28/07/2026
Ons harte loop vandag oor van dankbaarheid. 'n Opregte en groot dankie aan Jacqueline Jones vir haar ongelooflike ruimhartigheid en liefde. Vandag het sy hierdie wonderlike skenking gemaak aan Huis van Liefde en ons Crèche.
Van KFC, koeldranke, lekkernye en vrugte tot soveel ander benodigdhede. Sy het ook 'n kontant skenking van R10 000 gegee vir die aankope van handdoeke en lakens vir Huis van Liefde. Elke item is 'n tasbare herinnering dat daar steeds mense is wat omgee en bereid is om 'n verskil te maak in ander se lewens.
By Huis van Liefde beteken dit soveel vir ons inwoners om te weet dat hulle nie vergeet word nie. En vir ons klein maatjies by die Crèche gaan hierdie bederf groot glimlagte op baie gesiggies bring.
Jacqueline, dankie dat jy jou hart oopgemaak het en met soveel liefde gegee het. Mag die Here jou en jou gesin ryklik seën vir elke daad van goedheid. Ons bid dat Hy dit honderdvoudig aan jou sal teruggee.
Baie, baie dankie namens die inwoners van Huis van Liefde, ons kinders by die Crèche en elke personeellid. Ons waardeer jou meer as wat woorde kan beskryf 🤍🌸