Die Oog Aftreelandgoed

Die Oog Aftreelandgoed Die ideale Bosveld-aftrede met mediese gemoedsrus, ’n aktiewe leefstyl en veilige, asemrowende natuurskoon. Besoek www.dieoog.co.za

Die Oog Aftree-landgoed word ontwikkel deur die omskakeling van die gewilde Die Oog Warmbron vakansie-oord. Dit is geleë by ‘n natuurlike mineraalbron, in ‘n idilliese omgewing aan die voet van die Waterberg, net buite die dorpie Naboomspruit in die Limpopo Provinsie. Met sy natuurlike Bosveldomgewing, warm klimaat en wye verskeidenheid fasiliteite is Die Oog die ideale plek om af te tree. Die landgoed bied uitstekende waarde vir geld. Al die vakansie-oord fasiliteite word behou en addisionele fasiliteite en dienste word ook gebou. Dit hou die voordeel in dat die aftree-landgoed van dag een af operasioneel kan wees en in die leefstylbehoeftes van sy inwoners kan voldoen.

17/09/2026

𝗗𝗶𝗲 𝗢𝗼𝗴 𝗔𝗳𝘁𝗿𝗲𝗲𝗹𝗮𝗻𝗱𝗴𝗼𝗲𝗱 𝗴𝗿𝗼𝗲𝗶. 𝗘𝗻 𝗱𝗶𝗲 𝘁𝗼𝗲𝗸𝗼𝗺𝘀 𝗹𝘆𝗸 𝗼𝗽𝘄𝗶𝗻𝗱𝗲𝗻𝗱. 🌿

Vir trustee-lid Roelie Groenewald gaan die ontwikkeling by Die Oog Aftreelandgoed oor veel meer as net nuwe wooneenhede. Dit gaan oor die groter visie vir ’n aftreelandgoed wat aanhou groei, ontwikkel en vooruit kyk.

Met Fase 6 wat reeds vorm aanneem, verdere ontwikkelings in die pyplyn en voortgesette opgraderings aan dienste en ontspanningsareas, is daar baie om na uit te sien.

In hierdie video deel Roelie sy perspektief op die ontwikkeling wat tans plaasvind, en waarom hy as trustee opgewonde is oor wat die toekoms vir Die Oog Aftreelandgoed inhou.

𝗢𝗻𝘀 𝗯𝗼𝘂 𝗻𝗶𝗲 𝗻𝗲𝘁 𝘃𝗶𝗿 𝘃𝗮𝗻𝗱𝗮𝗴 𝗻𝗶𝗲. 𝗢𝗻𝘀 𝗯𝗼𝘂 𝘃𝗶𝗿 𝗱𝗶𝗲 𝘁𝗼𝗲𝗸𝗼𝗺𝘀.

16/09/2026

🎟️ 𝗛𝗘𝗧 𝗝𝗬 𝗔𝗟 𝗝𝗢𝗨 𝗞𝗔𝗔𝗥𝗧𝗝𝗜𝗘𝗦?

Die Oppi-Oog Fees kom al hoe nader, en ons sien uit na ’n lekker aand vol musiek, humor en kuier saam met die immergewilde 𝗝𝗮𝗸 𝗱𝗲 𝗣𝗿𝗶𝗲𝘀𝘁𝗲𝗿!

Jak tree op as deel van 𝗢𝗽𝗽𝗶-𝗢𝗼𝗴 𝗙𝗲𝗲𝘀 𝟮𝟬𝟮𝟲 by Die Oog Aftreelandgoed, en kaartjies is reeds beskikbaar.

📅 𝗩𝗿𝘆𝗱𝗮𝗴, 𝟮 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲
⏰ 𝟭𝟴:𝟯𝟬 𝘃𝗶𝗿 𝟭𝟵:𝟬𝟬
📍 𝗢𝗹𝗶𝗲𝗻𝗵𝗼𝘂𝘁𝘀𝗮𝗮𝗹, 𝗗𝗶𝗲 𝗢𝗼𝗴 𝗔𝗳𝘁𝗿𝗲𝗲𝗹𝗮𝗻𝗱𝗴𝗼𝗲𝗱
🎟️ 𝗥𝟭𝟬𝟬 𝗽𝗲𝗿 𝗽𝗲𝗿𝘀𝗼𝗼𝗻

𝗠𝗢𝗘𝗡𝗜𝗘 𝗧𝗘 𝗟𝗔𝗔𝗧 𝗪𝗔𝗚 𝗡𝗜𝗘. 𝗞𝗥𝗬 𝗝𝗢𝗨 𝗞𝗔𝗔𝗥𝗧𝗝𝗜𝗘𝗦!

