Sonstraal Tehuis

Sonstraal Tehuis Sonstraal Tehuis is 'n tehuis met 24 uur versorging vir volwasse gestremdes. Ons het huidiglik nog plek vir 4 inwoners. Dagbesoekers is welkom!

Verskeie aktiwiteite (o.a swem, perdry, sang, opvoedkundige speletjies) word daagliks aangebied. Sonstraal Tehuis het ontstaan uit Sonstraal Skool wat al meer as 25 jaar buitengewone onderwys bied aan leerders wat nie in die hoofstroom byhou nie. Volwasse leerders het 'n permanente tuiste nodig gehad waar hul 24 uur versorg kan word. Daar was toe die tehuis begin is in Febr 2021 geen tehuis beskik

baar van Pretoria tot Polokwane nie. Daar is met die tehuis begin in 'n huurhuis maar van Mei 2021 is hul in hul eie huis. Daar is huidiglik nog plek vir 4 inwoners. Die inwoners word elkeen versorg volgens sy spesifieke behoeftes. Stimulerende aktiwiteite (swem, perdry, sing, opvoedkundige speletjies) en oefeninge is van die daaglikse aktiwiteite. Die tehuis se finansies word beheer deur 'n Beheerliggaam van die Sonstraal Maatskappy. Verdere inligting en kontakbesonderhede is beskikbaar op die webwerf www.sonstralers.co.za

Dis vir ons heerlik om buite te wees, 'n lekker stappie en rondry is vir ons baie lekker!!
04/07/2026

Dis vir ons heerlik om buite te wees, 'n lekker stappie en rondry is vir ons baie lekker!!

BAIE dankie aan TRX Electronics wat vir ons vleis geskenk het! Baie dankie ook aan  Matthee en Janie Thienpont van Luipe...
16/05/2026

BAIE dankie aan TRX Electronics wat vir ons vleis geskenk het! Baie dankie ook aan Matthee en Janie Thienpont van Luiperdskloof wat vir ons die vleis verwerk en verpak het. Ons waardeer julle!

Ons het weer baie aktiwiteite gedoen die week, oa geswem, geoefen, blikkies gedruk, t Leonie het vir ons 'n Bybelles kom...
11/04/2026

Ons het weer baie aktiwiteite gedoen die week, oa geswem, geoefen, blikkies gedruk, t Leonie het vir ons 'n Bybelles kom aanbied, opgeruim op na etes, 'n musiekperiode geniet waar ons saamsing en kitaar speel, legkaarte gebou, speletjies gespeel, 'arts en 'crafts' gedoen en tussenin musiek geluister en saam gekuier!

Albert, een van ons inwoners, verjaar vandag en is vandag 32 jaar oud. Hy het gister partytjie gehou by  Sonstraal Tehui...
24/03/2026

Albert, een van ons inwoners, verjaar vandag en is vandag 32 jaar oud. Hy het gister partytjie gehou by Sonstraal Tehuis en was bly oor almal wat dit bygewoon het en vir hom 'n geldjie en presente gegee het. Dankie aan almal wat sy verjaarsdag spesiaal gemaak het!

Address

Bassonstraat 32
Modimolle
0510

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sonstraal Tehuis posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Sonstraal Tehuis:

Share