Die Oog Aftree-Landgoed

Die Oog Aftree-Landgoed Die ideale Bosveld-aftrede met mediese gemoedsrus, ’n aktiewe leefstyl en veilige, asemrowende natuurskoon. Besoek www.dieoog.co.za

Die Oog Aftree-landgoed word ontwikkel deur die omskakeling van die gewilde Die Oog Warmbron vakansie-oord. Dit is geleë by ‘n natuurlike mineraalbron, in ‘n idilliese omgewing aan die voet van die Waterberg, net buite die dorpie Naboomspruit in die Limpopo Provinsie. Met sy natuurlike Bosveldomgewing, warm klimaat en wye verskeidenheid fasiliteite is Die Oog die ideale plek om af te tree. Die lan

dgoed bied uitstekende waarde vir geld. Al die vakansie-oord fasiliteite word behou en addisionele fasiliteite en dienste word ook gebou. Dit hou die voordeel in dat die aftree-landgoed van dag een af operasioneel kan wees en in die leefstylbehoeftes van sy inwoners kan voldoen.

Vandag vier ons elke vrou wat met liefde lei, met wysheid rig en met haar unieke krag en sagtheid gesinne, gemeenskappe ...
09/08/2026

Vandag vier ons elke vrou wat met liefde lei, met wysheid rig en met haar unieke krag en sagtheid gesinne, gemeenskappe en generasies help vorm.

’n Vrou se invloed leef voort in soveel meer as net die groot oomblikke. Dit lê in elke woord van bemoediging, elke lewensles, elke gebaar van liefde en elke stukkie wysheid wat sy deur die jare deel.

Dit word deel van ’n nalatenskap wat voortleef in kinders, kleinkinders en die mense wie se lewens sy aanraak.

Aan elke merkwaardige vrou hier by Die Oog Aftree-Landgoed en daarbuite: mag jy vandag gesien, gewaardeer en gevier word vir wie jy is en vir die verskil wat jy deur die jare gemaak het.

Gelukkige Vrouedag.

🎄✨ Kersfees in Julie? By Die Oog Aftree-Landgoed is alles moontlik!Die inwoners van die L-fase het op 29 Julie weer bewy...
04/08/2026

🎄✨ Kersfees in Julie? By Die Oog Aftree-Landgoed is alles moontlik!

Die inwoners van die L-fase het op 29 Julie weer bewys dat daar nooit 'n verkeerde tyd is om saam te kuier en goeie herinneringe te maak nie. Vriende uit verskillende fases het om 'n pragtig gedekte lang tafel saamgekom, waar heerlike bredies, geurige kerries en baie lag die dag gevul het.

Dit is hierdie spontane oomblikke, hegte vriendskappe en aktiewe gemeenskapslewe wat Die Oog so 'n besonderse plek maak om tuis te wees.

By Die Oog Aftree-Landgoed maak ons nie net herinneringe nie – ons maak elke seisoen iets om te vier.

Jukskei is weer lekker aan die gang na die vakansie.
04/08/2026

Jukskei is weer lekker aan die gang na die vakansie.

Soms sê foto's meer as woorde. By Die Oog Aftree-Landgoed word die mooiste oomblikke gevind in rustige wandelstappies, a...
29/07/2026

Soms sê foto's meer as woorde. By Die Oog Aftree-Landgoed word die mooiste oomblikke gevind in rustige wandelstappies, asemrowende bosveldnatuurskoon en 'n warm gemeenskap waar mense regtig tuis voel.

Besoek ons webtuiste vir meer inligting.
https://dieoog.co.za

Dis die klein oomblikke wat Die Oog-Aftree Landgoed so besonders maak. 'n Ryk verskeidenheid van natuurskoon in die bosv...
23/07/2026

Dis die klein oomblikke wat Die Oog-Aftree Landgoed so besonders maak. 'n Ryk verskeidenheid van natuurskoon in die bosveld, rustigheid en nuwe ervaringe om elke hoek en draai.

Elke dag bring iets uniek om te sien, te beleef en te koester.

🌿 Die ontwikkeling van Fase 10Die erwe binne-in die natuurreservaat is duidelik uitgelê, sodat jy self kan sien waar elk...
22/07/2026

🌿 Die ontwikkeling van Fase 10

Die erwe binne-in die natuurreservaat is duidelik uitgelê, sodat jy self kan sien waar elke erf geleë is. Elkeen met sy eie besondere Bosveld-uitsig, die rustigheid van die natuur en wild wat gereeld by jou voorstoep verbybeweeg.

Hier kry jy die geleentheid om jou droomhuis te bou in 'n rustige en veilige omgewing, waar jy elke dag die natuur, 24-uur-sekuriteit, mediese gemoedsrus, 'n aktiewe gemeenskap en 'n verskeidenheid fasiliteite en aktiwiteite kan geniet as deel van 'n uitsonderlike leefstyl.

🏡 Huise is beskikbaar vanaf 175 m² tot 225 m², met pryse vanaf R2,57 miljoen.

