Insig Psigometrie

Directions Website

Insig Psigometrie Kontak ons vir ’n sessie! 💡🧠

Professionele loopbaanvoorligting & psigometriese assessering,
vir hoërskoolleerders, studente & jong werkendes
Help jou kind om ’n ingeligte toekomskeuse te maak.

29/09/2026

“Ek weet nie wat ek ná skool wil doen nie…” As jou kind dit al vir jou gesê het, is hierdie promosie vir julle!

Jou kind hoef nie op 16 of 17 al presies te weet wat die toekoms inhou nie, maar hulle verdien wel die geleentheid om hulself beter te verstaan en moontlike rigtings te ontdek.

Hierdie skoolvakansie bied Insig Psigometrie 25% AFSLAG op alle loopbaanvoorligting-assesseringspakkette.
Slegs geldig van 28 September tot 6 Oktober 2026 ❗️

Dit is ’n geleentheid vir jou as ouer om saam met jou kind te kyk na hul belangstellings, aanleg, persoonlikheid en moontlike loopbaanrigtings en om met meer insig na belangrike toekomstige keuses te kyk.

Moenie wag totdat die keuse voor die deur is nie. Begin nou.

Stuur vir my ’n WhatsApp of kontak Insig Psigometrie vir meer inligting en om jou kind se sessie te bespreek.

✏️ 072 726 7911
✏️ [email protected]

Insig Psigometrie - ’n Beter toekoms begin met insig. 💡🧠

Jou kind se toekoms begin met ’n beter begrip van hulself! Ontdek jou kind se unieke sterkpunte, belangstellings, persoo...
28/09/2026

Jou kind se toekoms begin met ’n beter begrip van hulself!

Ontdek jou kind se unieke sterkpunte, belangstellings, persoonlikheid en potensiaal, en kry waardevolle insig om met groter sekerheid hul toekomstige loopbaan te beplan. 🧠💡

Slegs 28 September – 6 Oktober: 25% AFSLAG op alle Loopbaanvoorligting-assesseringpakkette by Insig Psigometrie.

Plekke is beperk en die promosie is onderhewig aan beskikbare toetssessies. Kontak my vandag nog om ’n sessie te bespreek.

📞 072 726 7911
💻 [email protected]

&12

23/09/2026

Nie elke leerder wat onseker is oor hul toekoms het ’n probleem nie, maar soms kan die regte leiding ’n groot verskil maak.

Loopbaanvoorligting gee ’n leerder die geleentheid om hulself beter te verstaan en verskillende moontlikhede binne die wêreld van werk te ondersoek. 👮‍♂️🧑‍🌾👩‍🎓👨‍🏫👨‍💻

As jy jouself in enige van hierdie situasies herken, is dit dalk tyd om met ń loopbaanvoorligter te gesels!

Kontak Insig Psigometrie om meer uit te vind!

📞 072 726 7911 (Navrae via WhatsApp is welkom)
💻 [email protected]

22/09/2026

Wanneer jou kind onseker is oor sy of haar toekoms, hoef die oplossing nie te wees om nog 20 beroepe op Google te soek nie.

Begin by die persoon agter die beroepskeuse.

Professionele loopbaanvoorligting kan help om ’n leerder se belangstellings, aanleg, persoonlikheid en moontlike loopbaanrigtings beter te verstaan. 🧠💡

Kontak Insig Psigometrie om meer uit te vind!

📞 072 726 7911 (Navrae via WhatsApp is welkom)
💻 [email protected]

“Ma, ek weet nie wat ek eendag wil word nie.” 🤔Dit is ’n sin wat baie ouers hoor.En volgende volg al hierdie vrae:“Wat w...
17/09/2026

“Ma, ek weet nie wat ek eendag wil word nie.” 🤔

Dit is ’n sin wat baie ouers hoor.

En volgende volg al hierdie vrae:

“Wat wil jy na skool studeer?”

“In watter beroep stel jy belang?”

“Watter vakke moet jy kies?”

“Wat wil jy met jou lewe doen?”

Maar die waarheid is ’n hoërskoolleerder het nie noodwendig reeds al die antwoorde nie.

Dit beteken nie jou kind is lui, ongemotiveerd of onseker oor die lewe nie. Dit kan eenvoudig beteken dat hy of sy nog nie genoeg van hul eie belangstellings, persoonlikheid, aanleg en die wêreld van werk verstaan nie.

Dít is waar goeie loopbaanvoorligting ’n belangrike rol kan speel.

By Insig Psigometrie gebruik ons professionele psigometriese assessering saam met koffiegesprekke en loopbaanvoorligting om ’n meer volledige prentjie van die leerder te vorm.

