Anmor Funerals Begrafnisse

Anmor Funerals Begrafnisse Ons doen begrafnisse en verassings. Ons Christelike karakter, liefdevolle en passievolle benadering

Affordable Funeral Cover for Domestic EmployeesEnsure financial support is available when it matters most with the Anmor...
07/08/2026

Affordable Funeral Cover for Domestic Employees

Ensure financial support is available when it matters most with the Anmor Domestic Employee Funeral Assistance Plan.

For only R50 per month you will receive R10 000 Funeral Cover.

• Professionally administered by Genlife Financial Services
• Underwritten by Safrican

For more information or to apply:

📱 WhatsApp: 084 036 1251
☎️ Tel: 011 660 2219
📧 Email: [email protected]

Anmor Funerals
Celebrating a life once lived.

'n Gedagte wat ek graag wil deel. Jy mag vir ewig hartseer wees en ween oor 'n geliefde wat gesterf het. Daar is NIE 'n ...
04/08/2026

'n Gedagte wat ek graag wil deel. Jy mag vir ewig hartseer wees en ween oor 'n geliefde wat gesterf het. Daar is NIE 'n tyd aan gekoppel nie.

We are there when you need us.
22/07/2026

We are there when you need us.

Because every farewell deserves to be filled with love, not financial stress. ❤️At Anmor Funerals, we understand that sa...
16/07/2026

Because every farewell deserves to be filled with love, not financial stress. ❤️

At Anmor Funerals, we understand that saying goodbye to a loved one is one of life's most difficult moments. Our compassionate team is here to walk alongside you with dignity, care, and affordable funeral solutions that honour every life.

We offer professional assistance with cremations from R9,900, while providing the support and guidance your family needs every step of the way.

🕊️ Compassionate service
🕊️ Available 24 hours a day
🕊️ Affordable funeral and cremation assistance
🕊️ Honouring lives with dignity and respect

Honouring Lives • Supporting Families • Celebrating Memories

📞 Contact us today: 084 703 2838

📧 [email protected] | [email protected]

Or visit our website:

https://cremateme.co.za/our-services/

Because every farewell deserves to be filled with love, not financial stress. ❤️At Anmor Funerals, we understand that sa...
16/07/2026

Because every farewell deserves to be filled with love, not financial stress. ❤️

At Anmor Funerals, we understand that saying goodbye to a loved one is one of life's most difficult moments. Our compassionate team is here to walk alongside you with dignity, care, and affordable funeral solutions that honour every life.

We offer professional assistance with cremations from R9,900, while providing the support and guidance your family needs every step of the way.

🕊️ Compassionate service
🕊️ Available 24 hours a day
🕊️ Affordable funeral and cremation assistance
🕊️ Honouring lives with dignity and respect

Honouring Lives • Supporting Families • Celebrating Memories

📞 Contact us today: 084 703 2838

📧 [email protected] | [email protected]

Or visit our website:

https://cremateme.co.za/our-services/
www.anmor.co.za

Iets om oor na te d**k
13/07/2026

Iets om oor na te d**k

GeleenWhat we see isn't always the whole story....
08/07/2026

Geleen

What we see isn't always the whole story....

18/06/2026

GELEEN.

Hoe gaan jy aan na iemand weg is?

Niemand leer jou hoe nie.

Niemand waarsku jou dat die wêreld na die begrafnis sy tekkies aantrek en aan stap sonder om vir jou te wag nie.

Hulle druk jou skouer. Hulle bring lasagne. Hulle sê woorde wat goed bedoel is, al pas dit nêrens nie.

"Sterkte." "Tyd sal help." "Hy is op 'n beter plek."

Jy knik.

Nie omdat jy saamstem nie. Omdat jou mond nie meer weet hoe om met mense te werk nie.

Die wêreld doen na 'n dood iets onbeskofs.

Hy hou aan.

Die ketel klik. Die hond krap by die deur. Iemand post 'n foto van pannekoek. By die verkeerslig verkoop 'n man weer sokkies en avokado's, asof die heelal nie vanoggend skeef op sy as lê nie.

Jy staan daar met jou hart in jou hande en die kassier vra: "Cash or card?"

Cash or card?

My mens is dood. Ek weet nie eers meer watter dag dit is nie.

Rou is nie net hartseer nie. Hartseer klink amper ordentlik. Rou is meer soos 'n huis waarin al die meubels nog daar is, maar iemand het die dak afgehaal.

Alles lyk bekend. Niks beskerm jou meer nie.

Jy huil oor goed wat dom lyk.

