Lamodea - Stadig Haastig Oppad

Lamodea - Stadig Haastig Oppad Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Lamodea - Stadig Haastig Oppad, Lynnwood.
(1)

Die geloof van 'n kind & opregte hartjies. Gisteraand tot vroeg-oggend in die gange van die hospitaal... Met 'n rowwe st...
07/09/2026

Die geloof van 'n kind & opregte hartjies.
Gisteraand tot vroeg-oggend in die gange van die hospitaal... Met 'n rowwe storm by die huis & die kleintjies wat kort-kort bel om te hoor hoe laat kom ons huis toe.
Om eerlik te wees, op 'n stadium was ek self ongemaklik met die pad sonder ligte, geen karre. Net ek in die kar, doodmoeg. En my "safe place" het by ongevalle agter gebly.
Op pad huis toe wéét ek dat Nadia histeries van vrees wag. Sonder twyfel na 10 oproepe in die laaste uur.

Vandag hoor sy almal praat van die "Geel Vlak 2 waarskuwing" - Hael is oppad! Nadia is dadelik paniekerig en soek net vir Pappa.
En met dit, sê Amoré vir die soveelste keer met 'n stemmetjie vol sekerheid: "Julle weet... Jesus kan ENIGE IETS verander". En sy is dans-dans by ons weg.

Dit is skuins voor 22:00. Geen wolkie in sig nie. Nie 'n blaar wat roer nie. Nie eers karre wat die straat af jaag nie. Net vrede. Bonatuurlike rustigheid.

Aldo word môre opereer vir 'n breuk. Hy is heeltemal fine & homself. Ons trek swaar by die huis, want die gelag wat die huis deur weergalm van grappies & speel is op 'n much needed time out - horrible, maar nou word hy forseer om te rus.

Al 4 ons kinders se geloof & verhouding met Abba bederf ons só.
My hart begeer om weer die geloof van 'n kind te hê!

What a TREAT - A dream come trueWanneer jou man laat weet dat jy die volgende kar "meer as net gaan love, looove! Jy sal...
06/09/2026

What a TREAT - A dream come true

Wanneer jou man laat weet dat jy die volgende kar "meer as net gaan love, looove! Jy sal nie kan raai nie, maar eks seker jy gaan 'n draai wil gaan ry". "Weer 'n Mini Countryman? Mini Cooper S" 🤔 ?

Dan stop ek by die huis & sien dié 😍 Full-Eectric Mini Cooper S. Die volgende paar weke kan maar stadig wees.
Dankie Bann ### 😘

Finaly is NATS - SA CHAMPIONSHIPS hier!!
22/08/2026

Finaly is NATS - SA CHAMPIONSHIPS hier!!

Well..... "Is dit 'n pop?" Nee. Dis Amoré."Is hulle 'n tweeling" Nee. Hulle verskil meer as 'n jaar. "Hulle is so oulik"...
21/08/2026

Well.....

"Is dit 'n pop?" Nee. Dis Amoré.
"Is hulle 'n tweeling" Nee. Hulle verskil meer as 'n jaar.
"Hulle is so oulik" I know, right!
"Hulle is so klein" Jip, want hulle sit nie een oomblik stil nie.

Maar...
"Hoekom lyk jou kinders altyd 'só'..." (Rof & deurmekaar. Klere alewig gevlek met 'n gaatjie hier en daar.)"

Want...
Enige iets is 'n geleentheid vir fun & memories maak!
Die karretjie-baan is nie net vir karretjies nie. Dis 'n speelgrond. Klas & skool. Leer & ontdek. Verbeelding & vryheid om net in die oomblik te wees.
"Hard" werk of "Oupa help" is nie die plek of tyd om poppies te wees nie.
Mooi klere is nie vir meisies wat "help" met boor en kap en 'everything in between' nie. Laaste nippertjie vir buitemuurse aktiwiteite, want dis altyd "net nog 5 minute" langer.

