07/09/2026
Die geloof van 'n kind & opregte hartjies.
Gisteraand tot vroeg-oggend in die gange van die hospitaal... Met 'n rowwe storm by die huis & die kleintjies wat kort-kort bel om te hoor hoe laat kom ons huis toe.
Om eerlik te wees, op 'n stadium was ek self ongemaklik met die pad sonder ligte, geen karre. Net ek in die kar, doodmoeg. En my "safe place" het by ongevalle agter gebly.
Op pad huis toe wéét ek dat Nadia histeries van vrees wag. Sonder twyfel na 10 oproepe in die laaste uur.
Vandag hoor sy almal praat van die "Geel Vlak 2 waarskuwing" - Hael is oppad! Nadia is dadelik paniekerig en soek net vir Pappa.
En met dit, sê Amoré vir die soveelste keer met 'n stemmetjie vol sekerheid: "Julle weet... Jesus kan ENIGE IETS verander". En sy is dans-dans by ons weg.
Dit is skuins voor 22:00. Geen wolkie in sig nie. Nie 'n blaar wat roer nie. Nie eers karre wat die straat af jaag nie. Net vrede. Bonatuurlike rustigheid.
Aldo word môre opereer vir 'n breuk. Hy is heeltemal fine & homself. Ons trek swaar by die huis, want die gelag wat die huis deur weergalm van grappies & speel is op 'n much needed time out - horrible, maar nou word hy forseer om te rus.
Al 4 ons kinders se geloof & verhouding met Abba bederf ons só.
My hart begeer om weer die geloof van 'n kind te hê!