09/09/2026
👋 Welkom by my heel eerste episode!
Ek is René — ma van drie seuns — en vandag gesels ons oor iets waarmee baie mammas kan vereenselwig: kinders en kos. ❤️
As jou kinders ná sport in die kar klim en hulle is honger, weet jy presies waarvan ek praat! 😅
Ek kry gereeld vrae soos:
👉 Wat kan ek vir my kind gee as hy gewig moet optel?
👉 Wat as my kind bietjie gewig verloor?
👉 Wat kan ek in die kosblik sit wat hulle regtig sal eet?
Daarom het ons ’n eetgids vir tweens en tieners saamgestel met maklike, praktiese idees wat by ’n besige gesin se lewe pas.
Ons fokus op genoeg proteïen, energie en goeie voeding, maar sonder om kos ingewikkeld of vervelig te maak. Want kom ons wees eerlik… as dit te “gesond” lyk, gaan dit dalk net weer onaangeraak huis toe kom! 😂
👉 Volg Midwell vir nog praktiese voedingswenke vir jou en jou gesin.