Kaartjies is beskikbaar by:
🎟️ 𝗗𝗶𝗲 𝗕𝗿𝗼𝗻 𝗔𝗽𝘁𝗲𝗲𝗸, 𝗔𝗿𝗿𝗶𝗲 𝗡𝗲𝗹-𝗴𝗿𝗼𝗲𝗽 in Naboomspruit
🎟️ 𝗠𝗮𝗴𝗱𝗮 𝗱𝘂 𝗣𝗿𝗲𝗲𝘇 by die 𝗔𝗴𝗲𝗻𝘁𝗲-𝗸𝗮𝗻𝘁𝗼𝗼𝗿, Die Oog Aftreelandgoed

📞 Of bespreek jou kaartjies by 𝟬𝟴𝟮 𝟰𝟲𝟯 𝟯𝟵𝟭𝟯.

Kom kuier saam en wees deel van 𝗢𝗽𝗽𝗶-𝗢𝗼𝗴 𝗙𝗲𝗲𝘀 𝟮𝟬𝟮𝟲!

𝗛𝗲𝗿𝘄𝗶𝗻. 𝗛𝗲𝗿𝗺𝗮𝗮𝗸. 𝗛𝗲𝗿𝗹𝗲𝗲𝗳.

Net ’n paar oomblikke van ons besonderse bosveld-Aftreelandgoed.Van rustige water en oop ruimtes tot pragtige huise en d...
15/09/2026

Net ’n paar oomblikke van ons besonderse bosveld-Aftreelandgoed.

Van rustige water en oop ruimtes tot pragtige huise en die natuur reg op jou voorstoep.

Hier by Die Oog Aftreelandgoed is die bosveld deel van jou alledaagse leefstyl.

Fase 6 vat mooi vorm aan by Die Oog Aftreelandgoed!Daar is lekker vordering op die terrein waar die nuwe 2-slaapkamer-mi...
14/09/2026

Fase 6 vat mooi vorm aan by Die Oog Aftreelandgoed!

Daar is lekker vordering op die terrein waar die nuwe 2-slaapkamer-midsorgeenhede gebou word. Fondasies word gegrawe en gegiet, terwyl ons konstruksiebestuurder die voortou neem om die bouwerk en vordering op die terrein te bestuur.

Dit is ook lekker wanneer ons agente kom inloer om eerstehands te sien hoe hul kliënte se nuwe huise vorder. Van die eerste fondasie tot ’n voltooide nuwe tuiste, elke tree bring ons nader aan die eindproduk.

Die ontwikkeling groei voor ons oë, en die opgewondenheid groei saam!

Wil jy ook jou plek in Fase 6 verseker? Besoek gerus ons webtuiste vir meer inligting oor die beskikbare 2-slaapkamer-midsorgeenhede.

www.dieoog.co.za

Lentestap by Die Oog AftreelandgoedVars bosveldlug, goeie geselskap en die natuurreservaat op jou voorstoep. Wat ’n mani...
14/09/2026

Lentestap by Die Oog Aftreelandgoed

Vars bosveldlug, goeie geselskap en die natuurreservaat op jou voorstoep. Wat ’n manier om die lente te vier by Die Oog Aftreelandgoed!

Op 12 September het 47 inwoners saam die 4 km-Lentestap deur die reservaat aangepak. Langs die pad was daar volop geleentheid om die natuurskoon en dierelewe te geniet, meer te leer uit die interessante inligting wat deur verskeie kenners gedeel is, en sommer net die lekker samesyn en kameraadskap langs die staproete te beleef.

Die Reservaatstapgroep het reeds in 2023 ontstaan en bied inwoners die geleentheid om aktief te bly en die besonderse Waterberg-bosveld van nader te beleef. Die Lentestap vorm deel van die groep se jaarlikse stapkalender en is nóg ’n tree nader aan die amptelike bekendstelling van Die Oog Voetslaanklub op 28 November 2026.

