22/07/2026
Die GROOT aand het aangebreek!
Nog bietjie rond skarrrel en gou die laaste dinge in plek kry.....
Annelie en Rikus, die Bloustoor is perfek vir ons geleentheid! Baie dankie, alles is agtermekaar en netjies in plek. Ewald van XE Produksies het sommer al vroeg die musiektoerusting kom opslaan en ons heerlike vermaak met uitstekende musiek en klank. Tannie Tina se heerlike kerrie en rys, sop en vetkoekies en melkkos is lekker warm in die skottels opgeskep! Eldia, Joseph en Petrozette sit hand by en Karen neem foto's. Orania Beweging se Willem Boshoff is op sy pos.
En, Orania se mense maak die Blou Stoor vol! Julle is darem maar kosbaar! Ons moes weer en weer stoele indra! En die Fees het afgeskop!
Aan ieder en elkeen wat deelgeneem het om hierdie Ε onvergeetlike aand vir ons almal te maak, ons waardeer julle!
Danette en jou pragtige groep en eksta hande, asook Tobie busbestuurder (wat daardie kosbare "vrag" oral veilig neem).... julle het diep in ons harte kom kruip!
Kom asseblief weer!