02/07/2026
🧬 VAKKEUSE REEKS: LEWENSWETENSKAPPE
Lewenswetenskappe is die studie van lewe in al sy vorme, van die kleinste selle tot volledige ekosisteme. In hierdie vak leer jy hoe plante, diere en mense funksioneer, hoe hulle met mekaar en hul omgewing in wisselwerking tree, en hoe wetenskaplikes deur navorsing en eksperimente nuwe kennis ontdek.
🔎 Watter leerders sal Lewenswetenskappe geniet?
Lewenswetenskappe kan ’n uitstekende keuse wees vir leerders wat:
• nuuskierig is oor hoe die menslike liggaam, plant- en dierselle funksioneer
• graag vrae vra en antwoorde deur ondersoek wil ontdek
• belangstel in die natuur en die omgewing
• daarvan hou om te eksperimenteer en waarnemings te maak
• logies kan d**k en inligting krities kan ontleed
• ’n belangstelling in gesondheid, biologie of bewaring het
💡 Wat leer jy in Lewenswetenskappe?
• die bou en funksionering van selle en weefsels
• hoe plante en diere leef, groei en voortplant
• genetika en oorerwing
• biodiversiteit en evolusie
• die verhouding tussen organismes en hul omgewing
• hoe wetenskaplike ondersoeke beplan, uitgevoer en geëvalueer word
🎓 Moontlike studierigtings en loopbane:
Geneeskunde | Verpleegkunde | Fisioterapie | Arbeidsterapie | Biokinetika | Aptekerswese | Biochemie | Genetika | Omgewingswetenskappe | Bewaring | Ekologie | Navorsing | Onderwys
📚 Lewenswetenskappe is ’n waardevolle vak vir leerders wat ’n loopbaan in gesondheids- of biologiese wetenskappe oorweeg.
Kontak my gerus vir raad en advies rakende vakkeuses asook vir meer inligting oor my vakkeusevoorligting dienste!💡
📲072 726 7911
💻[email protected] / https://insigpsigometrie.com