By Die Oog Aftreelandgoed is die natuur nie net iets waarna jy van jou stoep af kyk nie. Dit is deel van jou leefstyl. Hier kan jy uitstap, asemhaal, beweeg en die voorreg van die bosveld saam met ander geniet.

Na afloop van die stap is heerlike verversings deur SAVF vir almal voorsien.

Baie dankie aan Gerrie Schoeman, die Oog Stapgroep-span, Zeno en die SAVF-span vir ’n besonderse oggend saam in die bosveld.

Die Oog Aftreelandgoed is wêreld wyd. Tot by die Bokke in Baltimore!!
13/09/2026

Die Oog Aftreelandgoed is wêreld wyd. Tot by die Bokke in Baltimore!!

Lente is hier, en ons stap saam!Die Oog Voetslaanklub nooi inwoners uit om die vars lentelug, mooi roetes en goeie gesel...
10/09/2026

Lente is hier, en ons stap saam!

Die Oog Voetslaanklub nooi inwoners uit om die vars lentelug, mooi roetes en goeie geselskap saam te geniet tydens ons Lentestap.

Kom stap saam vir gesondheid, vriendskap en sommer net die lekkerte van buite wees in die pragtige natuurskoon van Die Oog Aftreelandgoed.

Saterdag, 12 September 2026
Tyd: 06:30
Begin: Jukskeiklub
Eindig: Hoofhek
Verversings word deur SAVF National Office 001-446 NPO bedien.

Trek jou stapskoene aan en kom geniet die oggend saam met ons. Saam stap ons verder!

𝗙𝗮𝘀𝗲 𝟲 𝗶𝘀 𝗯𝗲𝘀𝗶𝗴 𝗼𝗺 𝘃𝗼𝗿𝗺 𝗮𝗮𝗻 𝘁𝗲 𝗻𝗲𝗲𝗺 𝗯𝘆 𝗗𝗶𝗲 𝗢𝗼𝗴 𝗔𝗳𝘁𝗿𝗲𝗲𝗹𝗮𝗻𝗱𝗴𝗼𝗲𝗱!Graeme Peplar, President van SAVF National Office 001-446 ...
09/09/2026

𝗙𝗮𝘀𝗲 𝟲 𝗶𝘀 𝗯𝗲𝘀𝗶𝗴 𝗼𝗺 𝘃𝗼𝗿𝗺 𝗮𝗮𝗻 𝘁𝗲 𝗻𝗲𝗲𝗺 𝗯𝘆 𝗗𝗶𝗲 𝗢𝗼𝗴 𝗔𝗳𝘁𝗿𝗲𝗲𝗹𝗮𝗻𝗱𝗴𝗼𝗲𝗱!

Graeme Peplar, President van SAVF National Office 001-446 NPO, ontwikkelaar by Die Oog Aftreelandgoed, deel sy opgewondenheid oor die vordering met die nuwe Fase 6-midsorgeenhede, waar bouwerk nou behoorlik momentum kry.

Die eerste eenheid is reeds op dakhoogte, fondasies vir die volgende eenhede word gegrawe, en die doelwit is dat al 30 fondasies van die eerste fase teen einde Oktober in plek sal wees.

Met die meeste dienste reeds in plek, is dit besonders om te sien hoe die planne nou fisies begin vorm aanneem.

Fase 6 sal uiteindelik uit 60 nuwe 1- en 2-slaapkamer midsorgeenhede bestaan, met die eerste 30 wat tans ontwikkel word en ’n verdere 30 wat volg.

’n Groot aantal van Fase 6 se eenhede is reeds verkoop, met slegs ’n beperkte aantal wat nog beskikbaar is.

Is Fase 6 deel van jou aftreeplan? Moenie te lank wag om jou keuse te maak nie.

Besoek ons webtuiste en neem die volgende stap om jou plek by Die Oog Aftreelandgoed te verseker.

www.dieoog.co.za

Address

Mineral Baths Road R520
Mookgopong
0560

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Oog Aftreelandgoed posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Die Oog Aftreelandgoed:

Shortcuts

Share