IPlay Arbeidsterapie/Occupational Therapy

Call Directions

IPlay Arbeidsterapie/Occupational Therapy 🌟 iPlay is a pediatric occupational therapy practice in Middelburg, Mpumalanga! 🎈 Helping kids grow, learn, and thrive one step at a time! 🌈πŸ’ͺ

Voor ons stil kan sit en leer, moet ons lyfies eers kan beweeg! πŸ’ͺSpring, klim, balanseer, hardloop en balspeletjies is s...
14/10/2026

Voor ons stil kan sit en leer, moet ons lyfies eers kan beweeg! πŸ’ͺ

Spring, klim, balanseer, hardloop en balspeletjies is soveel meer as net pret. Dit gee kinders geleenthede om ’n sterk, stabiele liggaam te ontwikkel β€” iets wat ook belangrik is wanneer hulle later langer by ’n tafel moet sit en werk. βœοΈπŸ“š

So laat hulle beweeg, klim en speel! πŸ’›

βœ‰οΈ β€” [email protected]
πŸ“ β€” 14A Zuid Straat, Middelburg

Fynmotoriese vaardighede βœ‚οΈβœοΈKlein handjies is besig om voor te berei vir groot dinge! πŸ’›Knip, teken, ryg, bou en selfs s...
07/10/2026

Fynmotoriese vaardighede βœ‚οΈβœοΈ

Klein handjies is besig om voor te berei vir groot dinge! πŸ’›

Knip, teken, ryg, bou en selfs speel met speeldeeg lyk dalk soos gewone speeltyd, maar dit help om die hand- en vingervaardighede te ontwikkel wat jou kind later in die klaskamer gaan nodig hΓͺ. πŸ™Œ

Die lekkerste deel? Baie van hierdie vaardighede kan sommer deur eenvoudige speel by die huis geoefen word. 🌈

βœ‰οΈ β€” [email protected]
πŸ“ β€” 14A Zuid Straat, Middelburg

β€œHoeveel skermtyd mag my kind kry?” πŸ“±β° Dit is ’n vraag waarmee baie ouers sit!Die antwoord lyk nie dieselfde vir elke ou...
30/09/2026

β€œHoeveel skermtyd mag my kind kry?” πŸ“±β° Dit is ’n vraag waarmee baie ouers sit!

Die antwoord lyk nie dieselfde vir elke ouderdom nie. Wat wel belangrik bly, is gesonde grense, goeie kwaliteit inhoud en balans tussen skerms en slaap, beweging, speel en gesinstyd. πŸ’›πŸŒˆ

Kyk gerus na ons handige ouderdomsriglyne en vind ’n skermbalans wat vir julle gesin werk. πŸ™Œ

βœ‰οΈ β€” [email protected]
πŸ“ β€” 14A Zuid Straat, Middelburg

Wanneer die skerm afgaan… wat gebeur volgende? πŸ“΅πŸ‘€As skermgebruik begin inmeng met slaap, beweging, gesinstyd, verbeeldin...
23/09/2026

Wanneer die skerm afgaan… wat gebeur volgende? πŸ“΅πŸ‘€

As skermgebruik begin inmeng met slaap, beweging, gesinstyd, verbeeldingspel of ’n kind se vermoΓ« om sonder ’n skerm besig te bly, is dit dalk tyd om weer na die balans te kyk. βš–οΈ

🌿 Kinders het ook tyd nodig om te beweeg, speel, gesels, verveeld te wees, ontdek en eenvoudig net kind te wees.

βœ‰οΈ β€” [email protected]
πŸ“ β€” 14A Zuid Straat, Middelburg

Ja β€” skermtyd hoef nie altyd die β€œvyand” te wees nie! πŸ“±βœ¨Die verskil lΓͺ dikwels in hoe dit gebruik word. Ouderdomsgeskikt...
16/09/2026

Ja β€” skermtyd hoef nie altyd die β€œvyand” te wees nie! πŸ“±βœ¨

Die verskil lΓͺ dikwels in hoe dit gebruik word. Ouderdomsgeskikte inhoud, saamkyk met ’n ouer, kontak met familie en inhoud wat kreatiwiteit of probleemoplossing aanmoedig, kan skermtyd meer doelgerig maak.

