do, 08h00 - 13h00 Wo & Vr
📍 Winkel nr. 2, Milkwood Mews, hoek van Sandhoogte- en Langstraat, Grootbrak

Goeie rus is nie onderhandelbaar in vandag se lewe nie. Ons maak pasgemaakte slaap-proppe wat perfek by jou ore pas – sa...
14/08/2026

Goeie rus is nie onderhandelbaar in vandag se lewe nie. Ons maak pasgemaakte slaap-proppe wat perfek by jou ore pas – sag, gemaklik en ideaal vir ’n stil nag.

Laat jou ore deur die beste versorg word. In ’n wêreld vol geraas, kies gerus vir kwaliteit, gemak en stilte wat saak maak 💚

📞 044 620 2427
⏰ 08h00 - 16h00 Ma, Di & Do, 08h00 - 13h00 Wo & Vr
📍 Winkel nr. 2, Milkwood Mews, hoek van Sandhoogte- en Langstraat, Grootbrak

Jy kan gehoorverlies hê...sonder dat jy dit besef.Gehoorverlies gebeur gewoonlik baie geleidelik. Jou brein raak só gewo...
11/08/2026

Jy kan gehoorverlies hê...sonder dat jy dit besef.

Gehoorverlies gebeur gewoonlik baie geleidelik. Jou brein raak só gewoond daaraan dat jy eers later besef sekere klanke ontbreek.

Dis juis waarom gereelde gehoortoetse so waardevol is. Wanneer laas het jy joou ore laat toets? Maak sommer vandag 'n afspraak.

📞 044 620 2427
⏰ 08h00 - 16h00 Ma, Di & Do, 08h00 - 13h00 Wo & Vr
📍 Winkel nr. 2, Milkwood Mews, hoek van Sandhoogte- en Langstraat, Grootbrak

Ons dink dikwels aan ons oë wat moeg raak, maar ons ore werk ook heeldag.As jy lank aan harde geraas blootgestel word, g...
07/08/2026

Ons dink dikwels aan ons oë wat moeg raak, maar ons ore werk ook heeldag.

As jy lank aan harde geraas blootgestel word, gee jou ore kans om te herstel deur vir 'n rukkie stilte op te soek. Jou gehoor sal jou daarvoor bedank 💚

📞 044 620 2427
⏰ 08h00 - 16h00 Ma, Di & Do, 08h00 - 13h00 Wo & Vr
📍 Winkel nr. 2, Milkwood Mews, hoek van Sandhoogte- en Langstraat, Grootbrak

Address

Hoek Van Sandhoogtepad En Langstraat
Groot-Brakrivier
6525

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 13:00

Telephone

+27446202427

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Suzanne Fourie Oudiologie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Suzanne Fourie Oudiologie:

Shortcuts

Share

Category