Dr Veronique Arthur - Algemene Praktisyn

Dr Veronique Arthur - Algemene Praktisyn Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Dr Veronique Arthur - Algemene Praktisyn, Family doctor, Weskus FamMed, VDM Building, #28 Saldanha Road, Saldanha.

04/10/2018
24/01/2018

Constipation is a very common problem for children. For most children, constipation means passing hard poo (faeces, stools or motions), with difficulty,...

23/11/2017

Die Voorbehoedpil

Ek sien bykans op ‘n daaglikse basis vroue met vrae oor die voorbehoedpil. Ek gesels hieronder oor die voor- en nadele. Onthou, medikasie is spesifiek vir elke individu. Gesels altyd met jou dokter!

Miljoene vroue oor die wêreld heen drink elke oggend ’n voorbehoedpil. Vir baie vroue is dit al tweede natuur om die pilletjie te sluk, en vir sommiges bly dit ’n voortdurende gesukkel om te onthou! Maar is die pilletjie, wat destyds as die beste uitvindsel in medisyne beskou is, alles maanskyn en rose?

Die pil is by verre een van die medikasies wat al die meeste nagevors is. Met tyd is verskeie variasies van die middel ontwikkel en is die middel al redelik verfyn. Wereldwyd is daar vrou wat hoog-en-laag glo daar is geen beter alternatief vir swangerskapvoorkoming nie, terwyl baie weer glo dit is ’n gevaarlike middel met baie newe effekte.

Hoe dit ookal sy, moderne medisyne het met tyd verskeie alternatiewe ontwikkel vir vroue wat ander opsies verkies. Maar die Pil behou steeds sy standvastigheid.

Ses Voordele van die Pil

1.​Indien dit reg gebruik word is dit ’n baie betroubare manier van swangerskap voorkoming.

2.​Navorsing het bewys dat dit beslis menstruale krampe en pyn verlig en sorg vir meer gereelde en ligter menstruasies wat veral voordelig is vir vroue met lae ystervlakke

3.​Dit is meer gerieflik as skans-metodes soos kondome of die diafragma

4.​Dit verlaag die risiko om osteoporose en eierstokgroeisels te ontwikkel, en verlig beslis
​lastige pre-menstruele simptome.

5.​Die Pil verminder vaginale droogheid en dus pynlike omgang

6.​Navorsingstudies toon dat vroue wat die Pil gebruik ’n veel minder kans het (sommiges
​skat tot 66% ) om eierstokkanker of baarmoderkanker te ontwikkel. Die studies toon ook hoe langer die middel gebruik word, hoe beter is die beskerming teen hierdie toestande.


Vier Nadele van die Pil

1.​Soos alle medikasies het die Pil verskeie newe-effekte. Dit sluit in hoofpyne, borsteerheid, ’n verandering in seksuele dryf by sommige vroue en naarheid en braking.

2.​Sommige vroue kan tussen menstruasies steeds bloei (sogenaamde “spotting”). As jy
​hierdie ervaar, is dit van waarde om met jou dokter te gesels. Somtyds is die kombinasie
​van hormone of die dosis daarvan nie korrek vir jou liggaam nie.

3.​Baie vroue ervaar ’n toename in gewig. Daar is ook studies wat toon dat die effektiwiteit
​van die Pil afneem met toename in gewig. Oftewel dit deur die bank die geval is, word nog ondersoek.

4.​Vroue op die Pil het ’n verhoogde risiko om bloedklonte te ontwikkel. (sien onder).


