Azelle Grové Kinderkinetics

Azelle Grové Kinderkinetics We offer creative & the highest quality of neuro-senso-motor lessons from newborn - 13 years of age.

Kinderkinetika Babastimulasie-lesse,By ons babastimulasie-lesse fokus ons daarop om elke baba se ontwikkeling deur spel,...
19/05/2026

Kinderkinetika Babastimulasie-lesse,

By ons babastimulasie-lesse fokus ons daarop om elke baba se ontwikkeling deur spel, beweging en sensoriese stimulasie op ñ liefdevolle en veilige manier te ondersteun. Hierdie lesse help om belangrike mylpale te bevorder.

'Movement is the doorway to learning' - Paul Dennison.

Groei gebeur wanneer kennis gedeel word 🧠Baie dankie aan die skoolspan(ne) en onderwyseresse vir die warm ontvangs en po...
11/05/2026

Groei gebeur wanneer kennis gedeel word 🧠

Baie dankie aan die skoolspan(ne) en onderwyseresse vir die warm ontvangs en positiewe betrokkenheid tydens die onderskeie opleiding-sessies wat tot dusvêr plaasgevind het.

Ons is dankbaar om deel te kon wees van julle professionele ontwikkelingsreis. Baie dankie vir julle aktiewe deelname en waardevolle insette tydens die opleiding. Dit is inspirerend om skole te sien wat die waarde van voortdurende ontwikkeling en ondersteuning vir hul skool te prioritiseer.

Hieronder deel ons graag van die wonderlike terugvoer vanuit die sessies.

ñ Spesiale Moedersdag-sessie vol lag, liefde en beweging saam met een van ons kleuterskole se maats. Dankie aan al die o...
08/05/2026

ñ Spesiale Moedersdag-sessie vol lag, liefde en beweging saam met een van ons kleuterskole se maats. Dankie aan al die ongelooflike mammas wat vandag saam geoefen, gespeel en mooi herinneringe geskep het.

22/04/2026

Ons Laerskool-dienste help leerders om deur beweging hul fiksheid én skolastiese prestasie te verbeter, want aktiewe kinders is gefokusde leerders ⛹️🧠

Ons maats spring met ywer in Kwartaal 2 in! Daar word hard geoefen, nuwe uitdagings aangepak en baie pret beleef. Met gl...
16/04/2026

Ons maats spring met ywer in Kwartaal 2 in! Daar word hard geoefen, nuwe uitdagings aangepak en baie pret beleef. Met glimlagte en vasberadenheid bou hulle aan hulle vaardighede - ons is sommer baie trots!

18/03/2026

Pret wat elke kind se ontwikkeling dryf - emmer vir emmer bou ons fundamentele vaardighede vir latere skolastiese- & sportspesifieke sukses.

Ons is trots om te deel dat ons onlangs ñ besoek vanaf SAPIK (Suid-Afrikaanse Professionele Instituut vir Kinderkinetika...
03/03/2026

Ons is trots om te deel dat ons onlangs ñ besoek vanaf SAPIK (Suid-Afrikaanse Professionele Instituut vir Kinderkinetika) ontvang het waartydens ons 97% nakoming van alle professionele vereistes behaal het.

Hierdie prestasie getuig van ons verbintenis tot uitnemendheid, etiese praktyk en die handhawing van hoë standaarde in alles wat ons doen. Elke kind ontvang die hoogste standaard van sorg en ontwikkeling.

As geregistreerde lede bly ons gefokus daarop om elke kind in ñ veilige, gestruktureerde en ondersteunende omgewing te ontwikkel.

ñ Opregte dankie aan ons toegewyde span - dankie vir julle harde werk, professionaliteit & liefde vir elke kind.

Aan God alleen die eer.

Ons bied ondersteunende, bewegingsgebaseerde ontwikkelingsdienste by Laerskole aan! Met die fokus op grootmotoriese vaar...
25/02/2026

Ons bied ondersteunende, bewegingsgebaseerde ontwikkelingsdienste by Laerskole aan!

Met die fokus op grootmotoriese vaardighede, refleks integrasie, konsentrasie en leer-gereedheid, help ons leerders om meer selfvertroue te ontwikkel en ñ sterk grondslag vir akademiese grondslag te bou.

Ons het die voorreg gehad om opleiding aan een van ons skole se personeel te gee, met die fokus op die ontwikkeling van ...
03/02/2026

Ons het die voorreg gehad om opleiding aan een van ons skole se personeel te gee, met die fokus op die ontwikkeling van die voorskoolse kind.

Tydens die sessie het ons gesels oor tipiese ontwikkelingsmylpale, asook hoe om moontlike uitdagings vroegtydig te identifiseer.

Die doel was om die opvoeders toe te rus met praktiese kennis en omvattende begrip rakende kinders se ontwikkeling.

Dit is altyd besonders om saam met passievolle opvoeders te werk tot voordeel van elke kind se groei en welstand.

Ontmoet ons span:By ons praktyk, glo ons dat ware ontwikkeling plaasvind waar professionele kundigheid en opregte omgee ...
09/01/2026

Ontmoet ons span:

By ons praktyk, glo ons dat ware ontwikkeling plaasvind waar professionele kundigheid en opregte omgee ontmoet.

Samantha se geordende werkswyse, stiptelikheid en hoë professionele etos verseker konsekwente, doelgerigte en hoë-gehalte intervensies waarin kinders veilig kan groei en vorder. Sy het die vermoë om op kinders se vlak te werk en hul wêreld met opregte betrokkenheid te betree.

René beskik oor besonderse vermoë om kinders op hul gemak te stel en vertroue te bou, wat elke sessie ñ positiewe en aanmoedigende ervaring gaan maak. Haar betrokkenheid skep ñ ruimte waar kinders kan floreer. Sy het reeds wye ervaring en professionele insig opgedoen en benut dit effektief om betekenisvolle vordering by kinders te fasiliteer.

Ons verwelkom al ons kinders, ouers, skoolhoofde en personeel terug en sien uit om ñ opwindende en leersame jaar te begin - die praktyk open 14 Januarie 2026.

Address

Pretoria

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00
Saturday 11:00 - 13:00

Telephone

+27798956761

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Azelle Grové Kinderkinetics posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Azelle Grové Kinderkinetics:

Shortcuts

Share