14/08/2026
As vrouens is ons gewoond daaraan om ander se behoeftes bo ons eie te stel. Hierdie vrouemaand wil ons graag hê jy moet jou geestesgesondheid eerste stel. Kom ons ondersteun en moedig mekaar aan om nie net na ons fisiese gesondheid om te sien nie, maar ook na ons geestesgesondheid.
Neem tyd vir jouself. Doen aktiwiteite waaroor jy passievol is en spandeer tyd saam met jou geliefde. Doen wat jou gelukkig en geestelik gesond maak.
Jy mag jouself eerste stel.