Dr Reza Laubscher

Dr Reza Laubscher Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Dr Reza Laubscher, Family doctor, 18 Voortrekker Road, Riebeek-Wes.

GP with a special interest in paediatrics, primary care, women’s health, and aesthetics.
📍18 Voortrekker Road, Riebeek West
🩺 GP medical appointments : 022 461 2517
🌷Aesthetics : [email protected]

🌸 MENOPOUSE: Alles wat jy moet weet - die wetenskap agter die veranderinge.Hierdie een is ’n lang een, maar ek belowe di...
09/07/2026

🌸 MENOPOUSE: Alles wat jy moet weet - die wetenskap agter die veranderinge.

Hierdie een is ’n lang een, maar ek belowe dit is die moeite werd.

Menopouse is soveel meer as net warm gloede. Dit beïnvloed jou hormone, brein, hart, bene, metabolisme, spiere, gewig en selfs jou langtermyn gesondheid.

In hierdie post bespreek ons:

🌸 Wat perimenopause en menopouse is
🧬 Hoekom dit gebeur
🔥 Hoekom warm gloede voorkom
🧠 Die wetenskap agter “brain fog”, angs en gemoedsveranderinge
⚖️ Gewigstoename en hoekom dit moeiliker raak om gewig te verloor
💊 Hormoonvervangingsterapie (HRT) - voordele, risiko’s en die verskillende opsies
🏋️ Die belangrikheid van kragoefening vir spier- en beengesondheid
💉 Die rol van GLP-1-medikasie tydens menopouse

My doel is om jou te help om die “hoekom” agter menopouse te verstaan, sodat jy ingeligte besluite oor jou gesondheid kan neem.

💬 Het jy vrae of kommentaar? Los dit gerus hieronder. Ek sal probeer om soveel as moontlik te beantwoord. Deel ook gerus jou eie ervaring- dit kan iemand anders help wat dieselfde pad stap. ❤️

⚠️ Vrywaring: Hierdie plasing is slegs vir algemene opvoedkundige en inligtingsdoeleindes en vervang nie ’n konsultasie met ‘n dokter of ander gesondheidsorgpraktisyn nie. Elke vrou se mediese geskiedenis, simptome en risiko’s verskil. Raadpleeg altyd jou dokter voordat jy met enige behandeling of medikasie begin of veranderinge aan jou huidige behandeling aanbring.

Na al die belangstelling en reaksie op die plasing oor die gewigsverlies-inspuitings 💉, wil ek graag vir julle almal wat...
26/06/2026

Na al die belangstelling en reaksie op die plasing oor die gewigsverlies-inspuitings 💉, wil ek graag vir julle almal wat hierdie blad volg vra - watter onderwerpe sal julle graag volgende hier wil sien?

Waarvan sal julle meer wil weet of waaroor voel jy, kan jy nie met jou dokter gesels nie?🤔

Ek deel graag mediese, bewysgebaseerde inligting op ‘n eenvoudige manier, wat mense help om beter ingeligte besluite oor hul gesondheid te neem 🩺📚, maar ek wil ook seker maak dat die inhoud relevant is vir julle vrae en behoeftes.

Los gerus jou idees of vrae in die kommentaar 💬 dit kan enigiets wees van algemene gesondheid, vrouegesondheid, kinders, chroniese siektes, leefstyl, of selfs mites wat jy al gehoor het en wil hê ek moet ontleed 🧠💡

Ek sien uit om te hoor wat julle wil leer 😊

💉 GLP-1, Ozempic, Wegovy, Mounjaro, Tirzepatide, Retatrutide…💭Hierdie is tans een van die grootste gesprekspunte in geso...
23/06/2026

💉 GLP-1, Ozempic, Wegovy, Mounjaro, Tirzepatide, Retatrutide…

💭Hierdie is tans een van die grootste gesprekspunte in gesondheid en gewigsverlies wêreldwyd. 🌎

🤔Maar wat is hierdie medikasies werklik?
Hoe werk hulle?
Vir wie is hulle bedoel?
Wat is die moontlike voordele, risiko’s en newe-effekte?
Wat gebeur wanneer jy ophou?
Wat van spierverlies, gewig wat terugkom en die gevare van ongereguleerde produkte?

In hierdie plasing bespreek ons die wetenskap agter hierdie medikasies op ’n eenvoudige manier wat maklik verstaanbaar is vir die algemene publiek.

Dit is ’n lang plasing, maar die doel is om gebalanseerde, bewysgebaseerde inligting te deel sodat mense ingeligte besluite oor hul gesondheid kan neem.

⚠️ BELANGRIKE VRYWARING

Hierdie inligting is slegs vir opvoedkundige doeleindes en vervang nie mediese advies, diagnose of behandeling nie.

Gewigsverliesmedikasie is nie geskik vir almal nie en die voordele, risiko’s en moontlike kontra-indikasies verskil van persoon tot persoon.

Bespreek altyd enige gewigsverliesmedikasie met jou eie dokter of gesondheidsorgverskaffer, veral indien jy swanger is, borsvoed, chroniese mediese toestande het of ander medikasie gebruik.

