Talita Koemi clinic Kroonstad

Talita Koemi clinic Kroonstad Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Talita Koemi clinic Kroonstad, Medical and health, Turner str 30, Kroonstad.

Die storie van n kliniekboek.  Hierdie foto vertel so baie.  Ek was die enigste verpleegkundige wat hierdie baba gevaksi...
27/08/2026

Die storie van n kliniekboek. Hierdie foto vertel so baie. Ek was die enigste verpleegkundige wat hierdie baba gevaksineer het vanaf sy geboorte af. Dis baie raar wat daar net een persoon se handtekening is vanaf geboorte tot en met 6 jaar. Hierdie maak my nederig. Dat 'n mamma haar kind elke keer weer na my toe terugbring.

Onthou van jou kind se vaksinering op 6 jaar en 12 jaar.  Ek doen dit alles hier in die kliniek.  Kontak my gerus vir n ...
24/08/2026

Onthou van jou kind se vaksinering op 6 jaar en 12 jaar. Ek doen dit alles hier in die kliniek. Kontak my gerus vir n afspraak. Sr Jorietha

24/08/2026
21/07/2026

Exciting things are happening in Kroonstad! 🩺💙

It is always a privilege to work alongside dedicated colleagues who inspire, motivate, and support one another. Teamwork truly makes quality healthcare possible!

The NFS Caregivers Kroonstad team transformed the Naudé Hall into a welcoming medical centre, offering a range of professional healthcare services under one roof:

👁️ Dr Macala – Ophthalmologist
Supported by Julia Nthoesane and Slenda Mahlatsi

👶 Talita Koemi clinic Kroonstad
Jorietha Heymans – Professional Nurse
• Baby immunisations
• Women's health
• Antenatal care & prenatal classes

🧠 Karabo Mamooale – Clinical Psychologist (Tel: 0605053480)
• Mental health and wellness

🎗️ Dr Erasmus & Dr Cronjé – Oncologists

🥗 Christelle Hoffman Dietitian
• InBody body composition assessments
• Weight management
• Diabetes care
• Personalised nutrition counselling

We are proud to serve the Kroonstad community by making quality, multidisciplinary healthcare more accessible.

Together, we're helping our community thrive—one patient at a time. 💚

'sHealth

Enige seuntjie se droom.  Handgemaakte houtgewere wat skiet met rekkies!  Nou beskikbaar by die kliniek
21/07/2026

Enige seuntjie se droom. Handgemaakte houtgewere wat skiet met rekkies! Nou beskikbaar by die kliniek

28/06/2026

Ek wil n stuk van my lewe met julle deel. Dit druk regtig op my hart en net dalk maak dit vir iemand n verskil. Ek is heel eerste in my lewe n mamma vir my 3 kosbare seuntjies. Hulle het nog altyd baie ver bo werk of 'n beroep en geld of enige iets anders gekom. My lewe is rondom hulle beplan. Mammawees het nie net sommer vir my natuurlik gekom nie. Daar was baie trane, geld en dokters betrokke gewees, maar God is goed en Hy het my kom sëen met 3 kosbare, wyd uiteenlopende manne. Ek ken ook die kant van verlies en baie vroeg gebore babatjies. Ek het daardie pad self gestap, maar God was veel groter as dit en vandag is ek die Mamma van 3 Jong manne! My liefde vir babatjies en swangermamma's en kankerpasiente het nog altyd hand aan hand saamgeloop. Dit is deel van my DNA en dit gee vir my groot Vreugde. In Kroonstad is ek trots daarop om deel te wees van die Northen freestate Caregivers. Ons kyk na terminale kankerpasiente. In die oggend sien ek my babatjies en in die middae en nagte die kankerpasiente.
Ek.plaas n baie hoë verwagting op respek en genade vir mekaar. Ek is en was nog nooit laat vir n afspraak nie, want sien, jy is vir my belangrik.
In die babakliniek word jou baba se volgende afspraak onmiddelik gemaak op die dag wat vir jou sal werk. Dit word in die baba se kliniekkaart op bl 2 aangeteken. Dit word bevestig met n sms die dag voor die afspraak, sowel as die oggend van die afspraak. Ek probeer almal akkomodeer en help op.n tyd wat vir ons almal sal werk.
Dit bring my by die afgelope Vrydag. Ek het n afspraak met n baba gehad vir 07h30. Ek moet vroëer kliniek toe gaan om die mamma te kan help want dan is sy nog betyds vir haar werk. Al die nodige prosesse is gevolg.
Een van ons kankerpasiente word baie siek Donderdagnag. Ek sien haar net voor 07h00 Vrydagoggend.die kankerpad is n ontsettende spesiale pad. Min mense word daarop toegelaat en respek en vertroue en menswaardigheid is vir ons alles.
Ek sien die angs in haar oë. Ek neem haar hand en praat moed in. Gee pyngoed. My oog vang die horlosie. 07h30. Ons het baie bekwame personeel wat na haar kyk maar my hart wil haar nie los nie.
Ek het n afspraak wat 3 keer bevestig is vir 07h30. Ek moet net gou ry en sy word mooi na gekyk. Emosioneel is dit vir my swaar want pasiente bly nooit net nog n pasient nie. 07h30 sluit ek die kliniek oop. Die ouers en baba vir die 07h30 is nog nie daar nie. Ons kankerpasient se ogies wil my nie los nie. Ons stap hierdie pad al so lank. Daar is n fantasies groep mensewat na haar omsien, maar ek is nie daar nie. Ek bel die ouers om te hoor waar hulle is. Geen antwoord. My volgende afspraak is 08h30. Ek bel weer. Geen antwoord.
Hulle het nooit opgedaag of eers n telefoonoproep geantwoord nie! My hart is kwaad en my hart is seer en my hart is verdeeld!
Ek doen so alles in my om jou te kan help en skielik is een oproep net nie moontlik om te maak nie.
Hoe werk dit?
Lewe ons regtig net so vir onsself?
Liewe ouer. Al jou geld sou Vrydag vir my niks beteken het nie. Ek huil nie daaroor nie. Ek huil oor n pasient waarby ek nie kon wees nie. Ek hou so by afspraaktye want dis n belofte om daar te wees. Maar vir jou is om net nie op te daag nie maar reg. Om nie jou foon te antwoord nie is ok.
Dis my hart vanaand.
Groete. Van n Mamma, ' n Mediese suster wat se foon nooit afgeskakel is nie. 'n vriendin vir iemand wat my nodig het. 'n Oor wat altyd luister en n hart wat teen alle logika nogsteeds alles probeer verstaan.

08/05/2026
My matching baby of Wednesdag!
07/05/2026

My matching baby of Wednesdag!

14/04/2026

Voorgeboorteklasse
Nuwe kursus begin
20 April 2026
Kontak 0824388438 vir meer inligting

Address

Turner Str 30
Kroonstad
9499

Opening Hours

Monday 07:30 - 13:00
Tuesday 07:30 - 13:00
Wednesday 07:30 - 13:00
Thursday 07:30 - 13:00
Friday 07:30 - 13:00

Telephone

+27824388438

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Talita Koemi clinic Kroonstad posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Talita Koemi clinic Kroonstad:

Share