📍 Kom kyk self watter erf en watter uitsig jou hart steel. Besoek ons en ervaar die unieke leefstyl wat Fase 10 binne-in die natuurreservaat bied.

Besoek https://dieoog.co.za/ontwikkeling/ of kontak ons vandag om 'n terreinbesoek te reël. Jou volgende hoofstuk begin dalk hier. 💙

15/07/2026

Soms sê die natuur alles sonder 'n woord. 🌅

Die kalmte van die water, die voëls wat sing, die Bosveld wat asemhaal en die sagte fluister van die natuur herinner jou daaraan hoe kosbaar die eenvoudige oomblikke in die lewe is.

Dis geen wonder dat inwoners Die Oog Aftree-Landgoed hul eie stukkie hemel op aarde noem nie. 💙

14/07/2026

Die bekoring van die Bosveldsonsondergang is iets besonders. 🌅

Met aangename winterdae en gemiddelde dagtemperature van ongeveer 24°C bied Die Oog Aftree-Landgoed in Naboomspruit die ideale klimaat om elke seisoen ten volle te geniet. Dis geen wonder dat soveel mense met trots hierdie besonderse plek hul tuiste noem.

10/07/2026

𝘿𝙧𝙤𝙤𝙢 𝙟𝙮 𝙫𝙖𝙣 '𝙣 𝙖𝙛𝙩𝙧𝙚𝙙𝙚 𝙬𝙖𝙖𝙧 𝙟𝙮 𝙚𝙡𝙠𝙚 𝙙𝙖𝙜 𝙞𝙣 𝙙𝙞𝙚 𝙣𝙖𝙩𝙪𝙪𝙧 𝙠𝙖𝙣 𝙬𝙖𝙠𝙠𝙚𝙧 𝙬𝙤𝙧𝙙, 𝙢𝙚𝙩 𝙩𝙤𝙩𝙖𝙡𝙚 𝙜𝙚𝙢𝙤𝙚𝙙𝙨𝙧𝙪𝙨? 🌿

Ontdek Fase 10 – Eksklusiewe Huise by Die Oog Aftree-Landgoed – 'n unieke nuwe ontwikkeling deur SAVF wat jou die geleentheid bied om in absolute privaatheid, reg binne die natuurreservaat, te woon.

Fase 10 bied luukse, ruim huise met asemrowende uitsigte, spesifiek ontwerp vir mense wat vryheid, groot oop ruimtes en die ongerepte Waterberg-natuurskoon reg op hul voorstoep wil ervaar.

𝗪𝗮𝗮𝗿𝗼𝗺 𝗙𝗮𝘀𝗲 𝟭𝟬?

🏡 Ruim, Moderne Huise: Kies uit stylvolle 2- en 3-slaapkamerhuise, ontwerp vir gemak, praktiese leefruimte en 'n ontspanne Bosveld-leefstyl.

🌿 Die Bosveld as Jou Agterplaas: Geniet staproetes, 'n natuurreservaat van meer as 100 hektaar, die natuurlike warmwaterbron en asemrowende uitsigte elke dag.

🏥 Mediese Gemoedsrus: Leef onafhanklik met die gerusstelling dat professionele mediese ondersteuning en volledige bystandsorg altyd beskikbaar is vanaf die gevestigde gesondheidsorgsentrum.

❤️ Fokus op Aktiewe Veroudering: 'n Wye verskeidenheid fasiliteite, aktiwiteite en ondersteuningsprogramme help jou om gesond, fiks en sosiaal betrokke te bly.

🛡️ Veiligheid & Gemoedsrus: 24-uur-sekuriteit, 'n gevestigde gemeenskap en 'n veilige omgewing wat jou uitnooi om te stap, te verken en aktief te bly.

📈 'n Slim Deeltitel-belegging: Volle eiendomsreg bied uitstekende langtermynwaarde, kapitaalgroeipotensiaal en verhuurmoontlikhede.

𝗞𝗶𝗲𝘀 𝗷𝗼𝘂 𝗻𝘂𝘄𝗲 𝗕𝗼𝘀𝘃𝗲𝗹𝗱-𝘁𝘂𝗶𝘀𝘁𝗲:

🏠 2 Slaapkamers & 2 Badkamers – Vanaf R2.57 miljoen
🏠 3 Slaapkamers & 2 Badkamers – Vanaf R2.67 miljoen tot R3.41 miljoen

Neem vandag die eerste stap na jou droom-aftrede waar privaatheid, ruimte en die natuur saamkom. Gaan kyk gerus na die eksklusiewe planne en kies die uitleg wat perfek by jou leefstyl en behoefte aan vryheid pas.

🌿 Besoek ons webtuiste vir meer inligting en beskikbare planne: https://dieoog.co.za/ontwikkeling/

Address

Mineral Baths Road R520
Mookgopong
0560

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Oog Aftree-Landgoed posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Die Oog Aftree-Landgoed:

Shortcuts

Share