Rhythm by Anine

Call Website Contact the practice

Rhythm by Anine Overwhelmed by health advice?
I help busy moms & dads keep it simple with clean products and real habits.
Safer swaps for your home & body.
↓ Order on WhatsApp

Kom raak deel van ons Leefstyl Ritme Plan. Kies groei en verandering.
18/11/2026

Kom raak deel van ons Leefstyl Ritme Plan. Kies groei en verandering.

Moenie uitmis nie! Raak deel!
17/11/2026

Moenie uitmis nie! Raak deel!

En daar begin ons!

Die volgende 4 weke gaan oor beter keuses, gesonde gewoontes en om ’n leefstylritme te bou wat werk.

Ek is ongelooflik opgewonde om saam met hierdie vroue te leer, groei en verandering te sien.

Klein stappe. Konsekwente keuses. Betekenisvolle verandering.

Kom ons doen dit!

28/09/2026

Groei gebeur binne-in roetine.

Vind ritmes wat roetine raak, en roetine raak gewoontes — gewoontes wat boustene word tot jou doelwitte.

Dit gaan nie altyd oor groot veranderinge nie. Dit gaan oor die klein keuses wat jy herhaal totdat dit deel van jou leefstyl word.

Kom groei saam by Lifestyle Club!

Kom woon 3 GRATIS klasse by en ontdek ’n nuwe roetine wat jou help om sterker te word — van binne en buite.

Pilates • Krag & Toning • Beweging • Gemeenskap •

Jou groei begin met een klein keuse.
Kom begin saam met ons.

17/09/2026

Gesond leef hoef nie so ingewikkeld te wees nie. 🤍

Ek deel hier eenvoudige, realistiese keuses vir jou liggaam, jou huis en jou gesin — sonder perfeksie, sonder uiterstes.

Net ’n ritme waarna jy kan terugkeer.

Welkom by Rhythm.

01/09/2026

Kom groei en beweeg saam!

24/08/2026

As ek elke week net probeer oorleef tot Vrydag, is iets te vinnig.

So ek het ’n paar dinge gekanselleer.
Ons ritme moet stadig genoeg wees dat almal in my huis kan byhou. 🤍

Wat kan jy hierdie week uit jou dagboek haal?

13/08/2026

Ek het vir 3 nagte in n ry genoeg geslaap!
Toe maak ek die fout om alles wat ek aanhou uitstel het, op 1 dag te doen.
n Oorvol dag, maak dan dat ek weer nie baie goed slaap nie.
Ek moet leer om nie my energie totaal leeg te tap nie.

Is jy ook n 0 - 100 mens?

10/08/2026

Ek word geskiet. Geboul. Geskop. En soms sommer net raakgeloop. 😂
Maar jinne, ek LOVE hierdie seuntjie-ma lewe. 🤎

Die geraas. Die energie. Die kompetisie oor absoluut ALLES. 😅
En die feit dat enige gewone oomblik binne sekondes in ’n game kan verander.

Ek moet gereeld herinner:
“BODY SHOTS JULLE!” 😂

23/07/2026

Ons elkeen het soms ’n af dag.

Dankie tog mense is nie bloubessies nie. 🤍🫐

22/07/2026

Ons kry dit nie altyd reg nie.

Ons verstaan mekaar nie altyd nie.

Maar ons kies steeds om jammer te sê, te vergewe en weer te begin.

Dalk is dit die beste verjaardaggeskenk wat ons vir ons kinders kan gee. 🤍

Address

11 Goedehoop Street
Potchefstroom
2531

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rhythm by Anine posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Rhythm by Anine:

Share