28/07/2026
Kom ons praat oor: HEPATITIS 🦠
⚠️ Wat is Hepatitis? Dit is ontsteking van die lewer en kan veroorsaak word deur alkohol, gifstowwe, virale infeksies (hepatitis A-E) en outo-immuunreaksies. Sommige gevalle is akuut (tydelik en omkeerbaar), terwyl ander kronies (langdurig) is. Gevalle wissel van baie matig (selfs sonder simptome) tot lewensgevaarlike lewerversaking en die dood.
⚡️ Die mees opmerklike simptoom is geelsug (d.w.s. geel verkleuring van die wit gedeeltes van die oë, vel en slymvliese). Geelsug is egter nie altyd onmiddellik duidelik of selfs teenwoordig nie. Ander simptome kan insluit moegheid, maagpyn (veral regs-bo in die buik), naarheid, donker urine en/ of ligte stoelgang, ongekontroleerde suikervlakke, abnormale bloeding of jeuk van die vel.
‼️ Hoe om Hepatitis te help voorkom (vir die verskeie oorsake):
• Goeie higiëne - Was jou hande gereeld, veral na toiletgebruik en voor kosmaak/eet 🧼
• Gesonde leefstyl - Beperk alkoholinname, eet gesond en oefen gereeld 🥗
• Voedsel- en waterveiligheid - Wees versigtig met water en rou kos in gebiede waar Hepatitis A algemeen voorkom 🚰
• Vermy gifstowwe sover moontlik - Werk versigtig met gifstowwe en skoonmaakprodukte deur die gebruik van veiligheidsmaatreëls (bv. handskoene, maskers, veilige berging). Moet ook nie medikasie of aanvullings gebruik wat nie nodig of voorgeskryf is nie 💊
• Vermy kontak met vuil naalde en bloed - Gebruik altyd skoon naalde van betroubare bronne. Moet nooit naalde deel nie. Gaan slegs na gesertifiseerde en betroubare verskaffers vir tatoeëermerke en skiet van juweelgaatjies 💉
• Inentings - Hepatitis A en B inentings is beskikbaar en word aanbeveel vir hoë risiko individue 🩹
☎️ 064 528 2510 | 064 553 2340
📍 Moot Med | 1052 Haarhoff Street, Villieria
Not a substitute for medical advice. Always speak to your doctor for personal guidance.🚫