Bardolino Care Centre

Bardolino Care Centre STATE-OF-THE-ART FRAIL CARE CENTRE
SITUATED IN THE HEART OF THE
GARDEN ROUTE ๐ŸŒŸ

๐Ÿงฉ Een stukkie op 'n slag! ๐ŸงฉBy ons is daar altyd 'n legkaart op die tafel en 'n groot spoor van bedrywigheid! Ons inwoner...
04/08/2026

๐Ÿงฉ Een stukkie op 'n slag! ๐Ÿงฉ

By ons is daar altyd 'n legkaart op die tafel en 'n groot spoor van bedrywigheid! Ons inwoners is dol daaroor om saam te span en hierdie uitdagings aan te pak. ๐Ÿง โœจ

Die reรซl is eenvoudig: enigiemand wat wil, skuif 'n stoel nader en help bou. En die oomblik as daardie laaste, bevredigende stukkie inpas... begin ons dadelik met die volgende een! ๐Ÿ—บ๏ธ๐ŸŒธ

Dit is die perfekte manier om lekker saam te gesels, die brein fiks te hou en sommer net die oomblik te geniet. โ˜•โค๏ธ

๐ŸŒธ VANDAG VIER ONS 'N REUSE MYLPAAL: TANNIE BLOMMIE SE 97STE VERJAARSDAG! ๐ŸŒธVandag is 'n baie spesiale dag! ๐ŸŽ‰ Ons bring hu...
30/07/2026

๐ŸŒธ VANDAG VIER ONS 'N REUSE MYLPAAL: TANNIE BLOMMIE SE 97STE VERJAARSDAG! ๐ŸŒธ

Vandag is 'n baie spesiale dag! ๐ŸŽ‰ Ons bring hulde aan 'n merkwaardige vrou met 'n ryk, vol en pragtige lewenspad โ€” Tannie Blommie Rademeyer. ๐Ÿ’ž

Tannie Blommie se storie begin in die mooi Ceres ๐Ÿ”๏ธ, waar sy gebore is, grootgeword het en haar skoolloopbaan afgeskop het ๐Ÿซ, voor sy dit later in Vredenburg voltooi het. Van jongs af was dit duidelik dat sy vir groot dinge bestem is. โœจ As jong dogter was sy 'n skitterende atleet wat omtrent die stof losgehardloop het ๐Ÿƒโ€โ™€๏ธ๐Ÿ’จ, en sy het selfs later met trots in die WP-atletiekspan uitgedraf! ๐Ÿ†

๐Ÿ“š Sy het onderwys gaan swot by die Wellington Onderwyskollege waar sy as onderwyseres bekwaam het. Haar pad as opvoeder het begin in die skilderagtige Riebeek-Kasteel ๐Ÿ‡, van waar sy terug is na Vredenburg.

Maar Tannie Blommie was nie bang om haar vlerke te sprei nie! ๐Ÿ•Š๏ธ Sy verhuis toe na Boksburg in die ou Transvaal, en later na Dundee in Noord-Natal ๐Ÿ“. Dit was juis hier waar sy die liefde van haar lewe, Koos Rademeyer, ontmoet het ๐Ÿ’‘. Saam het hulle twee wonderlike kinders, Lindi en Neel, ryklik geseรซnd ontvang ๐Ÿ‘จโ€๐Ÿ‘ฉโ€๐Ÿ‘งโ€๐Ÿ‘ฆ.

Sport was nog altyd die goue draad in die Rademeyer-gesin se lewe ๐ŸŽ–๏ธ. Tannie Blommie het nie net op die atletiekbaan uitgeblink nie, maar was ook 'n kranige tennisspeler ๐ŸŽพ en het later jare haar slag op die rolbalbaan gewys! ๐ŸŽณ

Die lewe het hulle later na Port Elizabeth (Gqeberha) geneem om nader aan die kleinkinders te wees ๐ŸŒŠ๐Ÿ‘ถ. Na Oom Koos se afsterwe het sy Kaapstad toe verhuis, en sy het intussen haar weg na die pragtige Suid-Kaap gevind, waar sy vandag hierdie ongelooflike 97ste lewensjaar vier ๐ŸŽˆ.

