Healing Hearts (Renee Buscop)

Healing Hearts (Renee Buscop) Ek werk Aanlyn en op kantoor om vroue, kinders en gesinne na groei en heelheid te begelei. Die volgende dienste word gelewer:
1.

Terapie met kinders (Play Therapy) met ouerleiding.
2. DISC Persoonlikheidsprofiele - vir beter begrip van mekaar en verhoudingsbou.
3. Emosionele Intelligensie - om lewensvaardighede uit te bou.
4. Gebedsterapie vir geestelike groei in jou verhouding met God.

Ons moet so dikwels WAG en ek het ervaar dat God in hierdie tye vir my baie dinge leer en dat daar so baie dinge gebeur ...
17/08/2026

Ons moet so dikwels WAG en ek het ervaar dat God in hierdie tye vir my baie dinge leer en dat daar so baie dinge gebeur wat ek nog nie kon sien nie.

Ek het geduld geleer deur nie vooruit te probeer hardloop in my gedagtes nie.

Vertroue het van my besit geneem deur in die onsekerheid te bly glo dat dinge goed sal uitwerk, al sien ek nie hoe nie.

Hoop het altyd gebly in die verwagting vir die goeie wat in my hart bly brand het.

God het my geleer om beheer van die uitkoms van alles aan Hom oor te laat.

Ek het geleer om te volhard in wat ek besig was om te doen en leef wanneer die wagtyd lank word en ook om te onderskei tussen doen en net rus in God se voorsiening.

Wagtye het my ook laat groei voordat omstandighede verander het en terselfdertyd is ek gereed gemaak vir die pad wat voor my lê.

Juis daarom wil ek jou wat in ‘n wagtydperk in jou lewe staan bemoedig. Die Here loop die pad vooruit en Hy is alreeds daar waarheen jy nog op pad is om alles vir jou gereed te maak.
Reneé Buscop

My blog inskrywing oor VERGIFNIS. Ek vertrou dat dit jou sal help genees.
29/07/2026

My blog inskrywing oor VERGIFNIS. Ek vertrou dat dit jou sal help genees.

VERGIFNIS - beteken nie dat onreg nie plaasgevind het nie, maar dit maak jou gesond van jou pyn. Sommige wonde lê baie diep — wonde van verwerping, onreg, teleurstelling of moeilike omstandighede. Ons probeer soms aangaan asof dit nie so erg was nie. Ons glimlag, funksioneer en doen wat gedoen mo...

Geniet my nuwe blog oor grense
25/07/2026

Geniet my nuwe blog oor grense

Om afstand van sekere mense te neem, gaan nie noodwendig oor haat, jaloesie of onvergewensgesindheid nie, maar dikwels bloot oor verskillende waardes, ingesteldhede en lewensrigtings. Sommige mense neem nie verantwoordelikheid vir hul eie groei nie en verwag dat ander altyd by hulle moet aanpas. And...

Vandag se inskrywing op my blog. Mag dit jou seën
25/07/2026

Vandag se inskrywing op my blog. Mag dit jou seën

Ons liefde moenie net uit woorde bestaan nie, maar uit dade.

Geniet hierdie blog. Mag ons vandag genade vind om onsself deur God se oë te sien
19/07/2026

Geniet hierdie blog. Mag ons vandag genade vind om onsself deur God se oë te sien

Ons Here ken ons beter as onsself.

Jy is nie wat jy DOEN nieGeniet my blog.
18/07/2026

Jy is nie wat jy DOEN nie
Geniet my blog.

Ek is nie wat ek doen nie. Van kleins af leer ons maklik dat ons waarde lê in wat ons doen. Goeie gedrag word beloon, harde werk word raakgesien en ons begin glo dat ons liefde en aanvaarding moet verdien. Maar hoe harder ons probeer bewys dat ons genoeg is, hoe verder skuif “genoeg” weg. Rut h...

🌿 KLEIN MENSE, GROOT EMOSIES 🌿’n Geselsoggend saam met Reneé Buscop – Spelterapeut en ervare begeleier van kinders en ou...
10/07/2026

🌿 KLEIN MENSE, GROOT EMOSIES 🌿

’n Geselsoggend saam met Reneé Buscop – Spelterapeut en ervare begeleier van kinders en ouers.

Voel jy soms moeg, onseker of oorweldig deur jou peuter of kleuter se emosies?

Dalk wonder jy…
• Hoekom kry my kind sulke groot emosies?
• Hoe hanteer ek woedebuie sonder om self moed te verloor?
• Hoe help ek my kind om by ’n boetie of sussie aan te pas?
• Hoe leer ek my kind om gesonde verhoudings met maatjies te bou?
• Is my kind se gedrag normaal… of moet ek bekommerd wees?

As hierdie vrae al deur jou kop gegaan het, is hierdie oggend vir jou.

Kom geniet ’n ontspanne, praktiese en bemoedigende geselsoggend saam met ander mammas van kinders tussen 1 en 6 jaar. Ons gaan saam gesels oor die alledaagse uitdagings van hierdie kosbare lewensfase, en jy gaan huis toe met nuwe insig, praktiese hulpmiddels en vars moed vir die pad vorentoe.

💛 Reël dat Pappa, Ouma of iemand anders daardie oggend na die kinders kyk en gee jouself drie ure om in jouself én jou gesin te belê. Jy verdien dit.

☕ Verversings is ingesluit.