πŸ‘©β€πŸ‘§ Die sleutel? Wees betrokke, stel ’n doel en hou goeie grense.

βœ‰οΈ β€” [email protected]
πŸ“ β€” 14A Zuid Straat, Middelburg

Skermtyd is nie nΓ©t wanneer jou kind met ’n tablet op die bank sit nie. πŸ‘€πŸ“ΊπŸ“±YouTube, videospeletjies, skoolwerk op ’n rek...
09/09/2026

Skermtyd is nie nΓ©t wanneer jou kind met ’n tablet op die bank sit nie. πŸ‘€πŸ“ΊπŸ“±

YouTube, videospeletjies, skoolwerk op ’n rekenaar, video-oproepe Γ©n selfs die TV wat heeldag in die agtergrond speel, tel alles by.

πŸ’‘ Probeer vir net één dag bewus raak van hoeveel skerms deel van julle gesin se roetine is. Jy mag dalk verbaas wees!

βœ‰οΈ β€” [email protected]
πŸ“ β€” 14A Zuid Straat, Middelburg

’n Nuwe hoofstuk wag… 🀍Aan elke kosbare kind en ouer β€” dankie dat ek die voorreg gehad het om ’n stukkie van julle pad s...
08/09/2026

’n Nuwe hoofstuk wag… 🀍

Aan elke kosbare kind en ouer β€” dankie dat ek die voorreg gehad het om ’n stukkie van julle pad saam met julle te stap. Elke klein oorwinning, glimlag en spesiale oomblik sal ek altyd saam met my dra. 🌿

Ek en my man vertrek vir ’n jaar of twee na die buiteland ✈️ en hoewel dit moeilik is om te groet, vertrou ek dat die Here ons op hierdie nuwe pad sal lei en beskerm.

Terwyl ek weg is, sal Hante Spies oorneem, en ek weet julle sal in baie goeie hande wees. πŸ’›

Ek hoop om eendag weer ’n stukkie van julle pad saam met julle te stap.

Vir nou groet ek met ’n hart vol dankbaarheid en baie kosbare herinneringe. 🀍

Met baie liefde en dankbaarheid,
Danielle

Hallo, Lente! β˜€οΈπŸŒ±Dis tyd vir vars lug, sonskyn en sommer net lekker speel! πŸ’šMag hierdie nuwe seisoen gevul wees met kleu...
01/09/2026

Hallo, Lente! β˜€οΈπŸŒ±

Dis tyd vir vars lug, sonskyn en sommer net lekker speel! πŸ’š

Mag hierdie nuwe seisoen gevul wees met kleurvolle avonture, groot glimlagte en hope speeltyd!

Gelukkige Lentedag van iPlay! πŸŒΌπŸ’›

Is jou kind reg vir die volgende groot stap? πŸŽ’πŸŒˆSkoolgereedheid gaan oor baie meer as om letters en syfers te ken. Dit sl...
26/08/2026

Is jou kind reg vir die volgende groot stap? πŸŽ’πŸŒˆ

Skoolgereedheid gaan oor baie meer as om letters en syfers te ken. Dit sluit ook vaardighede soos fyn- en grootmotoriese ontwikkeling, aandag, selfversorging en sosiale vaardighede in.

As jy onseker is of jou kind gereed is vir skool, kan 'n arbeidsterapie-assessering waardevolle leiding gee. Ons help graag om jou kind met selfvertroue voor te berei vir hierdie opwindende nuwe fase. πŸ’›

βœ‰οΈ β€” [email protected]
πŸ“ β€” 14A Zuid Straat, Middelburg

Address

14A Zuid Street
Middelburg
1055

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:30
Tuesday 09:00 - 16:30
Wednesday 09:00 - 16:30
Thursday 09:00 - 16:30
Friday 09:00 - 15:00

Telephone

+27132435263

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when IPlay Arbeidsterapie/Occupational Therapy posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share