Tannie Blommie, ons vier vandag u lewenslus, u talente, u deursettingsvermoรซ en die pragtige spore wat u in soveel mense se harte getrap het โค๏ธ.

Maak jou volgende kuier ekstra spesiaal met ons heerlike vingerhappies! ๐Ÿฅ‚โœจOns kombuis het weer hulself oortref met hierd...
29/07/2026

Maak jou volgende kuier ekstra spesiaal met ons heerlike vingerhappies! ๐Ÿฅ‚โœจ

Ons kombuis het weer hulself oortref met hierdie sout en soet platters. Dit lyk vrolik, eetsaam en propvol geur. Ideaal vir enige funksie of verjaarsdag!

Dankie aan die span agter die skerms wat elke happie met soveel liefde voorberei. โค๏ธ

๐ŸŽ‰ BAIE GELUK MET TANNIE SAMEA SE 83STE VERJAARSDAG! ๐ŸŽ‰Vandag vier ons 'n baie spesiale mylpaal! Tannie Samea van Lochem w...
28/07/2026

๐ŸŽ‰ BAIE GELUK MET TANNIE SAMEA SE 83STE VERJAARSDAG! ๐ŸŽ‰

Vandag vier ons 'n baie spesiale mylpaal! Tannie Samea van Lochem word vandag geseรซnd met 83 jare. ๐ŸŽ‚โœจ

Haar lewenspad het in Holland begin, maar as klein dogtertjie het sy saam met haar familie Suid-Afrika toe getrek, wat vinnig haar ware tuiste geword het. Voor haar troudae het sy haar slag gewys met kantoorwerk by die Pretoria Munisipaliteit. ๐Ÿ’ผ๐Ÿข

In 1964 het sy die ja-woord gegee vir haar man, Gert. Saam het hulle 'n pragtige lewe gebou en is geseรซnd met drie kinders. ๐Ÿ’–๐ŸŒธ

Tannie Samea, ons wens vir tannie 'n wonderlike dag toe vol liefde, bederf en goeie gesondheid. Mag die Here tannie nog baie jare spaar! ๐ŸŽˆ๐Ÿฅ‚

๐ŸŽ‰ Baie geluk aan oom Schubel O'Reilly wat vandag sy 93ste verjaardag vier! ๐ŸŽ‚Oom Schubel is โ€™n stil en rustige man wat al...
27/07/2026

๐ŸŽ‰ Baie geluk aan oom Schubel O'Reilly wat vandag sy 93ste verjaardag vier! ๐ŸŽ‚

Oom Schubel is โ€™n stil en rustige man wat altyd โ€™n vriendelike glimlag vir almal het. Ons is so geseรซnd om oom in ons lewens te hรช.

Mag oom โ€™n wonderlike, bedorwe en geseรซnde dag beleef, gevul met baie liefde, goeie gesondheid en die geselskap van die mense wat vir oom kosbaar is! โœจโค๏ธ

๐ŸŽ‰ BAIE GELUK MET TANNIE MINNE SE 86ste VERJAARSDAG! ๐ŸŽ‰๐Ÿฅณ Vandag vier ons 'n baie spesiale mylpaal, want die wonderlike Tan...
27/07/2026

๐ŸŽ‰ BAIE GELUK MET TANNIE MINNE SE 86ste VERJAARSDAG! ๐ŸŽ‰๐Ÿฅณ

Vandag vier ons 'n baie spesiale mylpaal, want die wonderlike Tannie Minne Pienaar word vandag 86 jaar oud! ๐ŸŽ‚ Sy is gebore en getoรซ in die distrik Joubertina, waar sy ook haar skoolloopbaan tot matriek voltooi het. ๐Ÿซ