Die risiko vir Trombo-embolisme (Bloedklonte) met die gebruik van die Pil

Verskeie studies is al gedoen oor die ontwikkeling van bloedklonte met die gebruik van die Pil. Hierdie bloedklonte sluit in diep veneuse trombose (sogenaamde DVT’s waar ’n bloedklont in die die diep bloedvate die ledemate vorm) en pulmonale embolisme (bloedklonte in die longe, waar gedeeltes van die stolsels in in die diepvate kan losbreek en in die longe opeindig). Die studies toon beslis ’n verhoogde risiko hiervoor met die gebruik van die Pil. Tog is dit relatief laag en word geskat dat tussen 3 en 9 vroue per 10 000 dit ontwikkel. Die risiko is aansienlik hoër in vroue ouer as 35, vroue wat rook en vroue met ’n sterk familie of persoonlike geskiedenis van hartsiektes en bloedvatsiektes. Dit is uiters belangrik om hierdie toestande met jou dokter te bespreek as jy tans op die Pil is, of beplan om dit te gebruik.


So, is dit ’n goeie idee om die pil te gebruik of nie?

Die middel is werklik goed nagevors en het baie voordele, maar die nadele en gevare soos met enige middel moet nooit uit die oog verloor word nie. Voorbehoedmetodes hang af van verskei faktore soos jou voorkeure, jou vorige mediese geskiedenis, jou seksuele gedrag, ander medikasies wat jy gebruik en natuurlik, hoe goed (of nie!) jy gaan onthou om die metode korrek te gebruik.

Daar is hordes opsies op die mark. Gesels met jou dokter. Wat vir een vrou werk, werk miskien nie vir ’n ander vrou nie.

Nota: Die artikel het oorspronklik op Huisgenoot verskyn as deel van ‘n reeks artikels wat ek vir die Dokter-dokter tv-reeks op VIA TV geskryf het.

Foto: Pexels

20/10/2017

In VIA (DStv-kanaal 147) se mediese werklikheidsprogram Dokter-dokter, help dr. Owen Wiese in elke episode pasiënte om hul mediese kwale op te los of beter te bestuur. Hier op Huisgenoot.com deel hy weekliks raad en praktiese inligting oor daardie mediese vrae wat jy liefs nie wil vra nie.

13/10/2017

MY BRIEF AAN ELKE MENS AAN WIE EK AL SLEGTE NUUS MOES OORDRA

Op universiteit word ons opgelei dat daar 'n koud en kliniese manier is om slegte nuus aan 'n pasiënt oor te dra. Begin by die begin, berei die pasiënt voor, dra die nuus oor en gee die pasiënt kans om die nuus te verwerk. Soos bykans alles in medisyne werk dit perfek op papier, maar in praktyk is dit ‘n ander storie. Hierdie is my ope brief aan elke pasiënt wat al ooit slegte nuus moes kry:

Liewe Pasient,
Die ander dag moes ek slegte nuus aan jou oordra. Wat dit was maak seker nie nou meer saak nie. Die feit bly staan, dit was in my hande om jou lewe op daardie oomblik vir altyd te verander. Dit is een ding om te hoor jy skuld die ontvanger honderde duisende rande, maar dit is 'n heel ander storie as jy hoor jy lei aan 'n ongeneesbare siekte. En ek is die persoon wat die nuus moes breek. Die persoon wie se gesig jy altyd sal onthou as jy aan dáárdie dag d**k, die persoon wat die fondasie waarop jou menswees gebou is verkrummel het. Al wou ek nie.

Mense reageer verskillend op skokkende nuus. Sommige begin huil, ander raak kwaad, maar die meeste mense, soos jy, staar sonder uitdrukking na my in ongeloof. Op daardie oomblik wens ek ek kon jou gedagtes lees en net bietjie verstaan wat jy d**k en voel. Miskien was ek te koud, dalk te kras. Of miskien moes ek meer verduidelik. Of minder.
Die ergste is dat ek nie graag die slegte nuus wou deel nie. Maar ek moet. Dit is my werk. Ek sal baie graag eerder wou sê dat jy die gelukkige wenner van 'n vakansie was, of dat jou lewe op daardie oomblik skouspelagtig sou verander ten goede.