NATS loading... 1 dag oor - DONE! 🏁🚩
Môre is dit DIE DAG 🏎

Vandag se "kantoor" lyk anders & ek love dit! 👀2 days to go!📢
20/08/2026

Vandag se "kantoor" lyk anders & ek love dit! 👀

2 days to go!📢

Hierdie 2 leef vir dae saam met Oupa by die baan. Mini Racer in training, trap nie met diep spore in ons harte nie, maar...
19/08/2026

Hierdie 2 leef vir dae saam met Oupa by die baan.

Mini Racer in training, trap nie met diep spore in ons harte nie, maar volg oupa se voetspore - 'n liefde vir hierdie sport 🏎🪛🔩⚙️

Manne, kyk uit want Nadia kom met 'n spoed vir julle 📢


Ultra Raceway

Noorderkruin Kunstefees 🩰️ A++ 🏅T R O T S !Jan Labuschagne
19/08/2026

Noorderkruin Kunstefees 🩰️ A++ 🏅
T R O T S !
Jan Labuschagne

Hierdie is vir my 'n spesiale Ysberg-pakkie. 💝Sy het geduldig gewag terwyl ek die hele werkboek voltooi het, eerder as o...
19/08/2026

Hierdie is vir my 'n spesiale Ysberg-pakkie. 💝

Sy het geduldig gewag terwyl ek die hele werkboek voltooi het, eerder as om Deel 1–5 apart te stuur.

So toe haar volledige kursus uiteindelik gereed was, het ek besluit om 'n bietjie ekstra liefde in haar pakkie te sit 💗

Die highlighters en ekstra beplanner op hierdie foto is 'n spesiale bonus vir haar en is nie deel van die standaard bestelling nie.

Maar die belangrikste deel is daar:
🌿 Die volledige Doelgerigte Vrou se Ysberg Werkboek
📜 Kursus Sertifikaat
🚚 Koerier ingesluit

Ek het nou nog nét 3 fisiese kopieë beskikbaar.

R550 elk.

As jy een van hierdie laaste 3 wil hê, stuur vir my YSBERG. 🌿

ps. As jy eerder die digitale weergawe wil hê, het ek ook 'n opsie daarvoor 😉

Ek voel sommer vandag ekstra geseënd.🥰🤍Baie dankie vir al die liefde, seën, boodskappe, oproepe en verjaarsdagwense. Jul...
08/07/2026

Ek voel sommer vandag ekstra geseënd.🥰🤍

Baie dankie vir al die liefde, seën, boodskappe, oproepe en verjaarsdagwense. Julle het my dag régtig besonders gemaak!

Op nog 'n jaar van groei, genade, baie koffie ☕, lekker lag en doelgerig leef. Ek waardeer elkeen van julle opreg. 🌸

🥂Op #33: "spiritual maturity, divine purpose, completion, and the ultimate fulfillment of God's promises." 🙌🏻

04/07/2026

🌸🌿 Ons is nie hier om net nog 'n besige mamma te wees nie. Ons is hier om doelbewus te leef. 🌿🌸

Hierdie is nie net 'n produk vir my nie.

Dis iets waarin ek ure, dae en maande van my hart ingesit het.

Omdat ek weet hoe dit voel om altyd te probeer om sterk te wees...
Om altyd te probeer om alles bymekaar te hou...
Om altyd te probeer om eerste vir almal anders te sorg...
..en iewers langs die pad jouself te verloor.

Die Van Burnout na Weer Myself Bundel is gebore uit daardie reis – en uit die hoop dat elke vrou weer by haarself kan uitkom.

Ek is só opgewonde oor hierdie bekendstelling.

Die eerste vroue begin nou hulle reis met die Van Burnout na Weer Myself Bundel, en ek sien opreg uit daarna om elkeen persoonlik te leer ken.

Ek hoop hierdie is die begin van baie mooi gesprekke, opregte vriendskappe en vroue wat mekaar herinner dat dit ook reg is om hulself eerste te kies. 🤍

🌸 As jy voel jy wil hierdie reis saam met my stap, sal dit vir my 'n voorreg wees om van jou te hoor. Jy is welkom om my enige tyd op WhatsApp te kontak by 069 048 8415, dan gesels ons verder. 🤍

Address

Lynnwood

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 13:00
Saturday 10:00 - 13:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lamodea - Stadig Haastig Oppad posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Lamodea - Stadig Haastig Oppad:

Shortcuts

Share