๐Ÿ‘ฉโ€โš•๏ธ Tannie Minne het haar lewe aan die sorg van ander gewy as 'n algemene verpleegster en vroedvrou. ๐Ÿ‘ถ Sy het haar algemene verpleging by die Provinsiale Hospitaal in Port Elizabeth gedoen, en haar kraamopleiding by die Sandford Provinsiale Hospitaal voltooi. ๐Ÿฅ Vir 10 goudwerdaardige jare het sy die hele Oos-Kaap vol gerys om krepelsorg te doen, in noue samewerking met 'n ortopeed en tegnikus. ๐ŸšŒ

๐Ÿ’ Op 1 April 1971 is sy getroud met die liefde van haar lewe, Louis. ๐Ÿคตโ€โ™‚๏ธ Sy sรช dat Bardolino Care Centre baie bekwaam en behulpsaam is. ๐Ÿฅฐ

๐Ÿ™ Tannie Minne, baie geluk met hierdie groot verjaarsdag! โœจ Mag die Here tannie ryklik seรซn met goeie gesondheid en baie vreugde vir die jaar wat voorlรช.

๐ŸŽ‰ BAIE GELUK MET JOU 50STE VERJAARSDAG, SHEREE BOOYSEN! 5๏ธโƒฃ0๏ธโƒฃโœจVandag vier ons 'n baie spesiale vrou wat deel vorm van o...
25/07/2026

๐ŸŽ‰ BAIE GELUK MET JOU 50STE VERJAARSDAG, SHEREE BOOYSEN! 5๏ธโƒฃ0๏ธโƒฃโœจ

Vandag vier ons 'n baie spesiale vrou wat deel vorm van ons skoonmaakspan! ๐Ÿงนโœจ Sheree is gebore in Haarlem, daardie pragtige klein vrugtedorpie in die Langkloof ๐ŸŽ๐ŸŒณ, en het in 1994 aan die Groot-Brakrivier Sekondรชre Skool gematrikuleer. ๐ŸŽ“๐Ÿ“œ

In 2003 het sy herinneringe vir 'n leeftyd begin bou toe sy getroud is ๐Ÿ’โค๏ธ, en vandag is sy die trotse ma van twee wonderlike kinders. ๐Ÿ‘ฉโ€๐Ÿ‘งโ€๐Ÿ‘ฆ

Almal wat vir Sheree ken, weet sy is mal oor 'n goeie geselsie ๐Ÿ’ฌ, sy sien mense werklik raak, en sy vind altyd rus in 'n goeie boek. ๐Ÿ“šโ˜• Maar wat haar werklik uniek maak, is haar ysterwils-geesโ€”sy laat niks en niemand haar onderkry nie! ๐Ÿ’ช๐ŸŒŸ

Sy leef dรญt uit wat haar ouma haar geleer het. Haar ouma was haar rolmodel omdat sy so 'n mooi hart gehad het ๐Ÿ‘ตโค๏ธ, en sy het altyd gesรช: "Jy moet ten alle tye respek hรช vir elke persoon wat jou pad kruis." Dit is juis daardie mooi hart van haar ouma wat sy vandag saamdra, en hoekom sy so 'n diep liefde vir al die mense om haar het. ๐Ÿ‘‹๐ŸŒธ

Sheree, mag hierdie 50ste lewensjaar vir jou oorloop van vrede, gesondheid, vreugde en hope seรซn. Geniet jou spesiale dag! ๐ŸŽ‚๐Ÿฅณ๐Ÿฅ‚๐ŸŽˆ

๐ŸšŒ Lekker mall-dae! ๐Ÿ›๏ธโ˜•Ons inwoners is dol daaroor om in ons bussie te klim vir ons gereelde mall-uitstappies! Dit is alt...
24/07/2026

๐ŸšŒ Lekker mall-dae! ๐Ÿ›๏ธโ˜•

Ons inwoners is dol daaroor om in ons bussie te klim vir ons gereelde mall-uitstappies! Dit is altyd โ€™n groot bedrywigheid gevul met opwinding en goeie samesyn.

