10/06/2026
👨🏻💼Ontmoet ds. Martin Jordaan.
Ds. Jordaan is ’n emeritus leraar in die AP kerkverband, wat onlangs op Nooitgedacht buite Orania ingetrek het. Hy is geroepe om die Afrikaner se vryheidstrewe op alle terreine te bevorder. Hy glo dat ware vryheid beteken om Christus sonder vrees te kan dien.
Daarom predikant, wat volksgenote kan lei na vryheid in Christus. Hy het die effek van trauma in sy bediening raakgesien en daarin gespesialiseer om mense wat ly onder die effek van trauma te help om dit te reduseer, sodat vry daarvan geleef kan word.
🎯 Sy kundigheidsvelde sluit in:
• Die effek van trauma op ons denke en hoe om dit te oorkom.
• Trauma Insident reduksie.
• Emosionele lading van skok te verminder.
• Angstigheid en vrees te verminder.
• Bybelse berading om lewensuitdagings te hanteer.
🕰️ Spreekure: Maandae en Vrydae 9:00 to 16:00
☎️ Vir afsprake kontak Ds. Jordaan - 0823204892