Wat my seker die meeste ontstel (en ek mag dit nie wys nie) is dat nadat jy uit my spreekkamer gestap het, ek vir 'n volgende pasiënt goeie nuus moet gee. Ek moet bly wees saam met iemand (en ek wil!), terwyl ek vyftien minute terug saam met jou wou huil. Agter 'n masker van blydskap, is dit 'n gesig wat sukkel om lag. Ek d**k aan hoe jy moet voel. Dit is seker een van die moeilikste dinge in die lewe: om een oomblik te wil uitbars in trane om net ‘n paar minute later te moet skater van blydskap.

Elke aand voor ek gaan slaap d**k ek aan jou en of jy okay is. Of jy pyn het, hartseer is, of jy al berusting gevind het. Ek wonder of daar iemand is wat daar is vir jou. En selfs, of jy nog lewe.

Wanneer die volgende pasiënt instap aan wie ek slegte nuus moet oordra, slinger my gedagtes my rond en daardie oomblik wat ek jou lewe verander het, is weer voor my oë. Dit raak makliker om slegte nuus oor te dra, maar dit sal nooit tweede natuur word nie.

Selfs die “hardste” dokter met geen takt sal nooit daaraan gewoond raak om slegte nuus oor te dra nie. Dit gaan oor menswees. Dit gaan oor menslikheid. Dit gaan oor meer as net nog 'n mens. Of nog 'n sieke. Of wetenskap.

Ek wil hê jy moet weet: as dit ooit gelyk het of ek net die koue, harde feite uitblaker en emosieloos na jou kyk asof jy net nóg ‘n wetenskaplike resultaat is, weet dat ek op daardie oomblik alles wat ek is bymekaar moet hou om my beste te gee sodat jy op geen oomblik voel jy is alleen in jou situasie nie. Dit is nie moontlik om woorde soos kanker, vigs, dood of terminaal “mooi” te laat klink nie, maar ek probeer my bes om dit so “sag” as moontlik te maak. Jou realiteit is my realiteit. Ek weet miskien nie hoe dit voel om sulke nuus te kry nie, maar ek weet wat dit doen aan mense, soos jy, wat aan die ontvang kant van my woorde is.

Miskien is ek die gesig of stem wat jy vir altyd wil vergeet. Ek moedig jou aan om dit ook te probeer doen! Jy gaan elke deeltjie van jou gedagtes nodig he om dit met mooi herinneringe te vervang wat jou deur jou donkerste dae gaan dra. Leef jou lewe voluit. D**k aan alles wat mooi is, aan hulle wat vir jou spesiaal is, en dit wat jou lewe sin gee. Want, op die einde van die dag, is die nuus wat ek moes oordra nie die definisie van jou lewe nie. Dit is net nog ‘n hoofstuk van jou menswees. Jy het ‘n storie om te vertel. En weet, daar is iemand wat wel aan jou d**k al kan ek na ‘n rukkie nie meer jou gesig onthou nie.

Laat dit met jou goedgaan.
Jou Dokter.

Foto: Pexels (Stock Photography)

05/10/2017

Alle kliente. Dit spyt my om te laat weet dat ons Hopefield spreekkamer binnekort gaan sluit. Ons laaste werksdag sal die 27ste Oktober wees. Daarna sal ek en my vennote beskikbaar wees by ons Saldanha en StHelenabaai takke. Ons is jammer vir enige ongerief en is regtig hartseer om toe te maak. Ons hoop om in die toekoms weer in Hopefield n diens te kan lewer.
Besoek ons gerus in Saldanha, VDM gebou (langs Cartol) 0220010053, of StHelenabaai, 12 Sandypoint singel, 0227361448.
Voel vry om ook te bel of the whatsapp op 0781298706.
Groete Dr Veronique Arthur.

19/09/2017

Once hailed as lifesaving wonders of modern technology, vaccines are now more likely to be a source of suspicion and angry playground debate.

21/07/2017

Address

Weskus FamMed, VDM Building, #28 Saldanha Road
Saldanha
7395

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dr Veronique Arthur - Algemene Praktisyn posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Dr Veronique Arthur - Algemene Praktisyn:

Shortcuts

Share

Category