13/08/2026
Update oor Colin Oosthuizen
Na 124dae in die hospitaal is Colin weer op die plaas by sy huis.
Hier begin die volgende hoofstuk van sy wonderwerk verhaal. Tot nou het God ons gedra, en verder gaan God ons nog dra.
Ek deel weer die mooi boodskap van Juffrou Susan Greyling op sy gebed groep. Die boodskap se alles soos my hart voel.
“Wat ’n ongelooflike pad van genade, hoop en wonderwerke was dit nie! Ons bly bid, ons bly glo en ons hou vas aan die Here, want Colin is God se wonderwerk 🙏🏻
Dankie aan elkeen wat aanhou bid, glo en saam hierdie pad stap. Julle gebede beteken meer as wat woorde kan sê.
“By God is alle dinge moontlik.” – Matteus 19:26
Alle eer aan U, Here. God is in hierdie verhaal! 🤍🙏🏻"