Amelia Nasorgsentrum

Amelia Nasorgsentrum Sentrum (NPO) in Potchefstroom vir volwassenes met intellektuele gestremdhede. Amelia Nasorgsentrum (ANS) is op 11 Mei 1976 gestig.

Die hoofdoel was om voorsiening te maak vir volwassenes met intellektuele gestremdhede nadat hulle die ouderdom van agtien jaar bereik het en om 'n veilige omgewing te bied vir hierdie mense wat nie in die normale arbeidsmark te kan funksioneer nie en wat nie na hulself kan omsien nie. In die begin was Amelia in 'n ou plaashuis in die Vyfhoek-kleinhoewes geleë. Amelia Nasorgsentrum is vernoem na d

ie eerste kliënt genaamd Amelia (Poppie) van Wyk. Die beheerliggaam het alles in hul vermoë gedoen om behuising en werkswinkels vir die inwoners te verskaf. ’n Stuk grond is langs ES Le Grange Skool gekoop en die eerste twee chalets vir die inwoners is in 1991 voltooi. Aan die einde van 1992 is agt chalets voltooi asook volledig toegeruste werkswinkels, ‘n wassery, ‘n kombuis, ‘n dagkliniek en ‘n administrasiegebou. Die beheerliggaam het Amelia as 'n NPO geregistreer. Die sentrum is geregistreer vir 130 inwoners en 30 dag kliënte. Die geboue en fasiliteite is 'n ideale omgewing vir werk, verblyf, ontspanning en dra by tot 'n beter lewenskwaliteit en sosiale ontwikkeling van diegene met spesiale behoeftes en beskerming van die mees kwesbares.

Onthou om jul plekke te bespreek🥳
04/08/2026

Onthou om jul plekke te bespreek🥳

Baie dankie aan die dames van The High School for Girls Potchefstroom wat die inwoners kom besoek het. 💫 Julle bydrae va...
31/07/2026

Baie dankie aan die dames van The High School for Girls Potchefstroom wat die inwoners kom besoek het. 💫 Julle bydrae van nie-bederfbare goedere en komberse word opreg waardeer! 🧣🩷

Die darts span pronk in hul nuwe hempies! 🎯 Baie dankie Re-solve Water Management Solutions 🚰💧vir die borg van die hempi...
30/07/2026

Die darts span pronk in hul nuwe hempies! 🎯

Baie dankie Re-solve Water Management Solutions 🚰💧vir die borg van die hempies. Die inwoners lyk soos professionele spelers.

Dankie Stephne Cockram vir jou afrigting en dat jy dit moontlik maak vir die inwoners om aan hierdie sport deel te neem. 🥇

25/07/2026

Bespreek nou jou tafel! 📌

13/07/2026

Rugby & biltong! 🏉🦌🇿🇦
Onthou om jou tafel te bespreek.

10/06/2026

Address

5 Richardson Street
Potchefstroom
2531

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:30
Tuesday 08:00 - 15:30
Wednesday 08:00 - 15:30
Thursday 08:00 - 15:30
Friday 08:00 - 13:00

Telephone

+27182905543

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Amelia Nasorgsentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Amelia Nasorgsentrum:

Shortcuts

Share