Ons doel is nie om vir jou kind te sê: “Jy móét hierdie beroep kies” nie, maar om hulle te help verstaan:

“Waarin is ek goed?”
“Wat interesseer my?”
“Watter werksomgewings kan by my pas?”
“Watter moontlikhede is daar vir my?”

’n Loopbaanpad hoef nie op ’n raaiskoot gebaseer te wees nie!

Kontak ons sommer via WhatsApp by 072 726 7911 om meer oor ons loopbaanvoorligting aanbod uit te vind! 💡

💻E-posadres: [email protected]
🌐Webtuiste: https://insigpsigometrie.com/

Die regte vakke kan deure oopmaak. Die verkeerde vakke kan toekomstige studiekeuses onnodig beperk!As jou kind vanjaar G...
04/08/2026

Die regte vakke kan deure oopmaak. Die verkeerde vakke kan toekomstige studiekeuses onnodig beperk!

As jou kind vanjaar Graad 9 is, is dit nou die tyd om ingeligte vakkeuses te maak. 💡📚

Vir ’n beperkte tyd bied Insig Psigometrie vakkeusevoorligting aan vir slegs R1 000.00. Die proses help leerders om hul belangstellings, aanleg en sterkpunte beter te verstaan, sodat hulle met groter selfvertroue vakke kan kies wat by hul unieke profiel en toekomsdrome pas.

Die promosie is geldig vanaf 4 Augustus tot 6 September 2026.

Besprekings is beperk. Kontak my via WhatsApp of e-pos om jou kind se plek te bespreek.📞

28/07/2026

ń Dosent by Open Window het ons meer van hulle verpligte eerstejaar modules by hulle opedag vertel 📚🤓🎨✍️🖼️

28/07/2026

Ek het vir Suzet, fotografie dosent by Open Window, die volgende 3 vrae by Open Window se opedag gevra:

1. Wat behels communication design?
2. Hoe verwelkom Open Window AI sagteware in hulle kwalifikasies?
3. Kry Open Window graduates maklik werk?

Baie dankie Suzet! Open Window se aansoeke is tans oop, moet nie jou kans tot ń kreatiewe loopbaanpad misloop nie! 🎨🎭📒

🧬 VAKKEUSE REEKS: LEWENSWETENSKAPPELewenswetenskappe is die studie van lewe in al sy vorme, van die kleinste selle tot v...
02/07/2026

🧬 VAKKEUSE REEKS: LEWENSWETENSKAPPE

Lewenswetenskappe is die studie van lewe in al sy vorme, van die kleinste selle tot volledige ekosisteme. In hierdie vak leer jy hoe plante, diere en mense funksioneer, hoe hulle met mekaar en hul omgewing in wisselwerking tree, en hoe wetenskaplikes deur navorsing en eksperimente nuwe kennis ontdek.

🔎 Watter leerders sal Lewenswetenskappe geniet?

Lewenswetenskappe kan ’n uitstekende keuse wees vir leerders wat:
• nuuskierig is oor hoe die menslike liggaam, plant- en dierselle funksioneer
• graag vrae vra en antwoorde deur ondersoek wil ontdek
• belangstel in die natuur en die omgewing
• daarvan hou om te eksperimenteer en waarnemings te maak
• logies kan dink en inligting krities kan ontleed
• ’n belangstelling in gesondheid, biologie of bewaring het

💡 Wat leer jy in Lewenswetenskappe?
• die bou en funksionering van selle en weefsels
• hoe plante en diere leef, groei en voortplant
• genetika en oorerwing
• biodiversiteit en evolusie
• die verhouding tussen organismes en hul omgewing
• hoe wetenskaplike ondersoeke beplan, uitgevoer en geëvalueer word

🎓 Moontlike studierigtings en loopbane:

Geneeskunde | Verpleegkunde | Fisioterapie | Arbeidsterapie | Biokinetika | Aptekerswese | Biochemie | Genetika | Omgewingswetenskappe | Bewaring | Ekologie | Navorsing | Onderwys

📚 Lewenswetenskappe is ’n waardevolle vak vir leerders wat ’n loopbaan in gesondheids- of biologiese wetenskappe oorweeg.

Kontak my gerus vir raad en advies rakende vakkeuses asook vir meer inligting oor my vakkeusevoorligting dienste!💡
📲072 726 7911
💻[email protected] / https://insigpsigometrie.com

Address

1185 Woodlands Drive, Queenswood
Pretoria
0186

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 14:00
Saturday 08:00 - 14:00
Sunday 08:00 - 14:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Insig Psigometrie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category