Huis de Kuilen Kuilsrivier

Huis de Kuilen Kuilsrivier At Huis de Kuilen, we provide a safe, caring environment where the elderly can enjoy the best possible quality of life – physically, mentally, and emotionally.

09/08/2026

Shout out to my newest followers! Excited to have you onboard! Andriesa Jacobs, Charlene Joubert, Frikkie Conradie, Phelokazi Mbengwana, Daywene Ashné Samuels, Mandy Linden, Sone Coetzer, Melissa Witbooi, Loretta Klink, Marina van der Merwe, Zikhona Khosh, Lynden Leshay, Aisha Faro, Magdelen Visser, Aletia Joseph, Bullet Fomo, Yolanda Pretorius

Vandag vier ons 'n baie spesiale verjaarsdag! Baie geluk tannie Barnard. mag dit n geseende jaar wees. 'n hele 104 jaar ...
09/08/2026

Vandag vier ons 'n baie spesiale verjaarsdag! Baie geluk tannie Barnard. mag dit n geseende jaar wees. 'n hele 104 jaar jonk

Baie dankie, Nota Bene Skool!Ons wil graag ons opregte dank uitspreek aan die leerders en personeel van Nota Bene vir di...
07/08/2026

Baie dankie, Nota Bene Skool!

Ons wil graag ons opregte dank uitspreek aan die leerders en personeel van Nota Bene vir die heerlike cupcake-bederf waarmee julle ons vroulike inwoners vandag ter viering van Vrouedag verras het. Hulle het die soethappie so geniet.

Vanoggend het ons Dienssentrum 'n heerlike ontbyt by Wimpy Soneike geniet.Baie geluk ook aan een van ons lede, Sandra, w...
06/08/2026

Vanoggend het ons Dienssentrum 'n heerlike ontbyt by Wimpy Soneike geniet.

Baie geluk ook aan een van ons lede, Sandra, wat vandag haar verjaarsdag vier! Ons wens jou 'n wonderlike jaar vol seën, gesondheid en vreugde toe.

'n Groot dankie aan Trudie en Kevin vir julle vriendelike, flinke diens en al die bederfies. Julle gasvryheid word opreg waardeer, en ons ondersteun julle altyd met graagte.

27/07/2026
27/06/2026

With Huis de Kuilen Kuilsrivier – I just made it onto their weekly engagement list by being one of their top engagers!

KERRIEHOENDER ROTI TE KOOP! Moenie hierdie smaaklike geleentheid misloop nie!Huis de Kuilen verkoop heerlike Kerriehoend...
18/06/2026

KERRIEHOENDER ROTI TE KOOP!

Moenie hierdie smaaklike geleentheid misloop nie!

Huis de Kuilen verkoop heerlike Kerriehoender Roti's vir slegs R45 elk. Perfek vir middagete, aandete of sommer net omdat jy lus is vir iets lekker!

📅 Afhaal: Vrydag, 3 Julie 2026
⏰ Tussen: 10:00 en 12:00
📍 Huis de Kuilen, 5 Skoolstraat, Kuilsrivier

📝 Bestellings sluit op 1 Julie 2026

📞 Plaas jou bestelling vandag nog by 021 903 7055 of stuur 'n e-pos na [email protected]

💳 Betaling kan per kontant of EFT geskied.

Dinsdag het van die lede van die Simfonie Dameskring Huis de Kuilen besoek om vir elke personeellid 'n spesiale pakkie t...
17/06/2026

Dinsdag het van die lede van die Simfonie Dameskring Huis de Kuilen besoek om vir elke personeellid 'n spesiale pakkie te oorhandig as teken van waardering vir die werk wat hulle daagliks doen.

Die pakkies is namens die Dameskring deur Marlene Kruger, René Ferreira, Karien Kleynscheldt, Marétha van Wyk en Ruan Kleynscheldt oorhandig. Hoewel nie al die lede van die Dameskring teenwoordig kon wees nie, was hierdie besondere gebaar namens die hele groep.

Ons wil die Simfonie Dameskring opreg bedank vir hul liefde, omgee en ondersteuning. Julle het nie net ons personeel bederf nie, maar ook hul harte aangeraak en hulle opnuut laat besef hoe waardevol hul diens is. Julle gebaar het hulle bemoedig, bemagtig en herinner dat die verskil wat hulle elke dag in die lewens van ons inwoners maak, raakgesien en opreg waardeer word.

Address

5 School Street
Kuils River
7580

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:30 - 16:30
Friday 08:00 - 16:30

Telephone

+27219037055

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huis de Kuilen Kuilsrivier posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Huis de Kuilen Kuilsrivier:

Shortcuts

Share