Vidamed Day Hospital

Call Directions Website Contact the practice

Vidamed Day Hospital VIDAMED is a independent private medical facility in Mossel Bay overlooking the Outeniqua Mountains.

Gelukkige Baasdag! Vandag wil ons graag vir Arie dankie sê vir jou leiding, ondersteuning en die rol wat jy as hospitaal...
16/10/2026

Gelukkige Baasdag!

Vandag wil ons graag vir Arie dankie sê vir jou leiding, ondersteuning en die rol wat jy as hospitaalbestuurder speel. Dankie vir die harde werk, toewyding en die verantwoordelikheid waarmee jy elke dag uitdagings aanpak.

Mag jy altyd die krag, wysheid en deursettingsvermoë hê om voort te gaan om ’n verskil te maak in ons hospitaal en in die lewens van ander.

Mag die Here u seën met gesondheid, vrede en voorspoed, en mag jou werk altyd vreugde en vervulling bring.

Geniet ’n besondere Baasdag — u harde werk en bydrae word waardeer

“Every story is unique, every journey matters” recognizes that every experience of breast cancer is different. Behind ev...
01/10/2026

“Every story is unique, every journey matters”
recognizes that every experience of breast cancer is different. Behind every diagnosis is a person, a family and a unique journey.

💊 Gelukkige Aptekersdag! 💊Vandag vier ons Aptekersdag en wil ons graag ons waardering uitspreek vir ons fantastiese apte...
25/09/2026

💊 Gelukkige Aptekersdag! 💊

Vandag vier ons Aptekersdag en wil ons graag ons waardering uitspreek vir ons fantastiese apteker, Celesta, en ons Aptekers assistent, Kari.

Baie dankie vir julle kennis, professionaliteit, omgee en die belangrike rol wat julle elke dag speel in die versorging van ons pasiënte. Julle is ’n waardevolle deel van die Vidamed Hospitaal-span, en ons waardeer alles wat julle doen! 💙

Gelukkige Aptekersdag💊✨

24/09/2026

Happy Heritage Day South Arica 🇿🇦

Vandag staan ons saam as een van die BESTE FASILITEITE van Mosselbaai - ’n erkenning wat nie deur bakstene en mure verdi...
21/09/2026

Vandag staan ons saam as een van die BESTE FASILITEITE van Mosselbaai - ’n erkenning wat nie deur bakstene en mure verdien is nie, maar gedryf word deur die mense wat hier binne werksaam is.

Ons pasiënte en besoekers het gepraat, en hul stemme weerklink die uitnemendheid van julle passievolle diens en versorging, julle medemenslikheid, julle vriendelikheid en julle professionaliteit.

Hierdie erkenning is ook ’n huldeblyk aan al die chirurge, dokters en ander mediese personeel van ons multidissiplinêre span, wat daagliks ’n verskil maak in mense se lewens om hul lewenskwaliteit te verbeter.

Hierdie toekenning behoort aan julle. Dankie dat julle dag na dag bewys dat uitnemendheid nie net ’n daad is nie, maar julle passie is.

🩷 N GROOT DANKIE AAN ONS WONDERLIKE ADMIN DAMES 🩷Agter elke suksesvolle hospitaal is daar ’n span administratiewe dames ...
02/09/2026

🩷 N GROOT DANKIE AAN ONS WONDERLIKE ADMIN DAMES 🩷

Agter elke suksesvolle hospitaal is daar ’n span administratiewe dames wat stil-stil sorg dat alles aan die gang bly. 📋🩺

Aan elkeen van julle wat elke dag met ’n glimlag opdaag, oproepe beantwoord, pasiënte help, dokters ondersteun, dokumente regkry, probleme oplos en seker maak dat die wiele bly draai — BAIE, BAIE DANKIE! 🌷

Julle harde werk, lojaliteit, geduld en toewyding gaan dikwels ongesiens verby, maar dit maak ’n reuse verskil. Julle is die hart wat agter die skerms klop en sorg dat die hospitaal funksioneer soos dit moet. ❤️

Dankie vir die ure, die ekstra moeite, die dae wat julle onder druk steeds professioneel bly en vir elke keer wat julle net “dit sal gedoen word” sê en dit dan laat gebeur. 🙏

Ons waardeer julle meer as wat woorde kan sê.
Trots om saam met sulke sterk, lojale en toegewyde dames te werk. 🌸

Admin dames — julle is absoluut onmisbaar!

🌸🌼 LENTE IS HIER! 🌼🌸Vandag vier ons die begin van ’n nuwe seisoen – ’n tyd van nuwe groei, nuwe hoop en nuwe beginne. 🌱💐...
01/09/2026

🌸🌼 LENTE IS HIER! 🌼🌸

Vandag vier ons die begin van ’n nuwe seisoen – ’n tyd van nuwe groei, nuwe hoop en nuwe beginne. 🌱💐

Ons het Lentedag by die hospitaal gevier met kleur, glimlagte en ’n bietjie ekstra vrolikheid! 💛

Mag hierdie nuwe seisoen vir elke pasiënt, familie en personeellid hoop, genesing en baie mooi oomblikke bring. 🌷

Van ons hospitaal-familie aan julle:
Gelukkige Lentedag! 🌸
Laat jou glimlag vandag net so helder wees soos die lente! ☀️🌺

20/08/2026

Steps of Courage 🩷💙

Die gees van ’n vrouOp 9 Augustus 1956 het sowat 20 000 vroue voor die Uniegebou gestaan en met een stem gesê: Ons is hi...
09/08/2026

Die gees van ’n vrou

Op 9 Augustus 1956 het sowat 20 000 vroue voor die Uniegebou gestaan en met een stem gesê: Ons is hier, ons tel, en ons bly nie stil nie. 70 jaar later is daardie optog nog steeds ons grootste herinnering dat vroue, wanneer hulle saamstaan, berge kan verskuif. Vrouedag is nie net ’n datum op die kalender nie, dit is ’n gees wat in elke vrou leef wat besig is om haar eie pad te loop.

Daardie gees leef in die ma wat vroegoggend opstaan om ontbyt te maak en weer in die namiddag aandag aan ’n kind se huiswerk moet gee. Dit leef in die sakevrou wat ’n deur toemaak en ’n ander een oopstoot. Dit leef in die ouma wat haar stories deel sodat die jonges weet waarvandaan hulle kom. Elkeen van hierdie vroue is die kaptein op hul eie skip, en soms vergeet hulle dat hulle ook die hawe is waar almal veilig voel.

So op hierdie Vrouedag wil ek sê: Jy wat vandag hier lees, jy is genoeg. Nie omdat jy alles reg gedoen het nie, maar omdat jy elke dag weer probeer. En dít is die moedigste ding wat enige mens kan doen. Gelukkige Vrouedag aan elkeen van julle, moenie ophou groei en glo nie.

rooi rose

Address

Mossel Bay
6500

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vidamed Day Hospital posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Vidamed Day Hospital:

Shortcuts

Share

Category