09/08/2026
Ons wil al die pragtige vroue wat ons die voorreg het om te ken as pasiente, vriendinne, kollegas die mooiste (natste) vrouedag toewens. Onthou altyd hoe mooi jy gemaak is. In God se beeld. Hy het jou uitgedink, gevorm in jou moederskoot en daarna dag na dag soos ‘n beeldhouer asy mooiste kunswerk. Elke merkie, plooitjie, skaduweetjie maak jou net mooier vir Hom want dit is bewyse dat jy geleef het en gewerk het en oorleef het. Al die lewe se uitdagings dag vir dag. Ons kan daardie lyntjies versag en die skaduwees laat kwyn en bietjie hier en daar verfyn, maar met of sonder roompies en behandelings is jy ‘n perfekte raakvat, sorg-vir-almal, raakvat mooiste vrou. Ons celebrate jou! 💖🌟🌸