'n Lepel. 'n Nota op 'n yskas. 'n Stukkie seep. Daai ou voicenote wat net sê: "Bel my gou."

Jy speel hom vyf keer. Dan ses. Dan los jy hom, want skielik klink "gou" soos 'n land waarheen jy nooit weer kan teruggaan nie.

Die oggend is die ergste.

Daai eerste sekonde wanneer jy wakker word en jou brein nog nie die nuus gekry het nie. Vir een asem is die wêreld nog heel.

Toe val alles weer op jou.

O ja. Hulle is weg.

Jy verloor hulle nie een keer nie. Jy verloor hulle by die wasbak. By die hek. In die gang. In Pick n Pay voor die beskuit. Op 'n gewone Donderdag wanneer niks die reg gehad het om seer te maak nie.

Hoe gaan jy dan aan?

Sleg.

Dis die eerlike antwoord.

Jy gaan sleg aan. Half kwaad. Half verlore. Met hare wat gewas moet word en boodskappe wat jy nie kan antwoord nie.
Jy maak koffie. Jy vergeet dit op die toonbank. Jy maak weer koffie. Jy drink twee slukke en dit proe soos karton met berou.

Jy stort. Nie omdat jy dapper is nie. Omdat jou lyf begin ruik soos iemand wat moed opgegee het.

Jy trek skoene aan. Jy haal asem. Jy maak 'n deur oop. Jy maak hom weer toe.
Dis nie heldhaftig nie. Dis net oorleef in klein, lelike porsies.

Mense sê jy moet aanbeweeg.

Mense sê baie goed as hulle nie weet wat om met stilte moet doen nie.

Jy beweeg nie aan nie. Jy leer net hoe om plek te maak vir iemand wat nie meer plek vat nie.

Dis die wreedheid van dood.

Hy vat die mens. Hy los die gewoontes.

Die koppie bly. Die stoel bly. Die "laat weet as jy veilig is" bly in jou lyf soos 'n alarm wat niemand kan afsit nie.

Liefde verdwyn nie saam met die asem nie.

Sy bly agter. Hardkoppig. Ongemaklik. Soms mooi. Soms 'n mes met 'n familienaam op.

Party dae lag jy. Dan voel jy sleg.

Moenie.

Jou lag is nie verraad nie. Dis net jou hart wat vir 'n oomblik sy kop by die venster uitsteek om te kyk of daar nog lug is.

Dood vat baie.

Hy vat stemme. Hy vat hande. Hy vat die manier waarop iemand jou naam gesê het asof jy nie 'n probleem was nie.

Hy vat nie alles nie.

Hy kry nie die liefde heeltemal uit die huis nie.

Sy kruip weg in klein goed. In 'n reuk. In 'n sin. In jou hande wanneer jy iets doen soos hulle dit sou doen. In die belaglike oomblik wat jy iets snaaks wil stuur en dan onthou daar is nie meer 'n nommer wat teruglag nie.

Dis hoe jy aan gaan.

Nie skoon nie. Nie rustig nie. Nie soos 'n mens op 'n boekomslag wat by 'n venster staan en vrede kry nie.

Meer soos iemand wat by die wasbak staan met tandepasta in sy mond en skielik moet hurk, omdat 'n naam van binne af aan hom kom klop het.

Jy gaan aan met hulle saam.

Nie agter jou nie. Nie verby jou nie.

Saam.

Soos 'n onsigbare hand tussen jou skouerblaaie.

Party dae druk dit jou vorentoe. Party dae druk dit jou plat.

Steeds is dit liefde.

Net sonder voetstappe. Net sonder sleutels by die deur. Net sonder 'n stem wat sê: ek is hier.

Jy is hier.

Dis nou die swaar deel.

Jy moet namens julle bly leef.

©️ -edb- 2026

10/05/2026

My beste mooiste Mamma.
Lief Mammie so baie.

This is what grief is.A hole ripped through the very fabric of your being.The hole eventually heals along the jagged edg...
26/03/2026

This is what grief is.
A hole ripped through the very fabric of your being.
The hole eventually heals along the jagged edges that remain. It may even shrink in size.
But that hole will always be there.
A piece of you always missing.
For where there is deep grief, there was great love.
Don’t be ashamed of your grief.
Don’t judge it.
Don’t suppress it.
Don’t rush it.
Rather, acknowledge it.
Lean into it.
Listen to it.
Feel it.
Sit with it.
Sit with the pain. And remember the love.
This is where the healing will begin.

Address

165 Commissioner Street
Krugersdorp
1739

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Anmor Funerals Begrafnisse posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share