Edu Prosperi

Call Directions Contact the practice

Edu Prosperi Waar elke kind se onderrig eerste kom.

Happy Boss’s Day to our amazing boss, Mam Kayleigh! Your leadership, kindness, and dedication make such a difference eve...
16/10/2026

Happy Boss’s Day to our amazing boss, Mam Kayleigh!

Your leadership, kindness, and dedication make such a difference every day. Thank you for always guiding and supporting us, and for bringing so much care and positivity to our team.

We’re truly grateful to have you as our boss. We hope your day is filled with the same joy and appreciation you bring to those around you. Enjoy your special day, Mam Kayleigh—you deserve it!

Vandag vier ons Mevrou Marie op Baasdag 2026!Dankie vir die besonderse leier wat jy is en vir die visie, wysheid en toew...
16/10/2026

Vandag vier ons Mevrou Marie op Baasdag 2026!

Dankie vir die besonderse leier wat jy is en vir die visie, wysheid en toewyding waarmee jy ons skool lei. Al is jy ver, sien ons jou omgee en harde werk raak. Jou ondersteuning en betrokkenheid maak ’n verskil en inspireer ons om saam ons doelwitte te bereik.

Ons waardeer jou opreg en is dankbaar vir jou leiding. Mag jy vandag weet hoe spesiaal en gewaardeerd jy is!

EDU PROSPERI MATRIEKAFSKEID 2026Op 8 Oktober het ons die voorreg gehad om ons wonderlike matrieks se matriekafskeid te v...
14/10/2026

EDU PROSPERI MATRIEKAFSKEID 2026

Op 8 Oktober het ons die voorreg gehad om ons wonderlike matrieks se matriekafskeid te vier! Dit was ’n aand vol g***s, mooi herinneringe, lag en spesiale oomblikke wat ons nog lank sal koester.

Aan ons matrieks: Julle het die aand werklik besonders gemaak! Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle en die jong volwassenes wat julle geword het. Mag hierdie nuwe hoofstuk van julle lewens gevul wees met groot drome, mooi geleenthede en sukses. Onthou altyd dat die einde van julle skoolloopbaan die begin van ’n splinternuwe avontuur is!

’n Spesiale *BAIE DANKIE* aan elkeen wat gehelp het om hierdie aand so onvergeetlik te maak:

*Ukhozi Lodge* – Dankie dat julle ons met so ’n pragtige venue verwelkom het en die perfekte agtergrond vir ons spesiale aand gebied het.

*Salomé* – Dankie vir die heerlike kos en die moeite wat jy gedoen het om ons matrieks en gaste so lekker te bederf!

*Tannie Lynette & Tannie Kate-Lynn* – Dankie vir al die harde werk, kreatiwiteit, dekor en beplanning wat in hierdie aand ingegaan het. Dankie dat julle gehelp het om ons visie in ’n pragtige werklikheid te omskep!

*Aan al ons matriekouers* – Dankie vir julle liefde, ondersteuning en opoffering deur julle kinders se skoolloopbaan. Julle kan met reg trots wees op die jongmense wat julle help grootmaak het. Dankie dat julle deel was van hierdie besonderse mylpaal!

*Aan ons toegewyde onderwysers* – Dankie vir julle harde werk, geduld, leiding en ondersteuning. Julle speel ’n belangrike rol in elke leerder se reis, en julle bydrae maak ’n verskil wat veel verder as die klaskamer strek.

*En laastens, aan ons matrieks!* – Dankie dat julle die aand met julle persoonlikhede, glimlagte, energie en vreugde so spesiaal gemaak het. Dit was ’n voorreg om hierdie mylpaal saam met julle te vier!

Mag julle altyd terugkyk op julle tyd by Edu Prosperi met dankbaarheid, trots en mooi herinneringe. Julle het ’n spesiale plek in ons harte, en ons kan nie wag om te sien wat die toekoms vir elkeen van julle inhou nie!

Een hoofstuk sluit af, maar ’n splinternuwe avontuur begin!