📅 Saterdag 1 Augustus 2026
🕤 09:30 – 12:30
📍 10 Charlweg, Lichtenburg
💰 R100 per persoon

📞 RSVP voor 24 Julie 2026
Reneé – 083 967 7110

🌸 Plekke is beperk om genoeg tyd vir persoonlike vrae en gesprek te gee. Bespreek vroeg om teleurstelling te voorkom.

“Wanneer ons ons kinders se emosies beter verstaan, verander ons nie net hul gedrag nie – ons bou aan hul hart.” ❤️

Lees gerus - God verlang die goeie in my lewe - op my blogGeniet 'n wonderlike week
06/07/2026

Lees gerus - God verlang die goeie in my lewe - op my blog
Geniet 'n wonderlike week

God verlang die goeie in my lewe Ek het uit God se oorvloed ontstaan. Nie omdat ek dit verdien het nie. Nie omdat ek alles reg doen of al die regte geloofsantwoorde het nie. Maar omdat God oorvloed as boumateriaal gebruik. Die God wat sterrestelsels vorm, wat die heelal met Sy asem uitsprei, het mý...

Ek het al deur baie seisoene in my lewe gegaan — seisoene van wag,seisoene van onsekerheid,seisoene van pyn.Dan het ek m...
04/07/2026

Ek het al deur baie seisoene in my lewe gegaan —
seisoene van wag,
seisoene van onsekerheid,
seisoene van pyn.

Dan het ek meestal gewonder of God my raaksien en of my gebede ooit beantwoord sal word.

Maar vandag weet ek: God werk dikwels die diepste wanneer ek dit die minste verwag of ervaar.

Miskien is jy ook in ’n seisoen waar jy wag vir genesing, herstel, antwoorde of ’n deur wat moet oopgaan. Hou moed. God gaan jou nie in hierdie seisoen los nie.

Hou aan glo, vertrou en stap. God mors nooit met jou pyn nie. Hy gebruik dit om jou te vorm en voor te berei om dit wat nog voorlê op jou lewenspad met geloof te kan hanteer.

Jy hoef nie perfek te wees of jou waarde te bewys nie. Wees net beskikbaar en bereid om gehoorsaam te wees.

Jy is genoeg, nie omdat jy alles reg doen nie, maar omdat God jou geskep het, jou ken en jou liefhet.

Jou nuwe seisoen sal kom. En wanneer jy terugkyk, sal jy besef dat God die hele tyd saam met jou gestap het. En soos op hierdie foto verskyn daar onverwags ‘n blom vanuit die afgekapte stomp.

Wanneer skuldgevoel eintlik iemand anders se teleurstelling isVoel jy maklik skuldig wanneer jy ’n grens stel?Baie van o...
03/07/2026

Wanneer skuldgevoel eintlik iemand anders se teleurstelling is

Voel jy maklik skuldig wanneer jy ’n grens stel?

Baie van ons het geleer dat dit selfsugtig, hard of liefdeloos is om nee te sê. Daarom voel ons dikwels sleg wanneer iemand teleurgesteld is in ons besluit. Maar nie elke ongemaklike gevoel is skuld nie.

Wanneer jy vir jou kind nee sê vir nog skermtyd, ’n later slaaptyd of ’n ekstra lekkerny, en jou kind is ongelukkig daaroor, beteken dit nie dat jy iets verkeerd gedoen het nie. Jy voel dalk nie skuldig omdat jy verkeerd opgetree het nie. Jy probeer moontlik net jou kind se teleurstelling namens hom of haar dra.

Daar is ’n belangrike verskil tussen skuld en ongemak.

Ware skuld kom wanneer my optrede nie ooreenstem met my waardes nie. Wanneer ek byvoorbeeld ongeduldig raak, lelik praat of op iemand skree, kan die skuldgevoel my help om stil te staan en eerlik na myself te kyk.

Wat het binne my gebeur?

Was ek moeg, oorlaai of emosioneel uitgeput? Het ek te lank gewag om ’n grens te stel? Het ek iets nodig gehad, maar nie geweet hoe om dit uit te spreek nie?

Skuld hoef nie ’n vonnis te wees nie. Dit kan ’n sagte waarskuwing wees dat iets in my hart of lewe aandag nodig het. Dit kan my teruglei na herstel, groei en verantwoordelikheid.

Maar wanneer ek ’n gesonde grens stel en die ander persoon is teleurgesteld, is dit nie noodwendig skuld wat ek voel nie. Dit is dikwels bloot ongemak omdat hulle ongemaklik is.

Dit is moeilik om iemand vir wie jy lief is, teleurgesteld te sien. Ons wil graag die vrede bewaar. Ons wil graag hê almal moet gelukkig wees met ons. Tog beteken liefde nie dat ons altyd ja moet sê nie.

Gesonde liefde het ook grense.

Mense hoef nie van jou grense te hou voordat jou grens reg is nie. Jou kind mag teleurgesteld wees. Jou lewensmaat mag nie met jou saamstem nie. ’n Familielid mag ongelukkig wees. Hulle gevoelens is geldig, maar dit beteken nie dat jy daarvoor verantwoordelik is nie.

Jy kan empatie hê sonder om hulle emosies oor te neem.

Jy kan sê:

“Ek verstaan dat jy teleurgesteld is.”

Address

10 Charl Road And Online Sessions
Lichtenburg
2740

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 13:00

Telephone

0839677110

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Healing Hearts (Renee Buscop) posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Healing Hearts (Renee Buscop):

Share