Die doel van hierdie plasing is om in te lig, nie om behandeling aan te beveel of voor te skryf nie.

DIABETES : MITES VS FEITE 🍬🩸Diabetes is nie net ’n “suiker probleem” nie - dit is ’n komplekse metaboliese toestand wat ...
26/05/2026

DIABETES : MITES VS FEITE 🍬🩸

Diabetes is nie net ’n “suiker probleem” nie - dit is ’n komplekse metaboliese toestand wat baie vroeër begin as wat die meeste mense d**k. 🩺

Baie van die skade gebeur stilweg oor jare, lank voordat simptome duidelik word. Die goeie nuus is dat vroeë begrip en leefstylveranderinge ’n groot verskil kan maak in voorkoming en beheer.

💡 Kennis = vroeë opsporing + beter beheer + minder komplikasies

📌 Deel gerus vir meer bewusmaking

Hello almal 👋Ek was die afgelope tyd bietjie stil hier op die blad omdat ons familie ‘n pragtige baba dogtertjie ryker g...
25/05/2026

Hello almal 👋

Ek was die afgelope tyd bietjie stil hier op die blad omdat ons familie ‘n pragtige baba dogtertjie ryker geword het 🍼

Die lewe is dus lekker besig terwyl ek hierdie spesiale nuwe seisoen van moederskap geniet en tans op kraamverlof is. 🗓️

Soos dinge stadigaan weer in ritme kom, sien ek uit daarna om weer opvoedkundige mediese inhoud en plasings te deel. 📚

Oor die volgende paar maande gaan ek ‘n verskeidenheid onderwerpe dek, insluitend:
• Wintersiektes & algemene seisoenale toestande
• Chroniese siektes
• Gewigsverlies & metaboliese gesondheid
• Vrouegesondheid
• Alledaagse mediese feite & mites
• Voorkomende gesondheids “tips” en nog meer

Ek hoor ook graag van julle - oor watter onderwerpe sal julle spesifiek meer wil leer of lees? 🤓

Los gerus kommentaar hieronder met vrae of temas waaroor julle graag opvoedkundige plasings wil sien 👇

❗️Neem asseblief kennis: Alle inhoud wat op hierdie blad gedeel word, is slegs vir opvoedkundige en informasie doeleindes en vervang nie ‘n konsultasie met jou eie dokter of gesondheidsorgverskaffer nie. Ongelukkig sal ek nie spesifieke mediese vrae oor individuele pasiënte kan beantwoord of persoonlike mediese advies aanlyn kan gee nie. Indien jy bekommerd is oor jou gesondheid of simptome, raadpleeg asseblief jou dokter of gesondheidsorgverskaffer.

29/08/2025

Parents and caregivers, protect your little ones against measles by keeping their routine immunisations up to date. The measles vaccine is given at 6 months and a booster at 12 months. Make sure your whole family is fully immunised

29/08/2025

Rubella is a contagious viral disease that can cause serious complications, especially for pregnant women and their unborn babies. Infection during pregnancy can lead to Congenital Rubella Syndrome. Don’t wait – vaccinate today!

🫀 Vandag gesels ons oor HOË BLOEDDRUK (Hipertensie)’n Stille moordenaar wat jou hart, brein, niere en oë stilweg kan bes...
19/06/2025

🫀 Vandag gesels ons oor HOË BLOEDDRUK (Hipertensie)

’n Stille moordenaar wat jou hart, brein, niere en oë stilweg kan beskadig sonder dat jy dit agterkom.

Leer vandag hoekom dit belangrik is om jou bloeddruk te ken, te meet en te beheer – en wat jy by die huis kan doen om jou gesondheid te beskerm.🫶

GP afsprake :
📍18 Voortrekker Rd, Riebeek Wes
📞022 461 2517

12/06/2025

🩺 KEN DIE TEKENS VAN RESPIRATORIESE-NOOD BY KINDERS 👩‍🍼

Ons ervaar tans ’n baie ernstige griep- en virusseisoen, insluitend RSV, griep en ander respiratoriese infeksies. Om die vroeë tekens van respiratoriese-nood te herken, kan lewens red.

👉 Hierdie plasing verduidelik die 8 belangrikste tekens en wanneer jy dadelik hospitaal toe moet gaan. Ongelukkig laat Facebook nie toe dat ek fotos en videos saam post nie - so hou maar die “pause” knoppie om elke slide te lees.

📹 Aan die einde van die plasing is daar ’n video-demonstrasie van elke teken (nie geskik vir sensitiewe kykers nie).
🎥 Krediet aan die skepper van die video:

⚠️ BELANGRIK: Hierdie inligting dien slegs as algemene leiding en vervang nie ’n konsultasie met ’n dokter nie. As jy enigsins onseker is of bekommerd voel oor jou kind, gaan asseblief onmiddellik na jou dokter of na die naaste kliniek/hospitaal.

Vir afsprake :
📍18 Voortrekker Rd, Riebeek West
📞022 461 2517

Address

18 Voortrekker Road
Riebeek-Wes
7306

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Telephone

+27224612517

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dr Reza Laubscher posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category