07/10/2026

’n GROOT DANKIE aan Helpende Hand Secunda!Baie dankie vir die wonderlike Onderwysersdag-bederfie!Ons Edu Prosperi-span w...
06/10/2026

’n GROOT DANKIE aan Helpende Hand Secunda!

Baie dankie vir die wonderlike Onderwysersdag-bederfie!

Ons Edu Prosperi-span waardeer die moeite, liefde en waardering wat julle aan ons onderwysers betoon het. Julle het beslis ons dag ’n bietjie ekstra spesiaal gemaak!

Dankie vir die helpende hand, die omgee en die mooi gebaar.

Edu Prosperi waardeer julle opreg!

KWARTAAL 4 – ONS IS REG VIR JOU! Welkom terug, Edu Prosperi-leerders! ’n Kort maar kragtige Kwartaal 4 lê voor – vol lee...
06/10/2026

KWARTAAL 4 – ONS IS REG VIR JOU!

Welkom terug, Edu Prosperi-leerders!
’n Kort maar kragtige Kwartaal 4 lê voor – vol leer, groei, uitdagings en natuurlik baie mooi oomblikke!

- Gee jou beste!
- Fokus op jou werk
- Moenie opgee wanneer dit moeilik raak nie
- Groei elke dag ’n bietjie
- Glo in jouself en in wat jy kan bereik!

En aan al ons Matrieks wat nou met hul eindeksamen begin:
Baie sterkte! Julle het hard gewerk en nou is dit tyd om alles te gee. Ons glo in julle en wens elkeen van julle sukses toe met elke vraestel!

Kwartaal 4, hier kom ons!

GELUKKIGE ONDERWYSERSDAG!Gister het ons die ongelooflike mense gevier wat elke dag kennis, hoop en inspirasie in ons lee...
06/10/2026

GELUKKIGE ONDERWYSERSDAG!

Gister het ons die ongelooflike mense gevier wat elke dag kennis, hoop en inspirasie in ons leerders se lewens bring.

Aan elke onderwyser: Dankie vir jou geduld, jou omgee, jou harde werk en die verskil wat jy elke dag maak. Julle is ware helde!

Sterkte vir Kwartaal 4!
Mag dit ’n kort, maar kragtige kwartaal wees — vol energie, mooi oomblikke en sukses!✨

Edu Prosperi
Groot drome. Sterk fondamente. Helder toekoms.

Hoërskool Edu Prosperi vier ’n besondere prestasie! 🎓Dit is vir ons ’n groot voorreg om dr. Marié Venter, ons uitvoerend...
18/09/2026

Hoërskool Edu Prosperi vier ’n besondere prestasie! 🎓

Dit is vir ons ’n groot voorreg om dr. Marié Venter, ons uitvoerende hoof, direkteur en Opvoedkundige Sielkundige, geluk te wens met die verwerwing van haar Doktorsgraad in Opvoedkundige Sielkunde.

Haar doktorale studie: The Pathways to Learner Flourishing in Primary Schools Within a Modern Company Town, weerspieël haar besondere toewyding aan die welstand, ontwikkeling en florering van leerders.

Hierdie merkwaardige prestasie getuig van jare se harde werk, deursettingsvermoë en ’n diepgewortelde passie vir onderwys en opvoedkundige sielkunde.

Baie geluk, dr. Marié Venter! Die Hoërskool Edu Prosperi-gemeenskap is besonder trots op jou en dankbaar vir die kundigheid, visie en leiding wat jy aan ons skool bied. Mag jy voortgaan om ’n betekenisvolle verskil in die lewens van leerders te maak en hulle te ondersteun om te groei, te floreer en te gedy.

Address

10 Steelpoort Street
Secunda
2302

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:00
Tuesday 07:00 - 17:00
Wednesday 07:00 - 17:00
Thursday 07:00 - 17:00
Friday 07:00 - 13:00

Telephone

+27673603147

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Edu Prosperi posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Edu Prosperi:

Shortcuts

Share

Category