Vir ons inwoners is hierdie uitstappies die perfekte geleentheid om:
๐Ÿ›๏ธ Lekker inkoppies te doen vir die daaglikse behoeftes.
๐Ÿ‘— Klere te kies om die klerekaste bietjie aan te vul.
โ˜• Of sommer net rustig te sit en โ€™n heerlike koppie koffie saam met vriende te geniet.

โ€™n Spesiale dankie aan ons bussie drywer, Stephanus! Hy staan altyd reg om te help en wag geduldig vir die inwoners as hulle dalk 'n bietjie laat is of lank vat. Dit maak die uitstappie vir almal soveel makliker en rustiger. โœจ

โ˜€๏ธ Vars lug en sonskyn vir ons inwoners! โ˜€๏ธAs die weer saamspeel, is ons inwoners eerste by die deur vir hulle geliefde ...
20/07/2026

โ˜€๏ธ Vars lug en sonskyn vir ons inwoners! โ˜€๏ธ

As die weer saamspeel, is ons inwoners eerste by die deur vir hulle geliefde stappie. Dit is die perfekte geleentheid om kosbare Vitamien D op te vang, die vars lug in te asem en lekker aktief te bly. Hierdie uitstappies kan selfs as 'n heerlike oefensessie gesien word wat lyf en gees sommer dadelik verfris!

๐ŸŒฟ๐Ÿ’ชAlmal kry 'n b***t om die sonskyn te geniet โ€“ selfs inwoners wat 'n hupstoot in hul rolstoele nodig het, danksy die helpende hande van ons versorgers.

Happy 64th Birthday, Kathleen Havenga! ๐Ÿ๏ธ๐ŸŒธโœจToday, we celebrate a truly remarkable woman with an unstoppable spirit! From...
16/07/2026

Happy 64th Birthday, Kathleen Havenga! ๐Ÿ๏ธ๐ŸŒธโœจ

Today, we celebrate a truly remarkable woman with an unstoppable spirit! From her early days in Estcourt and her long-standing years in Pietermaritzburg, to making the South Coast (Port Edward and Margate) her home in 1993, Kathleen leaves a beautiful mark wherever she goes. ๐ŸŒŠ

In 2013, she left the South Coast to move to Montagu. She loved her time living in the Klein Karoo on the edge of a nature reserve, where baboons, black eagles, Cape cobras, and mongooses were a part of her everyday life. ๐Ÿฆ…๐Ÿ Then, in 2019, she relocated to Mossel Bay.

She is a woman of action, heart, and deep community care. โค๏ธ Whether being involved in womenโ€™s organizations and attending conferences overseas โœˆ., or volunteering her time for the SPCA, Hospice, and the Lions, her generosity knows no bounds. She even combined her love for biking with charity, completing many motorbike rides to raise vital funds for the Cancer Association. ๐ŸŽ—๏ธ

When she isn't nurturing her garden ๐Ÿก๐ŸŒป, reading ๐Ÿ“š, enjoying music, or immersing herself in nature, you will find her out on the asphalt. For Kathleen, nothing beats an open road, her motorbike's two wheels, and the feeling of pure freedomโ€”it is her absolute soul food! ๐Ÿ๏ธ๐Ÿ’จ

She lives by the beautiful philosophy that it's not how you look, it's what you feel inside. โœจ She believes you should never think yourself old, but instead love and enjoy life, and always be grateful. ๐Ÿ™ As she always says: though her body might be aging, her spirit is still "18 Till I Die"!

Kathleen, may this year ahead bring you endless joy, good health, and many more miles of open road. Have a fantastic day! ๐ŸŽ‚๐Ÿฅณ๐Ÿฅ‚

Address

Via Calabrio Road
Mossel Bay
6510

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27444920407

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bardolino Care Centre posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Bardolino Care Centre:

Shortcuts

Share